PODCAST · society
Kom ons kuier
by Quinten Pendle
Musiek; Treine; Donker sjokolade; Krieket; Reis; Kos; Interessante mense en plekke; Memories; Nuus; Ens. ens. ens.
-
24
Wat’s Nuus?
So baie het die afgelope 2 weke gebeur en ek vertel jou alles. Jy kan ook na my nuutste musiek luister deur hier te kliek:https://open.spotify.com/album/4rai7xNQUxNAPOn7cOoHvo?si=I6yrRo9ESRGFEMM66LEUtA#Afrikaans #AfrikaansePodsending #Spotify #KomOnsKuier #Instumental #InstrumentaleMusiek#LastCall
-
23
Sutherland - Geteken
Met musiek teken ek die dorpie soos ek dit ervaar. Die wenners van die afgelope 2 kompetisies word ook aangewys. #Sutherland #Suid-Afrika #Musiek #Afrikaans #Klankskets #Potgooi
-
22
'n Lewe wat borrel
Sanger, liedjieskrywer, prediker, dit alles en veel meer is Henco Kruger (en Nee, hierdie is nie die RSG-Henco nie). Kom luister na musiek en 'n merkwaardige getuienis, en skep moed in 'n stukkende wêreld. Terloops: As jy van Henco se musiek hou, staan jy 'n kans om 'n hele stel van sy albums te wen). #Afrikaans #AfrikaanseMusiek #Gospel #Musiek #Getuienis #AfrikaansePotgooi
-
21
Wen ‘n #Hartskussing
Jy kan jou geliefdes op ‘n tasbare wyse naby jou hou, selfs al is hulle ver, of nie meer hier nie. My Carin is kreatief, en jy kan deur na hierdie episode te luister, jou eie #HartsKussing wen deur ‘n maklike vraag te beantwoord. Vir meer besonderhede kan jy +2783 7463813 WhatsApp, of jy kan Hartskussings op Facebook gaan volg.#Afrikaans #Hartskussings #KomOnsKuier #AfrikaansePodsending #Potgooi
-
20
Train Trip down Memory Lane - (English Podcast)
In 2005, when contract tourist trains were still alive and well in South Africa, I joined Bosveld Trein Safaris for a trip to the anual Cherry Festival at Ficksburg. In this recording I shared some of the highlights of our trip. This episode is rich in sounds from trains and nature. Feel free to interact with us, eithre through the comments sections on the podcast platform, or by sending an email to [email protected]. You may also WhatsApp 078 035 1065. #Trains #Ficksburg #CherryFestival #KomOnsKuier #SandstoneEstates
-
19
Road Trip (Sloertoer)
Kom deel met behulp van klank in ons besoek aan sowel die Tuinroete as Kaapstad. Jy sal onder andere die atmosfeer van ‘n somervakansie beleef, sowel as die afwagting by die Kunste Kaap voor die begin van My Fair Lady. #Afrikaans #Tuinroete #Hartenbos #Potgooi #Potsending #Promenade #PieterToerienProductions #MyFairLady #CapeTown #Kaapstad
-
18
Klankskets - ‘n Skoon Begin Vir 2025
Aan die begin van 2025 bied ek jou sommer net musiek en klank waarin jy jouself kan verkneukel. #Afrikaans #AfrikaansePotgooi #AfrikaanseMusiek #Instrumentaal #2025 #NuweJaar #KomOnsKuier
-
17
Tert se Kersstorie
Kersfees is daardie een tyd van die jaar wanneer die gewone mens op soek is na hoop, en selfs al is dit deur die deel van 'n ervaring, of 'n mooi verhaal, die voorreg om omring met jou geliefdes te wees, is #Kersfees daardie een tyd elke jaar wanneer jy "memories" moet maak. Dit maak my regtig hartseer as ek dink dat daar mense is wat op Kersdag alleen is. Herman du Plessis het met 'n besondere storie vorendag gekom, en hy het ook goedgunstig toegestem dat ek dit vir hierdie episode mag gebruik. Daarmee saam het Jannie du Toit ook ingestem dat ek van sy musiek in hierdie episode mag gebruik. Carin, my vrou, het die storie voorgelees. Ek hoop jy gaan dit ook geniet. Jy kan Herman se webblad besoek by www.celtislandscaping.co.za en Jannie se webadres is www.janniedutoit.com #Afrikaans #Kersfees #Potgooi #Potsending #KomOnsKuier #JannieDuToit #HermanDuPlessis #Musiek #AfrikaanseMusiek
-
16
Oukersdag Bederf
Dis #Oukersdag, en om jou te help om in die luim vir #Kersfees te kom, speel ek vir jou ‘n paar Kersliedere op die orrel. Jy is welkom om by ons WhatsApp groep aan te sluit vir meer inligting oor my musiek deur op die volgende skakel te kliek: https://chat.whatsapp.com/IFSJSUuv5iA7ELIYPapXtA#Afrikaans #KersMusiek #KomOnsKuier #Christmas #ChristmasEve #InstrumentalMusic #Music
-
15
Persoonlike Getuienis - Die Waarheid
Ek gesels openhartig oor 'n baie persoonlike ervaring, iets waaruit ek hopelik kon leer. Ek probeer om objektief te bly, en om binne die konteks van die groter samelewing te onthou dat genade groot is, groter as wat die menslike verstand sal kan begryp. #Afrikaans #Potgooi #Potsending #KomOnsKuier #Getuienis
-
14
Skets met Klank (I)
Van tyd tot tyd probeer ek om met klanke en note te skilder, want ek glo dat 'n mens deur middel van klank, en 'n bietjie verbeelding aan die kant van die luisteraar , die mooiste "prente" kan skilder. Hierdie is die eerste van 'n paar "klanksketse" wat ek gemaak het, en, as jy daarvan hou, sal ek met verloop van tyd meer van hierdie "sketse" deel. Ek plaas gereeld uittreksels uit van my ander musiek op my WhatsApp-groep, jy is welkom om daar aan te sluit deur op die volgende skakel te kliek: https://chat.whatsapp.com/IFSJSUuv5iA7ELIYPapXtA#Afrikaans #Musiek #KomOnsKuier #InstrumentalMusic #PaintingWithNotes #SoundSketch #Music
-
13
Ontmoet Worcester se “slangvanger”
Andre du Preez van Silverfox Snake Rescues kuier saam, en hy vertel meer oor die werk wat hy in die gemeenskap doen. Hy is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n gewone mens wat ‘n reuse verskil maak. Besoek gerus sy blad op Facebook by https://www.facebook.com/share/15fQvpUs3T/?mibextid=wwXIfr of bel 0823059209. #Afrikaans #KomOnsKuier #Snake #Slang #SilverfoxSnakeRescues #Worcester #BreedeVallei #StaySafe
-
12
Ontmoed een van Suid-Afrika se mees talentvolle liedjieskrywers
Met 2 albums en ‘n rits eie komposisies agter sy naam, is dit verbasend dat sangers en musici nog nie by Marius Swart aangeklop het vir hulp met musiek nie. Luister gerus na sy wen-inskrywing vir ons Song Starter Kompetisie 2024. Besoek ook sy YouTube kanaal by https://youtube.com/@mariusswart1909?si=K4TVfwNHnvNDhqwR#Afrikaans #SongStarter #SouthAfricanMusic #Music #CountryMusic #KomOnsKuier
-
11
Video killed the radio star, or did it?
Met die koms van telivisie, en later die Internet, was die algemene opinie dat die dae van radio getel is. Tog, dekades later is radio steeds met ons. Ek gesels kortliks oor hoe relevant dit nog in die 21ste eeu is. #VideoKilledTheRadioStar #Radio #Afrikaans #KomOnsKuier #RelevanceOfRadio
-
10
Vreemde Inspirasie
Iets soos Hooikoors kan so erg wees dat dit ‘n mens se lewenskwaliteit kan beïnvloed. Maar toe, in ‘n oomblik van wanhoop, inspireer die hooikoors my. Geniet gerus die eindresultaat. #Inspiring #Afrikaans #Hooikoors #KomOnsKuier #Inspirasie #Music
-
9
En die Wenner is …
Die wenner van ons#SongStarter kompetisie 2024 word deur Jacques Arendt aangewys. Die persoon ontvang “backtracks/ateljeetyd ter waarde van R3,500. #Afrikaans #AfrikaanseMusiek #LuisterAfrikaans #AfrikaansePotgooi #Kompetisie #BackingTracks #Beats #SongWriting #KomOnsKuier
-
8
Die aap is uit die mou
Met verskeie toekennings vir sy uiteenlopende bydraes tot die musiekbedryf in Suid-Afrika, was hierdie persoon ‘n logiese keuse om as beoordelaar vir ons “Song Starter” kompetisie op te tree. Ontmoet hom gerus deur na die potgooi te luister. Jy is ook welkom om by ons WhatsApp groep aan te sluit deur op die volgende skakel te kliek: https://chat.whatsapp.com/IFSJSUuv5iA7ELIYPapXtA#BackingTracks #SongStarter #KomOnsKuier #Afrikaans #AfrikaanseMusiek #Kompetisie
-
7
Kom ons Braai!
Die afgelope paar weke eis nogal sy tol by ons, en om gemoedere te lig het ons gesin sommer ‘n eenvoudige braai gehou. Hierdie episode is ryk aan klank.#Braai #Afrikaans #AfrikaansePotgooi #KomOnsKuier #Naweek
-
6
Die Nut van ‘n Muskiet
Bedags is dit skuldeisers en oproepsentrums, en snags muskiete. Maar, teister sal jy geteister word. Ongelooflik soos dit mag klink, is hierdie “arme, weerlose, klein” goggatjies blykbaar van waarde …#Afrikaans #AfrikaansePotgooi #Muskiet #Insomnea #KomOnsKuier
-
5
Kerssang Vibes
‘n Paar hoogtepunte uit die Kerssangdiens wat ons Sondag, 17 November op Robertson bygewoon het. Luister gerus met oorfone, of oor ‘n goeie klanksisteem, en geniet dit saam met my. 3 Kore, die Drostdy-koperblaasorkes, ‘n klein ensemble, ‘n kerkorrel, en ‘n stampvol gemeente wat uit volle bors sing, sorg vir ‘n paar knop-in-die-keel oomblikke.#Christmas #ChristmasMusic #Afrikaans #AfrikaansePotgooi #KomOnsKuier #BrassBand
-
4
Kompetisietyd
Skryf met behulp van hierdie spesifieke “song starter” ‘n lied, stuur dit in om beoordeel te word, en wen dalk vir jouself ‘n klompie backtracks. Luister na die potgooi vir al die detail.#Songstarter #BackingTracks #Beats #AfrikaanseMusiek #AfrikaansePotgooi #Afrikaans #Musiek #KomOnsKuier
-
3
Sondag Blues
‘n Paar idees oor hoe om dit te bekamp
-
2
20 Jaar van nou af …
Hoe gaan ons 20 jaar van nou af leef?
-
1
01 - Inleiding
Inleiding, dis al … #Afrikaans #AfrikaansePotgooi #KomOnsKuier
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...