PODCAST · fiction
Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal
by Maroela Media
In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort. “Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
-
120
[Slot-episode] Strandloper 2 – Episode 120
In die slotepisode van die reeks maak Tannie Ouvrou haar spesiale seewierjellie en Oom Fred koop vonkelwyn, want daar’s ʼn groot viering in die Son en See vanaand. Nicolien is ontsteld oor die jongste onthullings, maar Mauritz sorg dat alles eindig met trane van blydskap.
-
119
Strandloper 2 – Episode 119
Willie besoek Tannie Ouvrou by die losieshuis en sy onskuldige vraag laat haar groot skrik. Hulle deel ʼn paar spesiale oomblikke. Nicolien probeer Mauritz beïndruk met ʼn ongelooflike, ware seestorie … maar dis Mauritz wat ʼn uitklophou aan die einde plant.
-
118
Strandloper 2 – Episode 118
Engela en Dylan skiet bemarkingsmateriaal vir TikTok by die hawe, en hy wys weer hoekom hy ʼn topkunstenaar is. Oom Fred kry ʼn besoek van Engela: Sy soek ʼn antwoord by hom oor ʼn groot vraag wat sy hom gevra het.
-
117
Strandloper 2 – Episode 117
Dis Dylan se groot dag van sy eerste televisie-uitsending – ’n groot gebeurtenis vir die dorp. Engela probeer Dylan oortuig dat hulle meer bemarking vir hom en sy vertonings moet doen, maar hy oortuig haar met ʼn vinnige vertoning daar en dan.
-
116
Strandloper 2 – Episode 116
Willie en Engela woon Visstok se danssessie by, en dis byna asof die goeie ou dae tussen hulle terug is. Visstok steek egter sy kleim met selfvertroue af, maar Engela laat hom vir die eerste keer in jare sprakeloos met haar vraag.
-
115
Strandloper 2 – Episode 115
Bloubaai is in rep en roer, en die skokkende nuus van Jack trek ver en wyd. Tannie Ouvrou is druk besig met die kerkbasaar se reëlings, en sy word tot trane geroer toe Dylan en Oom Fred hulle skenkings bring.
-
114
Strandloper 2 – Episode 114
Engela verstel Visstok se klere, wat sigbaar baie gewig verloor, toe Willie daar aankom met nuus oor Jack, wat haar grootste vrese bewaarheid. Tant Betta snuffel by Willie oor Estelle se planne, en sy gee vir Engela die beste nuus van die dag.
-
113
Strandloper 2 – Episode 113
Oom Fred hou weer een van sy gesellige kabeljou-braaie en die aand lewer meer op as net lekker vis. Dylan vermaak almal met bokkomstories. Mauritz deel die nuus wat in Oom Eric se brief staan met Nicolien … en sy maak ʼn hartseer bekentenis aan hom.
-
112
Strandloper 2 – Episode 112
Nicolien se wekker lui donkernag vir die groot verrassing wat Mauritz haar belowe het. Dit blyk ʼn goeie een te wees wat haar stoutste verwagtings oortref. Daar is egter ʼn ding wat Nicolien pla en waaroor sy en Stefan lank gewonder het.
-
111
Strandloper 2 – Episode 111
Tannie Ouvrou en Oom Fred doen wat die Bloubaaiers graag doen: om laatmiddag langs die strand te gaan stap, waar jy die jongste nuus kry. Dylan se vertonings by die koffiekiosk kry momentum, en die kliënte kry werklik “meer as net koffie” by DYLANS.
-
110
Strandloper 2 – Episode 110
Visstok probeer by Engela uitvind oor die jongste nuus oor Jack se verdwyning. Hy’s net betyds om haar uit ʼn moeilike situasie te red. Dan bring Willie skokkende nuus oor Jack vir Engela.
-
109
Strandloper 2 – Episode 109
Oom Fred kry ʼn les in Afrikaaps by Dylan, en daar’s nog meer wat hom verras by die nuwe DYLANS. Willie bring ʼn geskenk wat Dylan se hart laat bokspring. Die nuus oor Jack se helikopter en die geheime besendings neem nuwe afmetings aan.
-
108
Strandloper 2 – Episode 108
Nicolien en Mauritz se besoek aan die strand herinner hulle aan vorige gelukkige tye saam. Nicolien kry ʼn oproep van Stefan met ʼn ongemaklike vraag. Toe sy Mauritz daaroor konfronteer, skok sy antwoord haar.
-
107
Strandloper 2 – Episode 107
Daar’s ʼn groot viering by Engela se huis en Visstok ontpop in ʼn ster. Tannie Ouvrou en Willie deel in die viering, en net toe dit lyk of dinge nie beter kan gaan nie, lui Engela se selfoon met ontstellende nuus.
-
106
Strandloper 2 – Episode 106
Tannie Ouvrou kry die skok van haar lewe toe ʼn onverwagte besoeker by die Son en See opdaag. So amper bederf Tant Betta ʼn groot verrassing vir Nicolien, wie se lewe dramaties verander toe die losieshuis se spensdeur oopgaan.
-
105
Strandloper 2 – Episode 105
Nicolien draf Stefan by die hawe raak en hy gee haar ʼn meesterklas in die skuiwe wat hy, Willie en kaptein Van Niekerk die afgelope paar dae rondom die wrak en Jack se helikopter gemaak het. Stefan is nie verniet ʼn baie goeie skaakspeler nie.
-
104
Strandloper 2 – Episode 104
Die stootskrapers is aan die werk by die hawe en ʼn deel van die ou Bloubaai verdwyn. Die dorpenaars probeer ʼn plan van aksie bymekaarsit vir ʼn ontstellende voorstel wat op die owerhede se tafel is. Stefan het nuwe planne rondom die wrak wat hy dophou.
-
103
Strandloper 2 – Episode 103
Tant Betta gee vir Dylan bestuurslesse op die verlate vliegveld. Sy gebruik die kans om meer van Estelle se doen en late te probeer uitvind. Gebeur daar meer dinge by die vliegveld as net bestuursklasse? Het dit iets te doen met Jack se helikopter waarvan sy en Dylan in die pad is?
-
102
Strandloper 2 – Episode 102
Tannie Ouvrou is verstom oor die nuus wat Tant Betta oor Willie het. Engela moet vir Tannie Ouvrou ʼn baie ongemaklike opdrag namens Jack gee. Oom Fred verloor sy humeur oor Jack se optrede en hy maak ʼn onrusbarende voorspelling.
-
101
Strandloper 2 – Episode 101
Engela en Visstok se gesellige braaivleis word deur Willie onderbreek … en Visstok moet dringend vertrek. Willie het nuus vir Engela oor sy toekoms wat haar sprakeloos laat.
-
100
Strandloper 2 – Episode 100
Waarheen jaag Nicolien op haar bromponie met Stefan wat agterop sit? Die skooljuffrou dink sy gaan Stefan verras met ʼn vonds op die strand, maar dis hy wat haar verras met sy toekomsplanne.
-
99
Strandloper 2 – Episode 99
Oom Fred en Tannie Ouvrou spekuleer opnuut oor die oorsaak van die dood van Mauritz se pa, asook die jongste nuus van Stefan. Maar daar’s niemand wat soveel nuus het as Tant Betta, die Bostelefoon, nie. Sy verras Tannie Ouvrou met drie onthullings.
-
98
Strandloper 2 – Episode 98
Met Stefan se diep duik na die Santa Maria-wrak wag daar ʼn verrassing op hom wat dinge op land aan die beweeg sit. Met sy besoek aan ʼn sekere Oom Eric hoor hy ontstellende nuus oor Mauritz se pa se laaste duik.
-
97
Strandloper 2 – Episode 97
Stefan kry belangrike inligting by Visstok oor Lewies Deventer wat sy ondersoek na die dood van Mauritz se pa aanhelp. Uit Nicolien se dagboek blyk dit daar’s meer vrae as antwoorde oor haar biologiese pa. Hoekom lieg Oom Jack vir haar?
-
96
Strandloper 2 – Episode 96
Engela se boekbekendstelling verloop nie sonder drama nie: Oom Fred kry ʼn besering, maar Jack de Wet sorg vir die grootste drama en die funksie loop die gevaar om in duie te stort. Dylan kom tot die redding.
-
95
Strandloper 2 – Episode 95
Dis begrafnistyd op Melkhoutfontein, en die inwoners en Bloubaaiers bring hulde aan ʼn geliefde karakter in ʼn roerende seremonie. Buite die kerk gee Willie vir Engela nuus oor sy planne vorentoe wat haar skok en teleurstel.
-
94
Strandloper 2 – Episode 94
Visstok ondergaan ʼn gedaanteverwisseling. Hy wil Engela ʼn groot vraag vra en maak ʼn spesiale afspraak daarvoor, maar daar is ʼn misverstand. Die groot vraag van lank gelede bly steeds tussen hulle hang.
-
93
Strandloper 2 – Episode 93
Dylan gee vir Oom Fred belangrike inligting oor Shorty en Pikkewyn ná sy besoek aan Sun City die vorige aand. Hy is uitstekend ingelig – hy weet selfs wie die nuwe eienaar van DYLANS is. Betta bel met die jongste nuus oor gebeure by die vliegveld.
-
92
Strandloper 2 – Episode 92
Nicolien is nog in skok oor die nuus wat sy gekry het oor haar biologiese pa. Sy het baie vrae, maar met wie kan sy daaroor praat? Stefan verras haar met sy Harley, en dit word ʼn middag wat Nicolien lank sal onthou.
-
91
Strandloper 2 – Episode 91
Die dorp gons oor wie die nuwe eienaar van DYLANS gaan wees. Tannie Ouvrou en Betta is onder groot druk met hulle spysenieringsopdragte: twee groot funksies op een dag! Nicolien kry skokkende nuus van Tannie Ouvrou.
-
90
Strandloper 2 – Episode 90
Tannie Ouvrou en Betta is onder groot druk met die spyseniering van Engela se groot boekbekendstelling. Dylan daag op met skokkende en hartseer nuus wat hul planne heeltemal omvergooi.
-
89
Strandloper 2 – Episode 89
Betta is verstom oor die dinge wat Oom Fred op die strand aan haar uitwys. Op sy beurt is Oom Fred verbaas oor die dinge wat Betta hom vertel oor die dorp se vliegveld.
-
88
Strandloper 2 – Episode 88
Oom Fred hoor ontstellende nuus van Stefan ná sy jongste duik. Die geheime rondom die vonds by die wrak van die Santa Maria begin vir Stefan sin maak. Dylan gee waardevolle inligting aan Oom Fred ná sy besoek aan Sun City.
-
87
Strandloper 2 – Episode 87
Jack rig laataand per telefoon ʼn vreemde en dringende versoek aan Engela. Tannie Ouvrou maak ʼn afspraak met Jack oor ʼn saak wat swaar op haar hart lê, maar dit eindig in ontnugtering en teleurstelling.
-
86
Strandloper 2 – Episode 86
Engela kry ʼn onverwagse besoek van Jack by die hospitaal, en hy verras haar met ʼn spesiale geskenk én reëlings oor haar boekbekendstelling. By Jack se hotel kry Engela ʼn skok wat haar in trane laat.
-
85
Strandloper 2 – Episode 85
Tannie Ouvrou waarsku Estelle oor Jack se manier van sake doen en berei haar voor op die ontmoeting met Dylan … Die onderhoud oortref albei se verwagtinge.
-
84
Strandloper 2 – Episode 84
Stefan se opvolgduik na die wrak van die Santa Maria lewer nuwe inligting op. Willie besoek Engela in die hospitaal ná die ramp. Is daar meer as ʼn saketransaksie aan die gang tussen Willie en Estelle?
-
83
Strandloper 2 – Episode 83
Bloubaai word getref deur een van die grootste rampe nóg met donker rookwolke wat oor die hawe hang. Die nuwe sakevrou, Estelle, skok almal met haar heldedaad.
-
82
Strandloper 2 – Episode 82
Tannie Ouvrou en Betta val weg met voorbereidings vir Engela se groot boekbekendstelling. Oom Fred se ongeduld bring hom in die moeilikheid by die twee formidabele vroue.
-
81
Strandloper 2 – Episode 81
Engela en Stefan troef mekaar se kennis oor jellievisse op die strand. Dylan soek dringend hulp by sy agent, Engela, vir sy onderhoud met Estelle, die nuwe sakevrou op die dorp.
-
80
Strandloper 2 – Episode 80
Die nuwe loseerder, Estelle, kry waardevolle inligting by Oom Fred oor die dorp en sy mense. Estelle word nie geïntimideer deur Jack se boelietaktiek nie.
-
79
Strandloper 2 – Episode 79
Engela is oorstelp van blydskap oor ʼn besonderse pakkie wat aankom … en bieg oor ʼn hartsaak teenoor Tannie Ouvrou. Jack verras Engela met sjampanje en vier ʼn besonderse geleentheid saam met haar.
-
78
Strandloper 2 – Episode 78
Willie en Stefan moet planne beraam ná die skokontdekking by die wrak van die Santa Maria. Dylan is terug in Bloubaai, en die poppe dans toe hy uitvind dat die koffiekiosk, Dylans, in die mark is.
-
77
Strandloper 2 – Episode 77
Stefan se ontmoeting met die nuwe loseerder van die losieshuis oortref sy stoutste verwagtinge. ʼn Diep duik van Stefan lewer ʼn vonds op wat hom en Willie onkant vang.
-
76
Strandloper 2 – Episode 76
Oom Fred word verras deur die nuwe loseerder by die Son en See. Hy en Willie se geskeduleerde vergadering ontaard in verrassing op verrassing.
-
75
Strandloper 2 – Episode 75
Nicolien het ʼn onwelkome, lastige gas in haar buitelugklas by die hawe, maar die leerlinge is mal oor hom. Nicolien en Mauritz se laaste kuierdag saam is soos van ouds. Sy sorg vir ʼn uitklophou met haar laaste vraag aan hom.
-
74
Strandloper 2 – Episode 74
Stefan trek waardevolle inligting uit Oom Fred oor ene Lewies Deventer op wie se spoor hy is. Ook Willie se inligting oor die man interesseer hom. Engela deel iets oor Jack wat sy per toeval gehoor het, wat groot agterdog wek.
-
73
Strandloper 2 – Episode 73
Bobbi se laaste kuierdag word gevier met Viskopsop en vars brood. Die kookles word ʼn groot kuier rondom die potte met Engela, Tannie Ouvrou, die befaamde Julia Child en Betta – wat skielik vertrek toe die deksel gelig word.
-
72
Strandloper 2 – Episode 72
Die boeteblik wat Betta ingestel het by Son en See is ʼn groot besprekingspunt tussen Tannie Ouvrou en Oom Fred. Ná al die jare stoei Tannie Ouvrou met ʼn groot vraag wat sy destyds nooit gevra het nie.
-
71
Strandloper 2 – Episode 71
Engela kom op ʼn praktiese manier agter hoe sleg oliebesoedeling op die strand is. Volgens Bobbi is Dylan ontnugter met die televisielewe. Maar sal hy kan terugkom, met Dylans in die mark en Jack wat sy oog op die plek het?
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort. “Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
HOSTED BY
Maroela Media
Loading similar podcasts...