PODCAST · news
100.5fm Nuus Klankgreep
by 100.5FM Radio Laeveld
Gaan kyk gerus by http://www.radiolaeveld.co.za/nuus-radio-laeveld-100-5fm.html vir meer konteks in verband met die nuusklankgrepe van uit die Laeveld in Mpumalanga.
-
150
Harcourts help jou voorberei om eiendom te koop
Harcourts haal enige kompleksiteit uit die koop van 'n eiendom. Boet Nothnagel bespreek die koop- en registrasieproses met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
149
Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns
Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
148
Aphelele Fassi verwag fisiese kragmeting teen Georgië
Die Springbokke speel Saterdag 'n toets teen Georgië by Mbombela-stadion. Heelagter Aphelele Fassi deel sy verwagtinge. Die afskop by Mbombela-stadion is Saterdag om 17:10 en kaartjies is slegs beskikbaar by Ticketmaster. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
147
Kwagga trots op Marnus vir toetsbuiging
Dit is Bokweek in die Laeveld en onse eie Kwagga Smith het vandag die media te woord gestaan voor hul wedstryd teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag waarin die Nelspruiter Marnus van der Merwe sy toetsbuiging maak. Hy sê die Bomb Squad maak reg wat hulle teen Italië verbrou het en Georgië het sterk spelers so dit is uitstekende voorbereiding vir die Rugby Kampioenskap. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
146
LDV rules
Wees op die uitkyk vir ons nuwe wiele, trots moontlik gemaak deur LDV. Neil Barker, die bemarkingsbestuurder, het kom inloer in die ateljee. Neels het voorheen die geleentheid gehad om met 'n LDV rond te rits vir 'n week. Hy vertel van die ervaring. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
145
Derde massavergiftiging aangemeld in/naby Kruger
Nog 102 aasvoëls is vergiftig ontdek - hierdie keer in Lionspruit. VULPRO se Kerri Wolter sê dit is die derde soortgelyke voorval in die Krugerwildtuin-area en dit lyk nie asof dit vir muthi gedoen word nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
144
Mindwalker spesialiseer in gedrag
Die metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
143
NHS- se landlopers presteer
Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
142
Robs wen eerste Track & Field
Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
141
'Drag races' bekommer inwoners toenemend
Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
140
Dis hoe ons rol in die Laeveld
Cobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
139
AHEI: Wat is dit
Harvard dink nou dat 30 jaar se navorsing aandui dat die Alternative Healthy Eating Index die beste is om te verseker jy word gesond oud. Voedingkundige Anntonette Roux verduidelik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
138
Crux is die Paasfees terug
Die volledige Crux-produksie, uit die pen van Lizaan Barnard, is hierdie Paasfees weer in Mbombela te sien. Sy kuier in die ateljee saam met Klasie Botha en Julia Burger. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
137
Nuwe reëls beplan vir sekuriteit se vuurwapens
Omstrede nuwe konsepregulasies oor die besit en gebruik van vuurwapens deur die sekerheidsbedryf is verlede week gepubliseer. Frank Swanepoel van FPS Sekuriteit verduidelik die impak wat die regulasies op die publiek se veiligheid sal hê. Die publiek het tot 25 April om kommentaar daaroor te lewer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
136
Alba Vorster borrel oor van talent
Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
135
Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm
Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
134
Jimmy lig sluier oor professionele rugby
Die hoofafrigter van die Airlink Pumas, Jimmy Stonehouse, raak filosofies oor dié sport saam met Neels Kemp tydens Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
133
Fedsas: Fokus op digitale brug eerder as skeiding
Riaan van der Bergh, adjunkhoof van Fedsas en bestuurder van sy Sentrum vir Tegnologie, gesels oor die toekoms en moontlikhede wat tegnologie en KI in die onderwys bied. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
132
Cure Day Hospitaal: vinniger, warmer en kindervriendelik
Die Cure Day hospitaalgroep het onlangs na die Laeveld uitgebrei. Bert von Wielligh en Sorita van Tonder gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
131
Friends of Chimp Eden maak korte mette van verval
Die Friends of Chimp Eden is aan die einde van 2024 tot stand gebring om Chimp Eden te help om sy fasiliteite weer tops te kry en dit het soete vrugte afgewerp. Sarah Koster kuier in die ateljee. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
130
Blinde potjiekos is terug
Die Mpumalanga Blind Skills Development Hub groei met rasse skrede. Ter ondersteuning is jy genooi om saam te kom potjiekos maak. Prince Ngema, Zandré Pelser en Fanie Msiza kuier in die ateljee. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
129
Pumas begin SA Beker goed
Die Airlink Pumas is na die eerste ronde van die SA Beker weens hul punteverskil van 68 eerste bo-aan die punteleer. Hulle het Vrydag met 75-7 oor die Phangela SWD Arende geseëvier by Mbombela-stadion. Hulle speel Saterdag weg teen die Oostelike Provinsie in Gqeberha en die naweek daarna weer tuis teen die Toyota Cheetahs. Ruwellyn Isbell, die kondisioneringsafrigter, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
128
Anton Goosen vier 50 jaar in musiek
Anton Goosen vier vanjaar 50 jaar in die musiekbedryf. Hy gesels met Amanda oor sy loopbaan voor musiek (in die onderwys) en sy jongste vrystelling "Tik Tok (die ballade van Klasie Frik van Staden)". 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
127
Mesmaker deel geheime
Sarel Naude maak die mooiste messe. Hy gesels met Charles oor sy stokperdjie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
126
DA: Premier het geen planne, slegs leë beloftes
Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, se provinsiale rede Vrydag was besonder teleurstellend. Bosman Grobler van die DA sê opposisiepartye stem saam dat hulle graag wil sien hy kry dinge gedoen. Hy het eerder ou beloftes herhaal en doelwitte aangekondig sonder 'n plan oor hoe om hulle te bereik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
125
Pastoor in oënskynlike sluipmoord doodgeskiet
'n Prominente pastoor is gisteraand op die R536 in Cork Trust tussen Mkhuhlu en die Krugerwildtuin in ‘n oënskynlike sluipmoord doodgeskiet. Doktor Ezrom Mathumbu is as ‘n bekende radiopersoonlikheid, politikus en sakeman beskryf. Volgens die Mpumalanga polisie is hy verskeie kere geskiet terwyl hy in sy Toyota GD-6 bakkie gery het. Niks is gesteel nie. Patroondoppies van ‘n jaggeweer is op die toneel herwin. Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
124
Sekerheidsbaas vas wat glo vals misdaad aanmeld
‘n 53-jarige eienaar en direkteur van ‘n sekerheidsmaatskappy verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof op aanklagte van meineed en die aanmeld van ‘n vals misdaad. Hy is gister in Mbombela gearresteer weens bewerings dat hy dosyne vuurwapens, insluitende jaggewere en pistole, aan 'n ander sekuriteitsmaatskappy verkoop het en hulle toe as gesteel aangemeld het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê die waarnemende polisiekommissaris, Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die belangrikheid van vuurwapenbeheer beklemtoon in die lig van hul gebruik in geweldsmisdade. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
123
WWIC rus vroue toe
Women Warriors in Christ (WWIC) gaan al 13 jaar van krag tot krag. Die stigter, Chanel Bezuidenhout, vertel wat hulle vir vanjaar beplan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
122
KLCBT hou sake konferensie
Die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme bied in Mei die eerste Laeveld Sake Konferensie aan. Die uitvoerende beampte, Linda Grimbeek, sê mense ontwaak uiteindelik na die Covid-pandemie en in ‘n vinnig veranderende wêreld moet ondernemings in die globale spasie oorleef. Sy sê daar is baie te leer oor hoe om die uniekheid van die Laeveld tot jou voordeel te gebruik, kommunikasie en hoe internasionale politiek en kunsmatige intelligensie plaaslike ondernemings raak. Die Laeveld Sake Konferensie vind op 21 en 22 Mei plaas. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
121
NHS nou in A-bond van Super Interhoër
Hoërskool Nelspruit (NHS) het verlede week die B-bond by die NWU Super Interhoër gewen. Dit beteken in 2026 neem hulle in die A-bond deel. NHS was vanjaar ook die wenner van 100.5FM se Blêrbeker die week van die Laeveld Interhoër. Jana Hattingh en Anika Cilliers gesels met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
120
Malaria hier? Hoekom? Kenner verduidelik
Die voorkoms van malaria is volgens sommige medici besig om 'n terugkeer te maak na Witrivier, waar dit grootliks uitgeroei was. Schalk Schoeman, 'n entomoloog, verduidelik hoe muskiete werk. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
119
Pumas se SA Beker skop 7 Maart af
Die Airlink Pumas se seisoen skop eersdaags af met hul SA Beker deelname wat op 7 Maart tuis teen die SWD Arende begin. Boonop vind die Stonehouse 10's op 22 Maart plaas. Spanbestuurder, Sam Sikiwe, en Chumani Booi, die amateurspanne se bestuurder, gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
118
Google et al gaan moet begin betaal vir SA nuus
Tegnologie reuse sal dalk vir die volgende drie tot vyf jaar SA nuusmedia tussen R300 miljoen en R500 miljoen per jaar moet vergoed. Die Kompetisie Kommissie se senior analis Donnavan Linley verduidelik wat volgende gebeur. Stuur jou insette teen 7 April na [email protected]. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
117
50 jaar rekord staan steeds sterk
Vyftig jaar gelede het Marna Van der Burgh (neé de Villiers) van Hoërskool Barberton by die Interhoër-atletiekbyeenkoms die o/19 200 m in ‘n rekordtyd van 24,80 s gewen. Dit staan na afloop van Saterdag se byeenkoms steeds. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
116
SARZA: Sluit so aan om te help soek en red
Andrew Geldenhuis van SARZA Lowveld het tydens die Saterdag Ontbyt meer oor Search & Rescue se aktiwiteite in die Laeveld vertel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
115
Begin jou eie organiese groentetuin
Elsabe de Bruyn, 'n organiese groentetuin konsultant, het tydens die Saterdag Ontbyt met Charles kom gesels oor hoe om jou eie, organiese groentetuin te begin. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
114
Manlike gesondheid: Doen hierdie twee toetse
Mans los hul gesondheid agterweë. Moenie, sê uroloog dr. Brighton Mashava. Hy raai vroue aan om hul mans se testosteroon te laat toets as hul gedrag verander - en nie op te hou tot bepaal wat die oorsaak is nie. Dit kan op ernstige toestande dui. Hy sê mans moet regtig ook op 40 gereeld hul prostate laat toets. "Dit is vir niemand lekker nie, maar dit neem darem minder as vyf sekondes." 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
113
Laeveld Interhoër môre by Rob Ferreira
Mopani Apteek is trots Laeveld en daarom nou betrokke en groot ondersteuners van die Laeveld Interhoër wat môre plaasvind. Rita Erasmus, bemarkingsbestuurder, gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
112
Metaalmaatskappy gaan groen
MMC het 'n ooreenkoms aangegaan met NOA om voortaan 70% van hul elektrisiteitsverbruik vanaf hernubare bronne te kry. Louis Nel gesels met Kies Koers. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
111
Ride for a Child 2025
Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa is op besoek aan die Laeveld want hy is besig met die jaarlikse Ride for a Child-motorfietsrit om fondse in te samel vir kinders wat mediese sorg benodig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
110
Beplan volgens wat jy weet, sê ekonoom
Die Ekonoom Dawie Roodt was een van die gassrepekers by die AmberMac Ekspo wat verlede week aangebied is. Hy sê 'n sakeonderneming kan nie landsbeleid bepaal nie, maar jy kan daarvolgens beplan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
109
50 jaar rekord in visier met 50 jaar reünie
50 jaar gelede het Marna de Villiers (nou Van der Burgh) by die Interhoër-atletiekbyeenkoms die o/19 200 m in ‘n rekord tyd van 24,80 s gewen. Vanjaar vind die Inter weer by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier plaas en Marna se alma mater, Hoërskool Barberton, hou reünie. Hannes Davel vertel wat hulle alles beplan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
108
Nocore genomineer vir Fiësta
Walter Fourie van die Nocore Ensemble kuier in die ateljee want die groep is genomineer vir 'n Fiesta-toekenning vir hul vertoning by Innibos 2024. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
107
PSA: Vakbond vergader oor uitdagings
Staatsdienswerkers in Mpumalanga ervaar uitermatige uitdagings by hul werksplekke, sê Flip van der Walt van die PSA gesels met Kies Koers. Dit na Mbombela verlede week kragtoevoer na gebou afgesny het weens wanbetaling en voortdurende uitdagings by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
106
'Nuwe' CEO vir KLCBT
Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) is uiteindelik formeel for uitvoerende beampte bevorder. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
105
Karel trap diep spore in Laeveld
Die legendariese Karel de Beer is 'n plant en boomkenner. Hy het tydens Saterdag Ontbyt by Charles kom kuier. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
104
Beleef die LDV T60
Sonop Ontbyt se Neels Kemp bestuur die afgelope twee weke die LDV T60 van SAIC Motors en dit was 'n ongelooflike ervaring. Hy gesels daaroor met Martin Hodgkinson van Nel Auto. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
103
GRIP veg om deure oop te hou met verlies aan Pepfar-fondse
Die Greater Rape Intervention Programme (GRIP) is een van die vele plaaslike organisasies wat baie negatief geraak ord deur die bevriesing van befondsing van die VSA president se noodplan vir Vigs-verligting (PEPFAR) wat geïmplementeer word deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkelingprogram (USAID). Tarryn Lokotsch van GRIP gesels met Kies Koers. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
102
Transnet sekertheidswag gevonnis vir kabeldiefstal
Die Ermelo-streekhof het Goodwill Zwelethini Dlamini (39) tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur wat aan Transnet behoort en vir die diefstal van yster- en nie-ysterhoudende metaal. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, was Dlamini aangestel as veiligheidsbeampte by Isidingo Sekuriteit, wat aan Transnet gekontrakteer is. Sy sê sulke misdade beïnvloed dienslewering en ontneem die gemeenskap van noodsaaklike dienste, daarom sal die NVG 'n gefokusde benadering volg om strenger vonnisse vir sulke skuldigbevindings te verseker 100.5FM Radio Laeveld Nuus
-
101
Voetspore 14 speel af in Suid-Amerika
Die gewilde reisprogram "Voetspore" is volgende maand terug op die kassie met 'n nuwe reeks wat in Suid-Amerika geskiet is. Johan Badenhorst, die vervaardiger, gesels met Kies Koers. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Gaan kyk gerus by http://www.radiolaeveld.co.za/nuus-radio-laeveld-100-5fm.html vir meer konteks in verband met die nuusklankgrepe van uit die Laeveld in Mpumalanga.
HOSTED BY
100.5FM Radio Laeveld
CATEGORIES
Loading similar podcasts...