Middagvervolgverhaal podcast artwork

PODCAST · arts

Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

  1. 1000

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 42

    Die dames van die Rooivallei probeer Wolfgang se droom van ‘n groot Wynfees laat voortleef. Cindy sukkel om vir Robert in die hande te kry. Sy begin twyfel in Robert se plan. Delia bieg teenoor Shereen dat dit nie te goed gaan met haar en Lucian nie, dat sy alleen voel en al wou opgee en terugtrek stad toe.

  2. 999

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 41

    Regardt probeer Delia oorreed om te baklei teen die aanklagte wat teen haar ingebring is. Shereen word deur Cindy ingesleep by die onderhandelings met die Bergplaas-mense. Regardt konfronteer vir Cindy, waar hy dit duidelik maak dat hy sy oog op Robert en op haar hou.

  3. 998

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 40

    Bart ondervra Regardt oor sy verhouding met die Bergplaas-mense. Amelia gaan help vir Delia uit by die skool se voedingsprogram, en kom agter dat daar fout is met die aankope. Cindy se plan is om Delia te laat skuldig lyk aan diefstal.

  4. 997

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 39

    Robert en Cindy moet ontslae raak van verdoemende getuienis. David probeer by Anna uitvind hoekom sy ma die plaas verlaat het. Cindy se plan met Delia en die skool is besig om vrugte af te werp. Dit kan baie gevaarlik vir Delia wees.

  5. 996

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 38

    Robert probeer sy idee van grootskaalse ontwikkeling in die vallei aan Regardt verkoop. Bart vind uit daar was ‘n inbraak by die kelder, en by die skool ontmoet hy iemand wat hy dadelik op sy verdagtelys sit.

  6. 995

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 37

    Bart gaan soek by David die video-opname van die pad voor die Kelder. Robert en Cindy besef dat die video-opname hulle in die vallei kan plaas die aand van die moord. Dit word ‘n jaagtog oor wie eerste die video kan kry.

  7. 994

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 36

    Bart begin sy ondersoek na die dood van Wolfgang. Dadelik het hy ‘n paar mense warm onder die kraag oor die vrae wat hy vra. Regardt en Amelia het ‘n groot bakleiery oor wat in die verlede gebeur het. Anna het die eerste groot leidraad in verband met Wolfgang se moord.

  8. 993

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 35

    Anna wil by Amelia weet waaroor sy en David so lekker gepraat het, en dan het hulle nog gedans ook. Lucian moet by die skool gaan seker maak dat daar nie nog slange is nie. David en Amelia gaan soek vir Wolfgang, en kom op iets afgryslik af.

  9. 992

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 34

    Robert en Cindy besluit hulle moet oorgaan tot aksie en hulle planne in werking stel. Dis Anna se groot partytjie. Laataand wanneer almal huis toe gaan, is daar ‘n lokval wat wag op een van die partytjiegangers.

  10. 991

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 33

    Anna nooi vir Regardt en Amelia na ‘n groot partytjie op die perdeplaas. Robert sit druk op Wolfgang om betrokke te raak by sy planne. Cindy begin om haarself in te grawe in die vallei.

  11. 990

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 32

    Robert bring vir Cindy Peterson na die Rooivallei om hom te help om sy planne uit te voer. Sy is ’n harde, doelgerigte vrou wat amper enige iets sal doen om haar doel te bereik. Die Kelder hou ‘n raadsvergadering waar Regardt vir David wil laat afdank. David besluit om dit hand en tand te beveg. Wie sal wen?

  12. 989

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 31

    Amelia kom terug van die Kaap af, en Wolfgang probeer uitvind hoekom sy so vinnig Kaapstad toe moes gaan. Lucian probeer meer uit sy verhouding met Delia kry as net vriendskap, maar sy wil niks weet nie. David besef dat Regardt nou nog harder sal probeer om van hom ontslae te raak. Sal Amelia hiermee help?

  13. 988

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 30

    Shereen en Fred probeer om vir Robert uit te vang waar hy die seisoenswerkers betaal om te staak. David neem besluite oor Rooivallei se wyne. Sal hy die Bonnets kan oortuig van die waarde? Fred neem afskeid van die plaasskool wat hy vir soveel jare gedien het.

  14. 987

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 29

    Shereen is besig om vrae in die gemeenskap te vra, en Robert is glad nie gemaklik daarmee nie. Shereen en Fred moet saamwerk aan ‘n plan teen Robert. Lucian en Delia probeer die voedingsprogram by die skool aan die gang hou. Dit bring hulle nader aanmekaar.

  15. 986

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 28

    Shereen probeer vir Fred oorreed om op te staan teen die beskuldigings. Shereen vind by Lucian uit dat Robert Peck terug is op die dorp, en dit pla haar baie. Amanda kry die perfekte tafels vir die kelder se nuwe proelokaal.

  16. 985

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 27

    Robert Peck het groot planne vir ‘n nuwe ontwikkeling in die vallei. Wolfgang weet dat dit die lewe vir die wynboere moeilik sal maak. Sal Wolfgang saam met Robert werk, of nie. Fred, die skoolhoof, kry baie druk van die Distrikskantoor, en dink daaraan om sy goed te vat en die skool net te los.

  17. 984

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 26

    David oorlaai Amanda met nuwe verantwoordelikhede, en sy begin die druk voel. Robert Peck is een van die groot wynmakelaars in die omgewing, en hy het ‘n nuwe besigheidsvoorstel vir Wolfgang. Dit klink baie aanloklik, maar komende van Robert af is dit dalk net te goed om waar te wees.

  18. 983

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 25

    Amelia gaan praat met David oor ‘n besluit wat sy moet neem - ‘n baie belangrike besluit. Shereen vind uit van die aantygings teen die hoof van die skool, en trek dadelik ‘n verband tussen die aantygings en die werkers wat staak. Daar is iemand agter al hierdie gebeure.

  19. 982

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 24

    Regardt besoek die Bergplaas om oor valleisake te praat, maar ook meer uit te vind oor die jong vrou wat verdwyn het. Bart maak ‘n draai by die skool se kombuis. Daar is iemand wat die skool beskuldig dat hulle van die voedingsprogram se geld steel.

  20. 981

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 23

    Bart en Amanda ontmoet mekaar vir aandete. Sy vind uit dat hy meer as net ‘n speurder is, en hy ontdek haar ware passies. Daar is iets aan die broei tussen die twee. Die seisoenwerkers in die Vallei gaan op ‘n staking, en David moet die situasie ontlont om die oes te red.

  21. 980

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 22

    Amelia wil by Regardt weet waarheen hy vir dae aan een verdwyn. Regardt wil by Amelia weet hoekom sy regtig teruggekom het plaas toe. Bart probeer by Lucian uitvind hoe die vorige aand se ete saam met Delia gegaan het, maar Lucian het onmiddellike sake waaraan hy moet aandag gee.

  22. 979

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 21

    Shereen wil Delia meer betrek by die Bergplaas-kinders. David probeer vir Lucian oorreed om een van die ouer brandweerwaens na die kelder se klassieke motors-dag te bring. Bart, die polisiespeurder, ondervra Lucian oor sy verbinding met die Bergplaas-mense, en wat hy weet van die meisie se verdwyning daar.

  23. 978

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 20

    Dis die dag van die druiwetrapfees. Die meeste mense stop eers by die kelder voor hulle na Die Eerste Wingerd toe gaan. David en Amanda geniet hulleself met die trap van die druiwe in die oop vaatjie. Amelia sien dit, en is nie gelukkig met hoe die dag uitgedraai het nie.

  24. 977

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 19

    Delia is bekommerd oor die kinders se voedingsplan by die skool. Amelia vertel Amanda meer van die geskiedenis van Die Eerste Wingerd. Amelia wil betrokke raak by die byeboerdery, en sy laat Wolfgang presies verstaan hoe sy oor David en die Meyers voel.

  25. 976

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 18

    Bart wil by Fred weet wat hy kan onthou van die drie vroue se verdwyning. Shereen moet Delia moed inpraat ná ‘n moeilike dag by die plaasskool. Wolfgang probeer aan Amanda verduidelik hoekom die Bonnets en die Meyers mekaar nie kan verdra nie.

  26. 975

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 17

    Delia Davids, die nuwe juffrou by die plaasskool, beleef haar eerste dag van klas gee op die platteland. Shereen vertel vir Bart meer oor die gebeure van haar dogter se verdwyning 15 jaar gelede. David besluit dat die Kelder ook ‘n wyntrapfees sal hê, iets waarvan die Bonnets niks hou nie.

  27. 974

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 16

    Fred Smith, die skoolhoof, en Shereen bespreek die nuwe juffrou wat by die plaasskool begin. Bart is besig om met polisielint die droë dam af te skort. Amelia konfronteer hom hieroor. Fred gaan hoor by David of hy die krieketspan sal afrig, en Bart ondervra Shereen oor die verdwyning van haar dogter.

  28. 973

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 15

    Lisa is besig om haar tasse te pak. Sy wil wegkom van die plaas af, en is op pad na hulle vakansiehuis. Amelia konfronteer vir David omdat hy vir amper 12 jaar lank niks van hom laat hoor nie, maar nou skielik weer terug is in die vallei. Hy is hier vir ‘n ander rede as net om wyn te maak, en sy wil weet wat dit is.

  29. 972

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 14

    Regardt en Amelia besef hulle sal moet saamwerk om die plaas te red. Amelia vind uit dat David die nuwe wynmaker is, en sy is glad nie gelukkig hiermee nie. Amanda Roux probeer vir David oortuig dat sy ‘n baie goeie bemarkingsbestuurder vir die kelder sal wees.

  30. 971

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 13

    Groot aankondigings word by Die Eerste Wingerd gemaak. By die hotel word daar ‘n saamsingaand gereël, en die hele kontrei maak ‘n draai. Amelia Bonnet maak in die middel van die nag haar opwagting. Wat doen dié bekende aktrise op die plaas?

  31. 970

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 12

    Amanda Roux daag by die hotel op. Sy is Wolfgang se susterskind, en het ‘n groot guns om te vra. Regardt Bonnet konfronteer vir Bart Voster oor hy lede van die Bonnetfamilie durf ondervra oor die lyk in die dam.

  32. 969

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 11

    Speurder Bart Vorster ondervra vir Lisa Bonnet oor die lyk wat in die dam gevind is. Dis duidelik dat hy dink ’n misdaad is daar gepleeg. Anna McLean van die perdeplaas, Wolfgang en David wag by die hospitaal vir nuus oor Lucian.

  33. 968

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 10

    Regardt het David se hulp nodig om die water van die plaasdam te pomp na die damme by die kelder. Sal David vir Regardt help? Lucian moet by die plaasskool gaan slange vang, en die skoolhoof moet help. Dinge loop skeef, en Lucian word gepik.

  34. 967

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 9

    Wolfgang Roux probeer sy bes om ’n karaoke-aand vir die dorp te reël. Shereen het Lucian en die Brandweer se hulp nodig met haar klub vir ouer persone. David wil Wolfgang oortuig om hom te ondersteun teen Regardt.

  35. 966

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 8

    Shereen en Lisa is bekommerd oor die nuwe onderwyser wat die departement na die plaasskool wil stuur. David Meyer, die nuwe wynmaker, kom dadelik agter dat Regardt Bonnet wynlote agter die koöperasies se rug aanplant en in die buiteland verkoop. Hier kom die eerste van vele groot argumente tussen David en Regardt.

  36. 965

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 7

    Regardt is bekommerd oor die veiligheid in die vallei, en oor die water wat uit sy dam getap moet word. Lisa en Shereen bespreek die aanstelling van ‘n nuwe juffrou met die plaasskool se hoof. Wat sal Regardt doen oor al die water wat hy kan verloor?

  37. 964

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 6

    Lucian en David bedink ‘n slim plan om die diewe by die waterpompstasie te vang. Regardt en sy ma Lisa is bekommerd oor die impak van die lyk in die dam op die plaas en op hulle familie.

  38. 963

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 5

    Die dam op Die eerste wingerd moet leeggetap word om die res van die skelet te vind. Regardt Bonnet is baie ontsteld hieroor. David en Lucian moet saam ‘n buurtwag skof doen, en vind diewe by ‘n waterpomp. Sal hulle die diewe direk aanvat, of die polisie bel?

  39. 962

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 4

    Speurder Bart Voster vind uit dat die vermiste kind weggeloop het na sy ouma toe. Die soektog word afgelas, maar net voor die duikers uit die dam kom, vind hulle ‘n deel van ʼn menslike skelet.

  40. 961

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 3

    Die soektog na die vermiste kind beweeg van die rivier na die dam toe. David het grootgeword op Die eerste wingerd, en daar is nog onopgeloste sake tussen hom en die Bonnet-familie. Bart Voster, die polisiespeurder, neem die soektog oor en dadelik is daar spanning tussen hom en die mense van die Rooivallei.

  41. 960

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 2

    Een van die plaaswerkers se kinders het tydens die storm verdwyn. Almal is bekommerd dat hy in die rivier verdrink het. Shereen Kannemeyer besoek DIE EERSTE WINGERD, waar sy in haar jong dae gewerk het. Regardt Bonnet ontmoet die nuwe wynmaker, David Meyer, by die kelder. Sal hulle die vermiste kind lewend kan vind?

  42. 959

    DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 1

    Ontmoet die mense van Rooivallei: Die Bonnets wat op DIE EERSTE WINGERD bly; Shereen Kannemeyer, sakevrou en gemeenskapsaktivis; Wolgang Roux, die hoteleienaar; en Lucian Bantjies die Brandweerhoof. Dit is ‘n rustige gemeenskap, tot ’n storm losbars en David Meyer opdaag.

  43. 958

    JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 22 (slot)

    Jaffie is geskok deur Oom Vaaltyn se vertelling van wat van die Meester geword het, en wat dit van hom geverg het om sý roeping te vervul. Kort daarna beleef Jaffie waarskynlik die grootse skok van sy lewe, naas die verlies van sy geliefde Mama Mamra. Gelukkig skuil daar ’n helder silwer randjie om elke donker wolk, en kry Jaffie geleentheid om Oom Vaaltyn se dodelike krinkslagbyt meesterlik toe te pas. Op die koop toe kan hy pronk met die heel mooiste eselnooientjie in die kontrei aan sy sy!

  44. 957

    JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 21

    Almal wat die humeurige Jode-dier, Lewinog, ken, is verstom oor sy gedrag toe hy sy jong eselsvul buite ’n winkel in Jerusalem begin losmaak. Vaaltyn maak Jaffie bewus van die kruis wat vaalhaar-esels op hulle rûe het en wat dit beteken. Hoekom is die kruis op swarthaar-esels se rûe ’n fout? Jaffie hoor wie die Meester is. Klein Valta se belewenis laat alle eseldiere verstom staan.

  45. 956

    JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 20

    Oeroom Gerson vertel aan die ou-esels in Nasaret waarom die ou seuntjie van Nasaret na die wêreld gestuur is. Jaffie wonder wat ’n moeder van smarte is. Oorlee Mama Mamra laat Jaffie erg kopkrap oor wat moederskap is.

  46. 955

    JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 19

    Jaffie wonder waarom Oom Vaaltyn die naam, Jerusalem, telkens fluister wanneer hy na dié antieke stad verwys. Oeroom Gerson deel ’n wyse woord met ’n groep van die ou-esels op die oop plein voor die tempel in Jerusalem.

  47. 954

    JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 18

    Oeroom Gerson se wyse beginsel, baie praat, bietjie dink, slaan Jaffie dronk. Oom Vaaltyn probeer Jaffie oortuig dat selfs die regte Ribbok moontlik ’n sagte, liefhebbende eseldier mag wees, en nie ’n afskuwelike eseldierasie nie. Die Rabbi van Nasaret spreek die ou seuntjie van Josef en Maria aan soos geen ander ou seuntjie nog ooit aangespreek was of sal wees nie.

  48. 953

    JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 17

    Jaffie hoor van ’n groot kerk met ’n ronde dak soos ’n tamaai groot bergskilpad se dop. Oom Vaaltyn moet verduidelik hoe Oeroom Vaaltyn kon weet dat Maria ’n kramp in haar hart gekry het. Vaaltyn onthou waarom hy die naam, Nasaret nie moes vergeet nie. Oeroom Gerson gee insae in sy leerskool saam met die ou seuntjie van Josef en Maria.

  49. 952

    JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 16

    Josef, Maria en die ou kindjie pak ’n lewensgevaarlike tog aan. Jaffie se vroeëre begeerte om eendag deur ’n woestyn te loop, word onverwags in die kiem gesmoor. Vaaltyn vertel van die Asem van die Dood.

  50. 951

    JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 15

    Jaffie hoor van Oeroom Vaaltyn se buitengewone geboorte. Twee swarthaar-esels loop hulle rieme liederlik styf teen ’n vaalhaar-eselsvul. Klein Vaaltyntjie word deur ’n onbekende mensdier van sy geliefde Mama Bekka weggeneem.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Middagvervolgverhaal have?

Middagvervolgverhaal currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Middagvervolgverhaal about?

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

How often does Middagvervolgverhaal release new episodes?

Middagvervolgverhaal has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Middagvervolgverhaal?

You can listen to Middagvervolgverhaal on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Middagvervolgverhaal?

Middagvervolgverhaal is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!