Die pad na selfbestuur podcast artwork

PODCAST · arts

Die pad na selfbestuur

Hierdie boek deur Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging, ondersoek die krisisse waarin die Afrikanergemeenskap hom bevind en bied voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika te kan bly woon.

  1. 23

    ‘Die pad na selfbestuur’: Daar is altyd ’n toekoms

    Flip Buys kom by die slotsom dat die verlede ons wys daar is altyd ’n toekoms. Dit is dus die grondslag waarop Buys sy hele filosofie bou. Kom luister hier na 'n voorlesing uit sy boek.

  2. 22

    ‘Die pad na selfbestuur’: ‘Hulle, julle en ons’

    Flip Buys omskryf in die slothoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, ’n gesprek wat hy met ’n groep sakemanne gehad het oor die toekoms van die land.

  3. 21

    Die padkaart na kulturele selfbestuur

    In die 34ste hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, sit Flip Buys ʼn raamwerk uiteen wat as ʼn vertrekpunt kan dien vir ʼn moontlike staatkundige plan vir kultuurgemeenskappe soos Afrikaners.

  4. 20

    ‘Die pad na selfbestuur’: Skep omstandighede vir voortbestaan

    Hierdie visie kom in die praktyk daarop neer dat die omstandighede geskep moet word sodat Afrikaners blywend vry, veilig en voorspoedig hier kan bly.

  5. 19

    ‘Die pad na selfbestuur’: Misdaad kan met goue driehoek verslaan word

    Wat is dan die oplossing? Buys reken dat daar ʼn goue driehoek bestaan wat veilige samelewings oor die wêreld verseker.

  6. 18

    ‘Die pad na selfbestuur’: Plan A, B en C – ’n boer maak ’n plan

    Plan B gaan oor selfbesluitneming. Waar plan A oor sukkelende staatsinstellings gaan, gaan plan B oor selfhelp-gemeenskapsorganisasies. Waar plan A oor volledige meerderheidsbestuur gaan, gaan plan B oor groeiende selfbestuur. Met plan B raak ons staatsbestand en selfstandig.

  7. 17

    ‘Die pad na selfbestuur’: Die Solidariteit Beweging se hoofstroomplan

    Die aanname by die Solidariteit Beweging was dat Afrikaners ’n toenemende behoefte aan doeltreffende beskerming sou benodig. Dus is beplan om dit tot ’n hedendaagse Helpmekaarbeweging uit te brei om noodsaaklike dienste aan die Afrikanergemeenskap, asook ander gemeenskappe te lewer.

  8. 16

    Kultuur: ’n Westerse suksesresep

    “Kultuur is nie net braaivleis, rugby en lekker musiek nie.”

  9. 15

    ‘Die pad na selfbestuur’: Bevolkingsriviere

    "Westerlinge sal vroeër of later uit die vloei van demografiese riviere moet kom.”

  10. 14

    ‘Die pad na selfbestuur’: Vrystede as model vir groeiende selfbestuur

    Buys kom uiteindelik tot die gevolgtrekking dat vooruitstrewende kulturele vrystede die alternatiewe oplossing is. “Indien hierdie dorpe genoeg ondersteuning geniet, kan al meer provinsiale en selfs nasionale funksies van die sentralistiese owerheid daarna afgewentel word.”

  11. 13

    ‘Die pad na selfbestuur’: Skotland en ’n Afrikaner-vrystad

    In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek "Die pad na selfbestuur" beskryf hy ʼn komiese fiktiewe toekomsverhaal oor Brittanje. Hierdie denkbeeldige toekoms in Brittanje word as’t ware vervleg met die geskiedenis en beleid wat in Suid-Afrika van toepassing is en beskryf wat die gevolg hiervan in ʼn ander konteks sal wees.

  12. 12

    ‘Die pad na selfbestuur’: Groeiende selfbestuur as alternatief

    In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek, "Die pad na selfbestuur", verduidelik hy die konsep van groeiende selfbestuur en hoe dit as ʼn alternatief vir Afrikaners én ander gemeenskappe kan dien.

  13. 11

    ‘Die pad na selfbestuur’: Selfbestuur of ANC-bestuur?

    Elkeen van ons se lewe is te belangrik om dit net aan die ANC se beskikking oor te laat.

  14. 10

    ‘Die pad na selfbestuur’: Konsentrasie in ankerdorpe en kulturele kantons

    Buys bespreek egter nie net die uitdagings in dié hoofstuk nie, maar begin ook die praktiese oplossings ontrafel om dié bestaansvraagstuk die hoof te bied.

  15. 9

    ‘Die pad na selfbestuur’: Ons geslag se taak

    In dié hoofstuk, ondersoek Flip Buys van die Solidariteit Beweging die taak wat vandag aan Afrikaners opgelê is en bied praktiese insigte oor hoe dit vermag kan word. Luister saam na dié hoofstuk om Buys se uiteensetting te hoor van dit wat gedoen moet word, soos voorgelees deur Martin Jansen.

  16. 8

    ‘Die pad na selfbestuur’: Jode se vierpuntplan vir voortbestaan

    Hierdie hoofstuk is ʼn moet-luister vir enige een wat meer van die Solidariteit Beweging se boumentaliteit wil hoor.

  17. 7

    ‘Die pad na selfbestuur’: Switserland en die idee van federalisme

    In die twaalfde hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, bekyk Flip Buys die eeueoue vraag: Hoe moet Suid-Afrika se regeringstelsel lyk. Kom luister na hierdie insiggewende hoofstuk uit Buys se pen.

  18. 6

    ‘Die pad na selfbestuur’: ANC-regering al meer soos besettingsmag

    Buys skryf verder dat dit egter mettertyd duidelik geword dat die ANC net die destydse toegewings gemaak het om mag te bekom waarna hulle daardie einste mag begin gebruik het om hul sosialistiese doelstellings te verwesenlik. Kom luister na die voorlesing van dié hoofstuk.

  19. 5

    ‘Die pad na selfbestuur’: 1994 is verby

    In hierdie hoofstuk klim Flip Buys kaalvuis in oor die “aannames” van die 1994-skikking en beoordeel dan hierdie aannames aan die uiteindelike gevolge wat uitgespeel het. Kom luister saam na die voorlesing.

  20. 4

    ‘Die pad na selfbestuur’: Die Grieke, Romeine en Afrikaners

    In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek, Die pad na selfbestuur, kyk Buys na die stappe wat gevolg sal moet word indien die Afrikaner uit sy huidige bestaanskrisis wil kom. Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk.

  21. 3

    'Die pad na selfbestuur': Die rivier waarin die geskiedenis vloei

    Die beginpunt van ’n demografiese uitdaging moet ’n demografiese strategie wees, skryf Flip Buys. Kom luister hier na ‘n voorlesing uit sy boek.

  22. 2

    ‘Die pad na selfbestuur’: Wie is ons?

    In vandeesweek se hoofstuk van Flip Buys se boek, "Die pad na selfbestuur", bekyk hy die ou vraag: “Wie is ons nou werklik?” en “Wat is die Afrikaner?” Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk uit die boek.

  23. 1

    Luister: ‘Die pad na selfbestuur’

    “Die pad na selfbestuur”, geskryf deur Flip Buys, word in ʼn reeks boekvoorlesings eksklusief op Maroela Media bekendgestel. In die inleidende hoofstuk kyk Buys na die Afrikaner en soveel te meer hoe hierdie boek te werk gaan om die bestaanskrisisse wat die Afrikaner onlangs beleef, te takel.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Hierdie boek deur Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging, ondersoek die krisisse waarin die Afrikanergemeenskap hom bevind en bied voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika te kan bly woon.

HOSTED BY

Maroela Media

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Die pad na selfbestuur have?

Die pad na selfbestuur currently has 23 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Die pad na selfbestuur about?

Hierdie boek deur Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging, ondersoek die krisisse waarin die Afrikanergemeenskap hom bevind en bied voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika te kan bly woon.

How often does Die pad na selfbestuur release new episodes?

Die pad na selfbestuur has 23 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Die pad na selfbestuur?

You can listen to Die pad na selfbestuur on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Die pad na selfbestuur?

Die pad na selfbestuur is created and hosted by Maroela Media.
URL copied to clipboard!