PODCAST · news
Agriskoops (Afrikaans)
by Newskoop
Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.
-
134
Agriskoops - 13 Mei 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy vertel meer oor Infoled se Solar Bonus produk, wie veral daarby kan baat vind en hoe die maatskappy help met die onderhoud en monitering van die stelsel.
-
133
Agriskoops - 12 Mei 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Junior Nel. Hy is die hoof van ingenieurswese by NuWater Systems. Hy gesels met ons oor die siekte Phytophthora in water. Hy verduidelik ook hoe mens hierdie siekte en ander uit jou water kan hou en wat doen UF en RO in terme van watergehalte.
-
132
Agriskoops - 11 Mei 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Willie Kruger van Herholdt's Group. Hy verduidelik wat ‘n ideale energie-oplossing vir vandag se boerdery behels, hoe Herhold’t boere met gepaste oplossings vir hul plase help en wat dit beteken wanneer ʼn boer met Herhorldt’s Group as langtermyn-vennoot werk.
-
131
Agriskoops - 08 Mei 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels oor padveiligheid en tegnologie wat besighede help om hul voertuie en bestuurders beter te bestuur. Sy verduidelik waarom dit so belangrik, veral in Suid-Afrika, en hoe Baytrac se kamera-oplossings verskil van 'n gewone paneelbord kamera of te wel dashcam.
-
130
Agriskoops - 07 Mei 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lee Bester van die maatskappy DigitFMS. Hy vertel meer oor veiligheid op groot en afgeleë plase of afgeleë areas op jou plaas waar daar nie toegang tot elektrisiteit is nie. Hulle bied unieke oplossings om hiermee te help.
-
129
Agriskoops - 06 Mei 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met ʼn veekundige van Feedtek, Carina le Roux. Carina vertel ons meer oor Feedtek en wat hulle boere bied. Sy gee ook ʼn oorsig wat boere kan verwag by die Feedtek uitstalling by volgende week se Nampo Oesdag.
-
128
Agriskoops - 05 Mei 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Hein van Graan van SABI. Hy verduidelik die belangrikheid van besproeiingskedulering en die rol van ’n goeie besproeiingsisteem met besproeiingskedulering. Hy gee ook ’n oorsig van grondvogmonitering en outomatisering in hierdie proses.
-
127
Agriskoops - 4 Mei 2026
Op vandag se Agriskoops: Ons gesels met Kerry Rowlands van Pannar Seed, 'n veldlandboukundige gebaseer in KwaZulu-Natal. Sy deel insigte oor die belangrikheid van mieliekuilvoer en verduidelik die belangrikste stappe om hoëgehalte-kuilvoer te bereik, van plant en vroeë bestuur tot oes en finale produksie.
-
126
Agriskoops - 30 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Junior Nel. Hy is die hoof van ingenieurswese by NuWater Systems. Hy gesels met ons oor hoekom waterbestuur vandag so krities vir boere is. Hy verduidelik van die risiko’s wanneer ʼn boer swak water gebruik en gee ʼn oorsig van die rol van watergehalte in gewasproduksie.
-
125
Agriskoops - 29 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels oor voertuigsekuriteit en hoe tegnologie help om gesteelde voertuie terug te vind. Sy verduidelik hoe Baytrac se sisteme help om jou voertuig vinnig en doeltreffend terug te vind indien dit gesteel word. Voertuigdiefstal bly ʼn kopseer in Suid-Afrika en daarom is hierdie sisteem van Baytrac ʼn goeie keuse.
-
124
Agriskoops - 28 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die veekundige Kobus du Plessis. Hy is die eienaar van Hisop, ʼn agent van die maatskappy Feedtek in Limpopo asook ʼn direkteur by Feedtek. Kobus vertel meer oor die tuismeng van veevoer. Hoekom dit belangrik is, of dit die moeite werd is en belangrike dinge om te weet wanneer jy tuismeng oorweeg.
-
123
Agriskoops - 24 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel ons meer oor kalsium bemesting vir aartappel verbouing. Sy gee verder ʼn oorsig oor hulle produk Mainstay Calcium.
-
122
Agriskoops - 23 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Caria Grobler. Sy is die bemarkingsbestuurder by Pioneer Seeds in Suid-Afrika en het met ons gesels oor hoe Pioneer veral ook jong boere in die land bystaan. Sy verduidelik dat Pioneer relevant vir ’n nuwe generasie boere bly terwyl hulle hierdie jaar hul 100 jaar van diens aan boere vier.
-
121
Agriskoops - 22 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is ’n verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy vertel meer van Baytrac se draadlose opsporingseenheid. Sy verduidelik wat maak hulle stelsel uniek en watter spesifieke funksies dit bied.
-
120
Agriskoops - 21 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Zietsman. Sy is die algemene bestuurder by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAPPO. Sy vertel meer oor hoekom varkboerdery belangrik is vir die land se ekonomie en voedselsekerheid.
-
119
Agriskoops - 20 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Willie Kruger van die maatskappy Herholdt's Group. Hy gee meer agtergrond oor hulle Sigenergy oplossing, en wat dit vir boere beteken. Hy gee ook agtergrond oor hulle ‘Premium Partner Program” en hoe slim energiebestuur ʼn werklike verskil op jou plaas kan maak.
-
118
Agriskoops - 17 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel ons meer oor aartappelproduksie en die belangrikheid van kalsium in ’n aartappel bemestingsprogram. Sy verduidelik watter tipe kalsiumbemesting vir aartappelverbouing gebruik word en watter produkte Rovensa Next bied.
-
117
Agriskoops - 16 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Caria Grobler. Sy is die bemarkingsbestuurder by Pioneer Seeds in Suid-Afrika en het met ons gesels oor hulle Agronomie dae wat onlangs gehou is. Sy verduidelik ook hoe Pioneer die toekoms sien en benader terwyl hulle hierdie jaar hul 100 jaar van diens aan boere vier.
-
116
Agriskoops - 15 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy vertel meer oor die bekostigbaarheid van sonkrag vir landbou, veral as jou sonkragstelsel reg ontwerp is om spesifiek te werk vir jou plaas se behoeftes.
-
115
Agriskoops - 14 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Ronél Joubert. Sy is ʼn dierevoedingskundige by die veevoermaatskappy Feedtek . Ronel gee meer agtergrond oor Feedtek, wie hulle is en wat hulle doen. Sy verduidelik ook wat Feedtek anders maak as ander in die mark en watse voordele hulle produkte vir boere inhou.
-
114
Agriskoops - 13 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Corne van der Westhuizen van Pannar Seed. Hy vertel ons meer van hulle nuwe produkte, wat hierdie nuwe produkte in praktiese terme vir boere op die land beteken en waarop Pannar fokus wanneer hulle nuwe saadvariëteite ontwikkel.
-
113
Agriskoops - 10 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel ons meer oor die belangrikheid van kalsium in ’n aartappel bemestingsprogram. Sy verduidelik ook wanneer en hoe kalsium toegedien moet word vir aartappel verbouing.
-
112
Agriskoops - 9 April 2026
Op vandag se Agriskoops luister ons na ʼn insetsel deur Bennie van Zyl. Hy is die hoofbestuurder van die landbouorganisasie TLU SA. Hy gesels oor die impak van bek-en-klouseer op die diere wat dit onder lede het, die boere aan wie hierdie diere behoort en dan uiteindelik ook die eindverbruiker. Hy gee die versekering dat produkte wat van hierdie diere afkomstig is, veilig is vir die eindverbruiker.
-
111
Agriskoops - 8 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac en vertel meer oor hul draadlose opsporingseenheid. Sy verduidelik hoe dit verskil van tradisionele GPS-opsporingstelsels en watter gebruikers die meeste daarby sal baat.
-
110
Agriskoops - 7 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Ruben Raath. Hy is die voorsitter van die Mpumalanga-tak by die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI). Hy verduidelik waarom goeie instandhouding van ’n besproeiingstelsel so belangrik is, en watter impak swak instandhouding op produksie kan hê. Ruben lig ook die mees algemene foute uit wat produsente maak, en hoe SABI boere ondersteun deur die instandhoudingsproses.
-
109
Agriskoops - 2 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lee Bester van die maatskappy DigitFMS. Hy vertel meer oor die belangrikheid van grensbeheer op jou plaas om veediefstal te keer. DigitFMS bied ’n spesifieke intelligente CCTV-oplossing wat bedreigings vir jou vee identifiseer sodat jy betyds daarop kan reageer.
-
108
Agriskoops - 1 April 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met At van Schalkwyk. Hy is die bemarkingsdirekteur by die maatskappy World Focus Agri. Hy vertel ons meer oor mikrofyn kalk en gips, die voordele om dit te gebruik en waar dit gebruik word.
-
107
Agriskoops - 31 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die takbestuurder by die George-tak van die maatskappy Herholdt's Group, Willie Kruger. Hy verduidelik hoe ‘n goeie sonkragstelsel jou geld kan spaar op die plaas, veral in terme van pompe en besproeiing; en wat belangrik is wanneer jy jou stelsel ontwerp en kies.
-
106
Agriskoops - 30 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Tharien Hendrikse. Sy is die Bemarking en Kommunikasie spesialis by Pioneer Suid-Afrika. Sy gesels oor die Verhouding tussen boere en Pioneer Suid-Afrika se verkoopspan en die maatskappy se besondere "Long Look Business Philosophy".
-
105
Agriskoops - 27 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy vertel meer oor Baytrack se persoonlike opsporingstelsels. Die stelsels help boerderye en ander besighede om meer doeltreffend te werk en is maklik om te installeer en gebruik.
-
104
Agriskoops - 26 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met , Juandre Erasmus. Hy is die besigheids-ontwikkelingsbestuuder by die maatskappy Candi Solar. Hy gesels met ons hoe buigsame sonkragfinansieringsmodelle druk vir boere kan verminder deurdat dit ontwerp word rondom die realiteite van die landboubedryf.
-
103
Agriskoops - 25 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel ons meer oor die verbrakking van grond. Watter faktore lei tot grondverbrakking en watter produk het Rovensa Next beskikbaar om hiermee te help.
-
102
Agriskoops - 24 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Michael Esmeraldo. Hy is die sekretaris-tesourier by die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI). Hy vertel ons meer van opleiding en die verspreiding van kennis in die besproeiingsbedryf wat ’n kernfokus vir SABI is. Hy verduidelik dat dit vir hulle belangrik is dat opleiding op grondvlak uitkom by die persone wat daagliks met besproeiingstoerusting werk.
-
101
Agriskoops - 23 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Zietsman. Sy is die algemene bestuurder by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAPPO. Sy vertel meer oor die veiligheid van varkvleis en hoe gesonde diere gelykstaande is aan verantwoordelike produksie. Wat doen Suid-Afrikaanse varkboere om hulle diere gesond te hou.
-
100
Agriskoops - 20 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy vertel meer oor Baytrack se persoonlike opsporingstelsels. Sy deel ook wat Baytrac van ander opsporingsmaatskappye onderskei.
-
99
Agriskoops - 19 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Tharien Hendrikse. Sy is die Bemarking en Kommunikasie spesialis by Pioneer Suid-Afrika. Sy gesels oor die Verhouding tussen boere en Pioneer Suid-Afrika se verkoopspan en die maatskappy se besondere "Long Look Business Philosophy".
-
98
Agriskoops - 18 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel ons meer oor die verbrakking van grond. Watter faktore lei tot grondverbrakking en watter produk het Rovensa Next beskikbaar om hiermee te help.
-
97
Agriskoops - 17 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Tiaan Barkhuizen. Hy is die 2025 TLU Jongboer van die Jaar. Hy het by die onlangse TLU SA Jongboerkonferensie ʼn boodskap vir alle jong boere in die land gedeel. Hy deel hoekom ʼn kompetisie soos hierdie van groot waarde vir jong boere is en wat hulle in die proses alles kan leer. Inskrywings is oop vir TLU SA se 2026 Jongboer van die Jaar-kompetisie en sluit op 19 Junie.
-
96
Agriskoops - 16 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lee Bester van die maatskappy DigitFMS. Hy vertel meer oor die belangrikheid van grensbeheer op jou plaas om aanvalle te keer. DigitFMS bied ’n spesifieke intelligente CCTV-oplossing om ongenooide gaste op jou plaas te keer nog voor hulle die grens oorsteek na jou eiendom toe.
-
95
Agriskoops - 13 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy vertel meer oor die maatskappy, hoe hulle opsporingstelsels werk en wie almal daarby kan baat.
-
94
Agriskoops - 12 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Tharien Hendrikse. Sy is die Bemarking en Kommunikasie spesialis by Pioneer Suid-Afrika. Sy gesels oor Pioneer se nalatenskap en visie vir die toekoms en wat dit vir landbou beteken. Sy vertel hoe hulle as maatskappy ʼn ryke tradisie van 100-jarige waardes relevant vir moderne boere hou.
-
93
Agriskoops - 11 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel ons meer oor die verbrakking van grond.
-
92
Agriskoops - 10 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die takbestuurder by die George-tak van die maatskappy Herholdt's, Willie Kruger. Hy verduidelik hoe ʼn behoorlike sonkragstelsel nie net help met ʼn volhoubare boerdery nie, maar ook ʼn plaas se waarde kan verhoog.
-
91
Agriskoops - 9 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Charl van der Merwe. Hy is ʼn ʼn landboukundige van die Vrystaatstreek by Pannar Seed. Hy vertel ons meer van hulle produkte en geleenthede waar boere eerstehands kan beleef hoe hierdie produkte werk.
-
90
Agriskoops - 6 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy vertel meer oor die proses om ʼn sonkragstelsels op jou plaas te installeer, waarvoor jy alles moet oplet en hoe Infoled jou deur die proses kan help.
-
89
Agriskoops - 5 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Juandre Erasmus. Hy is die besigheids-ontwikkelingsbestuuder by die maatskappy Candi Solar. He gesels met ons oor verskillende sonkrag finansierings opsies vir boere. Hoe hulle boere help in terme van seisoenale kontant vloei en hul bestaande stelsels.
-
88
Ecoskoops - 5 Maart 2026
In hierdie episode van Ecoskoops gesels ons verder oor water. Ons gaan voort met ons gesprek met Gerhard Cronje, uitvoerende hoof van Maskam Water, oor hoe hul baanbrekende afvalwaterbehandelingstelsels besoedeling skerp kan verminder en volhoubare alternatiewe wateropsies vir huishoudings, plase en hele gemeenskappe kan bied. Van gedesentraliseerde behandeling tot die weer gebruik van water op die perseel, ons kyk na hoe slim ingenieurswese afvalwater van 'n las in 'n waardevolle hulpbron kan omskep.
-
87
Agriskoops - 4 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met At van Schalkwyk. Hy is die bemarkingsdirekteur by die maatskappy World Focus Agri. Hy vertel ons meer oor die maatskappy en waarop hulle fokus. Ons vind ook meer uit oor plant energie bestuur.
-
86
Agriskoops - 3 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Albertus Burger. Hy is betrokke die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI). Hy deel met ons belangrike statistieke en feite oor water en hoekom dit belangrik is dat ons dit bewaar.
-
85
Agriskoops - 2 Maart 2026
Op vandag se Agriskoops hoor ons van Nantes Kelder. Hy is die projek-koördineerder interkulturele samewerking en verhoudings by AfriForum. Die opkomende boerdery van die Bahurutshe Ba Ga Moiloa-stigting in die Mafikeng-distrik het onlangs hul tweede oes van verskeie soorte groente gehad. AfriForum het verlede jaar die stigting bygestaan met belangrike toerusting om die boerdery se produktiwiteit, volhoubaarheid en winsgewendheid te verbeter. Nantes vertel hoekom hierdie projek veral suksesvol is.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.
HOSTED BY
Newskoop
Loading similar podcasts...