Feit of versinsel

PODCAST · news

Feit of versinsel

Die Solidariteit Beweging is gewoond aan kritiek vanuit verskeie oorde. Talle mense het baie vrae oor dié groot instelling, sy idees, sy leiers en sy besluite. In hierdie podsendingreeks “Feit of versinsel” gesels Christel Cornelissen onder andere met die hoof en stigterslid van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, praat oor die grootste vrae, versinsels en feitefoute wat bestaan oor dié groot Afrikaner-beweging.

  1. 9

    Tussen selfdoen en saamdoen | Ep. 10

    Een van die Solidariteit Beweging se mees prominente slagspreuke is “Ons sal self”. Dié beginsel van selfdoen as Afrikaners, vir Afrikaners, is een van die Beweging se hoekstene. Geen mens of gemeenskap is egter ʼn eiland nie en kan nie in isolasie nét self doen of funksioneer nie. In hierdie episode van Feit of versinsel vra ons dus – is daar plek vir “saamdoen” in die Solidariteit Beweging se “selfdoen”, en hoe lyk dit?

  2. 8

    Hekwagters van Afrikanerskap? | Ep. 9

    Afrikaners as groep het vanjaar in die middel van groot plaaslike en internasionale politieke konflik en verandering beland, wat die vraag geopper het – wie presies is Afrikaners? Wie besluit uiteindelik hieroor? In hierdie episode van Feit of versinsel vra ons dus – wie besluit wie Afrikaners is en kan jy steeds ʼn Afrikaner bly, selfs al verskil jy van die meerderheid?

  3. 7

    Viering van ’n ‘rassistiese’ geskiedenis? | Ep. 8

    In hierdie episode van Feit of versinsel vra ons dus: Hoe moet Afrikaners oor hul geskiedenis dink en waar lê die balans tussen die viering van en ’n kritiese nabetragting van die verlede?

  4. 6

    Gesonde kulturele selfvertroue in ’n multikulturele samelewing | Ep. 7

    Sommige kritici meen Afrikaners ly aan ernstige kulturele meerderwaardigheid. Ander sê weer hulle het selftrots lank reeds verloor en sukkel gevolglik met selfhaat. In hierdie episode van Feit of versinsel vra ons: Hoe lyk gesonde kulturele selfvertroue in ’n multikulturele samelewing – en hoe bou die Solidariteit Beweging daaraan?

  5. 5

    Wat sê die Beweging oor nasiebou, versoening en verskoning? | Ep. 6

    In hierdie episode van Feit of versinsel vra ons dus: Glo die Solidariteit Beweging in dié nasiebouprojek – en watter plek het versoening en verskoning, indien enige?

  6. 4

    Waar kom die Beweging se geld vandaan en wie besluit daaroor? | Ep. 5

    Die Solidariteit Beweging is reusagtig groot met bykans 50 instellings, duisende personeellede reg oor die land, honderde duisende betalende lede wat miljoene rande se ledegelde elke maand betaal. Baie Afrikaners vertrou die Beweging met hierdie ondersteuning en geld om die regte besluite oor die regte dinge te neem. In hierdie episode van Feit of versinsel vra ons – wie is die leiers wat besluit hóé geld vir watter dinge in die Solidariteit Beweging spandeer word?

  7. 3

    Moet Suid-Afrika soos ons dit ken opbreek? | Ep. 4

    Die Solidariteit Beweging het al op verskeie geleenthede gesê dat Suid-Afrika nie net ʼn regeringsprobleem het nie, maar ʼn bedelingsprobleem. Dat Suid-Afrika nie ʼn regeerbare eenheid is nie en moet verander. In hierdie episode van Feit of versinsel vra ons – werk die Solidariteit Beweging om Suid-Afrika soos wat ons dit ken op te breek? Wat meen die Beweging moet bestaan in die plek hiervan?

  8. 2

    Is Afrikaners regtig slagoffers? | Ep. 2

    Talle kritici sê dat die Solidariteit Beweging Afrikaners slagoffers maak wat hulle eintlik nie is nie. Hulle vra vir sekere regte en voorregte omdat Afrikaners slagoffers van die ANC-regering is, terwyl Afrikaners een van die suksesvolste en welvarendste groepe in die land is. In hierdie tweede episode van Feit of versinsel probeer ons dus beantwoord – oordryf die Solidariteit Beweging nie eintlik maar oor hoe sleg dit met Afrikaners gaan nie?

  9. 1

    Is Solidariteit onpatrioties teenoor Suid-Afrika? | Ep. 1

    Een van die groot aanklagtes teen die Solidariteit Beweging ná afloop van hulle besoek aan die VSA in Februarie, was dat die besoek én dit wat hulle daar gaan sê het onpatrioties was. Nou is nog ʼn afvaardiging weer op pad na die VSA – wat beteken dié tipe beskuldigings is terug. In die eerste episode van Feit of versinsel vra ons – is die Beweging onpatrioties teenoor Suid-Afrika?

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Die Solidariteit Beweging is gewoond aan kritiek vanuit verskeie oorde. Talle mense het baie vrae oor dié groot instelling, sy idees, sy leiers en sy besluite. In hierdie podsendingreeks “Feit of versinsel” gesels Christel Cornelissen onder andere met die hoof en stigterslid van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, praat oor die grootste vrae, versinsels en feitefoute wat bestaan oor dié groot Afrikaner-beweging.

HOSTED BY

Maroela Media

CATEGORIES

URL copied to clipboard!