PODCAST · education
Jou Memoires
by Memoire Books l Guided Journals
Ek help ouers, kinders en weermag veterane om verlies in konneksie te verander en herinneringe in 'n blywende nalatenskap – met my begeleide joernale.💌 Onthou. Genees. Verbind.✍ Begeleide joernale vir ouers en veterane✨1.2K+ joernale verkoop | Soos gesien op Kyknet en Via TVwww.memoirebooks.co.za
-
9
Memoire Skrywer: Juliana Coetzer
Soms leef ’n mens ’n hele lewe… sonder om dit ooit werklik neer te skryf. Stories bly vasgevang in geheue in stiltesin dit wat ons kies om te onthou en dit wat ons probeer vergeet.Maar wat gebeur wanneer ons begin skryf?Wanneer ons die moed het om woorde te gee aan dit wat ons gevorm het —die mooidie seerdie onverstaanbare?Vandag gesels ons oor memoire-skryf nie net as ’n manier om te onthou nie, maar as ’n manier om te verstaan.Om sin te maak. Om te verwerk. En dalk… om iets van onsself terug te vind.Ek is in gesprek met Juliana Coetzer — psigoterapeut enskrywer — oor die krag, die kompleksiteit en die eerlikheid wat dit vra om jou eie storie neer te pen.Want jou storie… maak saak.Boeke deur Juliana Coetzer: Bloedvreemd - https://kakkerlak.co.za/product/45443/Oorkant jou - https://www.jonathanball.co.za/product/oorkant-jou/Die kind se naam is Anneke - https://www.nb.co.za/en/view-book?id=9780798181884
-
8
My pa se vloot stories
Hierdie is 'n meer persoonlike episode. My pa; Stef van Rooy; hou nie van skryf nie en stuur elke week 'n storie via whatsapp se voicenote. Ek laai hierdie stories dan op 'n USB stokkie en hou dit veilig in my memoire boek se boeksakkie. Mag dit vir jou idees gee van hoe maklik dit regtig kan wees om jou storie te vertel (of skryf, ek verkies steeds skryf).
-
7
Michele van Loggerenberg - Dignity Therapy
Waardigheidsterapie - Dignity TherapyMichele van Loggerenberg, ‘n vryskut teksredigeerder en proefleser, staan persone in palliatiewe sorg by deur waardigheidsterapie (dignity therapy). Dit behels ‘n gesprek van ongeveer twee ure, die transkribering van die opname en na die dood van die persoon, die oorgee van die voltooide memoire in boek-formaat aan die familie.Sy het verskeie kursusse in waardigheidsterapievoltooi, o.a deur Dr Harvey Max Chochinov (‘n Kanadese akademikus en psigiater). BA Spraakterapie en Oudiologie, ‘n Hoër Onderwysdiploma, Frans II en Loopbaanvoorligting staan ook agter haar naam. Michele se kontakbesonderhede:[email protected] 281 9944 DrHarvey Max Chochinov:https://www.youtube.com/watch?embeds_referring_euri=https%3A%2F%2Fwww.bing.com%2F&embeds_referring_origin=https%3A%2F%2Fwww.bing.com&source_ve_path=Mjg2NjQsMTY0NTAz&v=kaaK9RKGwaQ&feature=youtu.be
-
6
Army stories: Dr Roelf Schoeman
Dr Roelf Schoeman, Pastorale- enTraumaberader, Narratiewe terapeut, voormalige lid van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep. PhD, Praktiese Teologie (Universiteit van Pretoria)Bestel sy boek hier: Weermagstories deur Roelf Schoeman
-
5
Dr Nelia Drenth: Routerapie deur jou storie
Nelia Drenth het Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Johannesburg (voorheen bekend as RAU) (BA Maatskaplike Werk), die Universiteit van Pretoria (MA Mediese Maatskaplike Werk) en die Noordwes-Universiteit (PhD) studeer. Die titel van haar PhD-proefskrif is: Gekompliseerde rou in die Suid-Afrikaanse konteks – ’n terapeutiese intervensieprogram.Nelia het ’n besondere belangstelling daarin om met mense te werk wat verlies ervaar het. Haar terapie fokus op die innerlike kragte wat in elkeen van ons lê, ten spyte van die pyn wat verlies en die dood meebring.www.qualilifecare.orgDie boek wat Nelia aanbeveel: Om tot verhaal te komBestel dit hier: https://www.lapa.co.za/om-tot-verhaal-te-kom
-
4
Memoire skrywer: Zarine Roodt
Zarine Roodt het haar meestersgraad in Spelterapie voltooi, en haar verhandeling is getiteld: ‘Writing in Therapy’. https://uir.unisa.ac.za/handle/10500/2445In hierdie studie het sy haar toegespits op die terapeutiese waarde van skryfwerk. Dit is iets wat haar baie na aan die hart lê, en sy pas dit steeds self toe; daarby dra sy dit ook oor tydens haar werksessies en retreats. Zarine het twee memoirs geskryf: enkelreis en ‘n Dagreis ver wat op spesifieke lewensgrepe gebaseer is: die vooraand van 50 en 60 onderskeidelik. .Sy is 'n deurwinterde byhouer van persoonlike geskiedenis: "Wanneer ek die dag my kop neerlê, sal daar min wees wat my seun nie van homself weet en van wat in sy ma se kop aangegaan het nie", is iets wat Zarine graag sê. Zarine het jare lank aan die Vrystaatse Universiteit klas gegee – in Kommunikasiekunde – en is gemaklik om kennis op ‘n praktiese wyse oor te dra. https://www.zarineroodt.com/en/https://www.facebook.com/zarine.roodt/https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/ingrid-jonker-n-biografie/9781415209363www.memoirebooks.co.za
-
3
Army stories: Albertus (Spir) & Elke Venter
In sy boek 'Venter en sy ranglose trawante hou die PF's besig' skryf Albertus die volgende:Soos wat 'n mens ouer word is jou kop somtyds geneig om op ver paaie terug te loop. Hartseer en harde paaie wat vol dorings is maar ook die gappige en goeie paaie wat jy leer stap het met jou Army broers. Broers wat jy nooit sal vergeet nie. Opregte kamerade!Vroeg het ek gevoel om nie te skryf oor gevegte en kontakte nie maar eerder oor die snaakse goedjies wat gebeur het tussen my en maters. Ons was almal innoverende planmakers met die doel om ons Armydae meer interessant en lekker te laat verbygly...Luister gerus na ons gesprek oor die waarde van onthou en skryf. Albertus se boeke kan direk by hom bestel word: Facebook blad: Bungalo Bul-1977Epos: [email protected]
-
2
Army stories: Generaal-Majoor (Afgetree) Roland en Dr Henriëtte de Vries
Ek gesels gereeld met weermag veterane, en wat ek die heel meeste oor hierdie besondere groep mense waardeer, is jul ‘Can Do attitude’. No-can-doEn dan is dit tog vreemd hoe die meeste veterane, wanneer hulle van hierdie projek hoor – met soveel ‘NO CAN DO’ redes vorendag kom. Generaal de VriesIn hierdie heel eerste episode gesels generaal Roland de Vries saam met sy vrou Henriëtte oor die waarde van skryf, soos hulle dit self ervaar. Oer-oue beginselDalk is jy self 'n 'No-Can-Do' voorstaander. En dalk kan hierdie veteraan-span jou vandag oortuig dat daar besondere waarde in hierdie oer-oue beginsel skuil.No Can Do redes:- Maar Anné, ek is nie ‘n skrywer nie.- Maar Anné, ek het nie tyd nie.- Maar Anné, ek mag oor soveel wat gebeur het, nie skryfnie (ooreenkoms van geheimhouding)- Maar Anné, as jy nie daar was nie, sal jy nie verstaannie.- Maar Anné, dis net te veel moeite om alles teverduidellik.- Maar Anné, die oorlog is mos verby, nou moet ons niedaaroor skryf of praat nie.- Maar Anné, ek het te min om oor te skryf, ek het netmy opleiding gedoen.- Maar Anné, ek het te veel om oor te skryf – een boekis te min.Luister saam -> 'like' die reeks -> ja, jy kan!https://www.samvo.international/samvoint-new/veteran-roland-de-vries-sd-sm-mmm
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Ek help ouers, kinders en weermag veterane om verlies in konneksie te verander en herinneringe in 'n blywende nalatenskap – met my begeleide joernale.💌 Onthou. Genees. Verbind.✍ Begeleide joernale vir ouers en veterane✨1.2K+ joernale verkoop | Soos gesien op Kyknet en Via TVwww.memoirebooks.co.za
HOSTED BY
Memoire Books l Guided Journals
Loading similar podcasts...