PODCAST · education
Verantwoordelike vuurwapenbesit
by Maroela Media
Die kwessies rondom vuurwapenbesit bly maar ingewikkeld, en mense het gewoonlik sterk opinies daaroor. Met Suid-Afrika se misdaadsyfers kan ʼn mens wel verstaan as iemand ʼn vuurwapen wil aanskaf. In dié reeks wil ons jou toerus om ʼn verantwoordelike vuurwapeneienaar te wees. Ons beantwoord jou vrae oor vuurwapenlisensies en -opleiding en bespreek regsaspekte rondom die gebruik van ʼn vuurwapen. Kom luister gerus en word vuurwapenwys. Die gaste is:- Ian Cameron, is 'n gemeenskapsveiligheidsaktivis en direkteur van Firearms Guardian- Dr. Llewelyn Curlewis, strafregkenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria - Mark Mulder, stigter van Gunlicence.co.za - Adv. Henk Nolte, streekshoflanddros en direkteur van Firearms Guardian - Heinke Hartdegen van die Bravo Tactical Africa-opleidingsentrum - Johannes Stoker van Firearms Guardian - Ruan Vermaak van Crisis on Call"Verantwoordelike vuurwapenbesit" word vervaardig deur Maroela Media.
-
6
Alles wat jy oor vuurwapenlisensies wil weet
Eugene Verwey, ʼn Maroela Media-leser, wou weet hoekom ʼn persoon as vuurwapeneienaar nie eerder gelisensieer word, as elke vuurwapen nie. Ons antwoord hierdie en ander vrae oor vuurwapenlisensies.
-
5
Alles wat jy van geërfde vuurwapens moet weet
Advokaat Henk Nolte verduidelik wat die regte en wettige manier is om jou geërfde vuurwapen te berg.
-
4
Wat maak van jou ʼn onverantwoordelike vuurwapeneienaar?
“ʼn Vuurwapen is nie ʼn speelding nie – dit is ʼn stuk toerusting wat jou ʼn groot hoeveelheid mag gee, en daarom kom die gebruik daarvan saam met ʼn ontsaglike groot verantwoordelikheid.”
-
3
Wanneer mag ek skiet?
Wanneer mag ek met my vuurwapen skiet om myself te beskerm? Mag ek my vuurwapen slegs in ʼn geval van selfverweer gebruik? Curlewis en Cameron gee meer duidelikheid oor die omstandighede waarin jy mag skiet. Is dit net wanneer jou lewe bedreig word?
-
2
Wanneer mag jy onbevoeg verklaar word om 'n vuurwapen te besit?
In die jongste aflewering van Maroela Media se gesprekreeks wat fokus op verantwoordelike vuurwapenbesit, praat ons oor bevoegdheid. Ian Cameron, voorsitter van die portefeuljekomitee vir die polisie en direkteur van Firearms Guardian, en dr. Llewelyn Curlewis, ʼn strafregkenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria, is terug saam met my, Esté Meyer Jansen, in die ateljee, en ons bespreek vuurwapeneienaars se regte in so ʼn geval.
-
1
Wanneer mag die polisie op jou vuurwapen beslag lê?
Dr. Llewelyn Curlewis, ʼn strafregkenner, en Ian Cameron, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir die polisie en direkteur van Firearms Gaurdian,verduidelik wat die wet sê oor die polisie se reg om op jou vuurwapens beslag te lê.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Die kwessies rondom vuurwapenbesit bly maar ingewikkeld, en mense het gewoonlik sterk opinies daaroor. Met Suid-Afrika se misdaadsyfers kan ʼn mens wel verstaan as iemand ʼn vuurwapen wil aanskaf. In dié reeks wil ons jou toerus om ʼn verantwoordelike vuurwapeneienaar te wees. Ons beantwoord jou vrae oor vuurwapenlisensies en -opleiding en bespreek regsaspekte rondom die gebruik van ʼn vuurwapen. Kom luister gerus en word vuurwapenwys. Die gaste is:- Ian Cameron, is 'n gemeenskapsveiligheidsaktivis en direkteur van Firearms Guardian- Dr. Llewelyn Curlewis, strafregkenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria - Mark Mulder, stigter van Gunlicence.co.za - Adv. Henk Nolte, streekshoflanddros en direkteur van Firearms Guardian - Heinke Hartdegen van die Bravo Tactical Africa-opleidingsentrum - Johannes Stoker van Firearms Guardian - Ruan Vermaak van Crisis on Call"Verantwoordelike vuurwapenbesit" word vervaardig deur Maroela Media.
HOSTED BY
Maroela Media
Loading similar podcasts...