PODCAST · news
Nóú pra’ jy
by Maroela Media
Op Maroela Media se debatsplatform, "Nóú pra’ jy", word daar meningstukke, rubrieke en lesersbriewe gepubliseer. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
-
67
Chris Chameleon: Hoekom vroue nie vry mag wees nie
Deur Chris Chameleon Gevolglik, is die vryste, en daarmee ook die gevaarlikste vrou, die vrou wat deur haar man beskerm en onderhou word.
-
66
Chris Chameleon: Die vierde wens
Deur Chris Chameleon Die oggendson breek deur my wimpers en die blonde krulleglans van twee pragtige dogtertjies wat oor die ontwakende lyf van my vrou by ons bed staan en ons wakker roep. Die kamer in goue gloed, my lewe in goue gloed. Ek het klaar my wens gekry.
-
65
Chris Chameleon: Die oorborrelende seepkissie
Deur Chris Chameleon Die seepkissie het wel in sekere opsigte nie die kaf van die koring kon skei nie, in soverre diegene met goeie menings nie gehoor was as hulle nie goeie stemme gehad het nie, en diegene met goeie stemme en goeie idees nie kon opgang maak as hulle sosiaal verleë was nie. Vandag is dit anders.
-
64
Chris Chameleon: Jesus wen alweer
Kersdag is dalk die belangrikste dag in die Christelike geloof. Sommige sal sê dis Paasfees, ander weer Hemelvaart. Dit maak nie so baie saak nie. Wat saak maak is dat almal genooi is.
-
63
Chris Chameleon: Waarom is kunstenaars so ‘woke’?
Deur Chris Chameleon Hierdie toedrag van sake verlei kunstenaars dikwels tot die waan dat die wêreld ʼn meestal vriendelike plek is, waar vreemdelinge jou ken en liefhet, waar jy waardeer word en waarin jy spesiaal en gerekend is. Hoe kan jy dan verkeerd wees?
-
62
Chis Chameleon: Die koning
Deur Chis Chameleon Want waar leiers voor die landbourewolusie deur die gemeenskap gekies is, het leiers sedert die landbourewolusie hulleself verkies.
-
61
Chris Chameleon: Kokaïne in die pap
Deur Chris Chameleon Dis toe dat ek die regte vrae begin vra het, vrae wat die knoop tussen die baksteen en die voet losgemaak het en die waarheid soos ʼn lyk wat nie gevind moes word nie, na bo laat dryf het
-
60
Chis Chameleon: Om jou los te wikkel van ontwikkeling
Deur Chris Chemeleon Uiteindelik stoom die ontwikkeling onverpoosd, onstuitbaar voort, of jy deelneem of nie. Maar jy kan jou vereenselwiging daarmee, dit wat jy daaruit neem en hoe jy dit aanwend beheer.
-
59
Chris Chameleon: Die wêreld brand en ek hoor ʼn gejuig
Deur Chris Chameleon Die werklikheid van geweld lê selde in die oomblik van geweld (uit eie ervaring weet ek dat ʼn mens dan nie veel voel of dink nie). Die werklikheid van geweld lê in die nadraai: verminking, verbrokkelde familie, trauma en die gruwel van die dwangdood.
-
58
Prentjie-mooi Kasjmir deur konflik geteister
Deur Freek Robinson Daar moet ʼn tyd kom wat honderde toeriste, aand na aand, die skemer-taferele van die meer met sy boothotelle kan beleef – en ʼn glasie klink op vrede.
-
57
Chris Chameleon: Die kompliment
Deur Chris Chameleon Die gesprek swaai dan in die rigting van die vreemde draaie wat die lewe loop om ʼn mens op te saal met die lot van jou omstandighede…
-
56
Van Mandela na Trump
Deur Freek Robinson Suid-Afrika was met die oorgang na demokrasie in 1994 ʼn boesemvriend van die VSA. Drie dekades later is die Amerikaanse president, Donald Trump, op slegter voet met Suid-Afrika as ooit vantevore.
-
55
Chris Chameleon: Die toets vir Afrikanerskap
Deur Chris Chameleon In sommige opsigte is Afrikanerskap soos Christenskap – dis iets wat jy bloot bely. As jy sê jy’s een is dit al genoeg om deur die samelewing getel te word as een.
-
54
Mosambiek en die grondverskuiwing in Afrika-politiek
Deur Freek Robinson Met die geweld wat bedaar het, wil gerugte dit hê dat Venancio Mondlane bereid sou wees om saam met Frelimo in ʼn regering van nasionale eenheid te dien. Hopelik sal die geknelde land voortaan ʼn tyd van vrede en ontwikkeling beleef.
-
53
Chris Chameleon: As alles verander, behalwe die nukke
Deur Chris Chameleon Dit het soms dalk kon lyk na ʼn begeerte om bloot anders te wees, maar met die wysheid van terugskouing kan ek sê die andersgeit was reeds dáár, die anders wéés was ʼn aanpassing by die onvermydelikheid van die andersgeit. Dis mos maar menslik om soms die onvermydelike te regverdig, uit hoofde van die onmag om iets daaraan te doen. Dit word ʼn geval van “as ek nie teen die stroom na die bestemming van my wil kan swem nie, sleur die stroom my mee en besing ek die bestemming daarvan asof dit my eie wil is”.
-
52
Chris Chameleon: ʼn Kersfees vir tant Poppie
Deur Chris Chameleon Iemand (nie een van haar kinders nie – beide van hulle sit in Australië) het vir tant Poppie by die ouetehuis afgelaai. Sy was gedaan en vol skete en alhoewel sy eens mooi was, was sy nou verweer en vol plooie.
-
51
Chris Chameleon: Vir ewig joune
Deur Chris Chameleon En dis toe dat ek die oggend vroeg opstaan, my deftige pak klere aantrek en my aanstaande knielend wakker maak en vra om vir ewig myne te wees, sodat ek vir ewig hare kan wees en die beste mens waartoe ek in staat is tot haar beskikking te wees.
-
50
Die absurditeit van oorlog
Deur Freek Robinson ʼn Mens kan jou indink watter geweldige impak dit gehad het op die gemoed van jong seuns. Sulke voorvalle het bygedra tot die ontmensliking van die manne. Van die begin af, met hulle aanmelding vir diensplig by basisse, is troepe verskreeu, gevloek en aan uiterste fisieke take onderwerp.
-
49
Chris Chameleon: Wat maak dat ek 'n boek verder wil lees
Deur Chris Chameleon Daar is egter ook die opwinding van nuwe ontdekkings en insigte in die blaaie van hierdie oeroue, misterieuse geskrif. Een van die mees merkwaardige hoofstukke hierin is die skeppingsverhaal soos in Genesis vertel.
-
48
Kommer oor Trump
Deur Freek Robinson Dit is te verwagte dat konserwatiewe groeperinge vir Trump sal stem, maar die middelklas en beroepslui is bekommerd oor die vervlakking van die politieke diskoers.
-
47
Chris Chameleon: Die vergestalting van my manlikheid
Deur Chris Chameleon Maar indien dit ʼn seuntjie is, moet hy eendag, vroeër of later, sy moeder se rokpante laat gaan en die rubikon oorsteek om die uitdaging van manlikheid aan te durf en dit te vergestalt.
-
46
In 'n staat van trauma
Deur Freek Robinson So veel as wat praktiese stappe nodig is om misdaad te beperk, so nodig is dit dat trauma- en sielkundige berading geredelik beskikbaar moet wees vir die duisende slagoffers van misdaad.
-
45
Chris Chameleon: Kom ons MAGA vir goud!
Deur Chris Chameleon Ek wil my eerder hier bemoei met die meer tradisionele aspekte van die Olimpiese Spele en menslike uitnemendheid, asook die tanende belangstelling in atletiek. Die wêreld het MAGA (make athletics great again) nou nodiger as ooit.
-
44
Vind die Mandela in jou
Deur Freek Robinson Minister McKenzie het met entoesiasme vertel hoe hy as bende-misdadiger tot “bekering” gekom het deur Nelson Mandela se boodskap van ubuntu en vergiffenis. So kan elkeen die Mandela in hulself vind en help bou aan ʼn verenigde nasie.
-
43
Chris Chameleon: ʼn Wonderwerkie
Deur Chris Chameleon En so het dit gekom dat Gijs tydens sy drafsessie presies daar verby gedraf het, die beursie wat uit my sak geval het gesien, dit as myne herken het en... Wel, dankie God, en dankie Gijs.
-
42
Wanneer die inbraak nie ‘erg’ genoeg is nie
Deur Freek Robinson Toe die polisie by ons huis aandoen, het hulle gou belangstelling verloor toe hulle hoor niemand is beseer nie en dat dit nie ʼn ernstige diefstal was nie.
-
41
Chris Chameleon: Die sprokie van die jagter en die waterdraer
Deur Chris Chameleon Lank, lank gelede, was die mens baie eenvoudiger as nou. Hulle het so te sê kaalbas rondgeloop, in die grond gekrap om uintjies te kry en sprinkane gevreet vir kos.
-
40
Die Rooi Gevaar
Deur Freek Robinson Vandag weet ons daar het niks gekom van die rooi gevaar of die totale aanslag nie. Op die ou einde is ons maar almal mense met dieselfde behoeftes en probleme, ongeag ideologie.
-
39
Chris Chameleon: Muilband FM
Deur Chris Chameleon Daar het in die afgelope 30 jaar ʼn kultuur van selfsensuur langsamerhand die strop al nouer om die keel van wit omroepers getrek.
-
38
Oor almal wat uitgesluit word
Deur Freek Robinson Een van die eerste hoë profiel mense wat kritiek teen die inisiatief uitgespreek het, was Christo van der Rheede – ʼn “bruinman” wat al diep spore in “Afrikaner”-instansies getrap het soos AgriSA en die Afrikaanse Handelsinstituut.
-
37
Chris Chameleon: Die misdaad van pornografie
Deur Chris Chameleon As eerste mis-daad (so gespel, want ek onderskei hier tussen die wet en die waarde) noem ek dit wat vir my onlangs van groot belang geword het, met my toetrede tot enorme, dog eksklusiewe kliek van ouerskap.
-
36
Chris Chameleon: Pornografie onder die vergrootglas
Deur Chris Chameleon Hierdie bedryf toon egter struktureel en organisatories meer ooreenkomste met misdaadkartels as met kuns, sport en vermaak.
-
35
Chris Chameleon: Kuns vir wins
Deur Chris Chameleon Daar is nog slegte nuus: Daar is geen resep nie. As daar was, sou die skrywer van daardie resep die resep self kon verkoop vir meer geld as wat daar ooit uit enige toepassing van die resep verdien kan word.
-
34
Dis nie so maklik om te oordeel nie
Deur Freek Robinson Veelvoudige rituele word toegepas internasionaal. Sommige heel onskuldig – soos sê nou maar ʼn universiteit se gradeplegtigheid tot die inisiasie van jong Xhosa-seuns wie se besnydenis dikwels lei tot die dood. Jy kan nie sommer sê wat is reg of verkeerd nie.
-
33
Goeie en slegte verwikkelinge
Deur Freek Robinson In hierdie versoeningsmaand het van die allerverskriklikste voorvalle van rassisme plaasgevind. Tog was daar ook opbeurende nuus.
-
32
Chris Chameleon: Die etiket van gebed
Deur Chris Chameleon Dit sou eers weer in 2017 wees dat my wortels my stam sodanig kon uitstoot dat ek bo die oerwoud van my omstandighede kon uitrys en myself weer gemaklik kon vind in my geloofslewe. Nou vang ek in ʼn sekulêre wêreld “vreemde” dinge aan soos om te bid voor etes in restaurante.
-
31
Uitheemse bome, inheemse studentelewe
Deur Louis Boshoff Anders as die kampusbome en die akademiese drag, het die Afrikaanse studentelewe daarin geslaag om ʼn eie baadjie aan te trek wat goed pas.
-
30
Chris Chameleon: Daar is baie dinge wat ek vir my kinders wil leer
Deur Chris Chameleon Die uitdaging word met hoeveel uitnemendheid jy hierdie mensie van jou kan kweek in die gedaante van ʼn liefdevolle, meelewende, geïnteresseerde, entoesiastiese, billike, beleefde, beskaafde persoon.
-
29
Engele van welwillendheid
Deur Freek Robinson Die inwoners van Worcester maak daarop aanspraak dat hulle dorp die hoofstad van welwillendheid in die land is. En dit kan heel moontlik die geval wees.
-
28
Chris Chameleon: Die skynbare kompleksiteit van menswees
Die sondeval het vir ons sweet in ons aanskyn, moeite met geboorte en allerlei listigheid op ons hakke verseker.
-
27
Beurtkrag is nie ons enigste energieprobleem
Deur Freek Robinson Suid-Afrika is een van die grootste sondaars in die wêreld wat die vrylating van koolsuurgas betref weens sy grootskaalse gebruik van steenkool vir die produksie van elektrisiteit.
-
26
Chris Chameleon: Die onafwendbare verbygang
Deur Chris Chameleon Tyd is, bly, ʼn magtige, voortslepende, meesleurende onafwendbaarheid wat ons nooit kan tem nie. En dan is die beste tydvertraer nie grimering, plastiek-tieties, groen sap of vyftig opstote nie.
-
25
Chris Chameleon: Die onsigbare leed van Klara Majola en Racheltjie de Beer
Deur Chris Chameleon Die gevoel wat ek vir hierdie kinders gehad het, was ʼn dieper leed as wat ek kon begryp, en dit sou dekades duur voor ek dit uiteindelik kon uitpluis.
-
24
Die nuwe era van koalisiepolitiek
Deur Freek Robinson ʼn Nuwe politieke era is egter nou in wording. Dis ʼn era waarin ʼn klimaat van samewerking geskep moet word waarin van die begin af aanvaar moet word dat kompromis noodsaaklik is en dat opofferings gemaak sal moet word.
-
23
Singapoer se lesse en SANEDI se merietevoorbeeld
Deur Freek Robinson By SANEDI blyk dit dat die kennerpersoneel in eie reg by die dinktenk aangestel is. Dis soos dit hoort en hopelik sal dit natuurlikerwys al hoe meer so ontwikkel. Want meriete is fundamenteel noodsaaklik vir ekonomiese sukses.
-
22
Waarheid anderkant die reënboog
Deur Chris Chameleon Dit was weer Junie en vrolike reënboogkleure het gepryk in winkels, aanlyn, op klerasie en elders. Dit was ook weer Junie en die aanlyn oorloë, ʼn deurlopende stryd, het weer verskerp.
-
21
Die uitkontraktering van emosionele skuld
Deur Chris Chameleon ʼn Meer bekende voorbeeld is waar ouers vanweë hul professionele spesialisasie die emosionele skuld, voortspruitend uit ʼn gebrek aan teenwoordigheid in hulle kinders se lewens, uitkontrakteer aan vermaaklikheidsdienste en versorgers.
-
20
Iets skort in die president se kantoor
Deur Freek Robinson Die feit dat ek nie meer die Orde van Ikhamanga gaan ontvang nie, pla my nie. Maar die hele orde-affêre en ander dubbelpratery tas die geloofwaardigheid van die president ernstig aan.
-
19
Die verwesenliking van manlikheid
Deur Chris Chameleon Ek weet dat ek as man die grootste diens aan my kinders kan bewys en die mees volkome uitlewing van my manlike mandaat kan bereik deur die volste krag van toewyding tot my vrou.
-
18
Groentetuine in bande: Plan van hoop
Deur Freek Robinson Daar is hoop en daar is ʼn plan. Steven Barnard lei mense op hoe om met ʼn ou motorbuiteband en ʼn plastiek 2 liter Coke-bottel ʼn eie mini groentetuin te maak.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...