PODCAST · science
Hoe verklaar jy dit?
by RSG
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
-
709
Hoe verklaar jy dit? 10 Mei 2026
Sommige diere kan klank “sien” deur vibrasies. Harde, mensgemaakte geraas kan hulle navigasie en oorlewing ernstig ontwrig. En, daar is organismes wat in toestande leef wat vir ons onmoontlik is - van yskoue poolstreke tot byna kookpuntwarm water.
-
708
Hoe verklaar jy dit? 3 Mei 2026
Jou eie immuunstelsel kan soms jou liggaam aanval asof dit die vyand is. En, in die natuur kan plante insekte wegstoot met gifstowwe, maar sonder daardie insekte kan hulle nie voortplant nie. Ons verduidelik hoe hierdie skynbare teenstrydighede werk.
-
707
Hoe verklaar jy dit?
Hoe werk die weerkaatsing van stemklank as jy in die middel van 'n sirkel staan, wat uitgelê is met klip, met net klipbankies en bossies rondom jou? Wat is die wetenskaplike verklaring daavoor? Al gehoor van visvangspinnekoppe, en kan spinnekoppe water drink? Het jy geweet as jy 'n insekdoder koop vir vlooie kan jy dit nie noodwendig op ander kruipende insekte gebruik nie?
-
706
Hoe verklaar jy dit?
Al gewonder hoekom ons griep en verkoue kry? Wat is die verskil tussen die twee? En wat het kamele met dit als uit te waai? Hoekom is honde en katte se kleintjies by geboorte so hulpeloos teenoor die van beeste en skape wat by geboorte alreeds kan loop. Bestaan daar argeologiese bewyse dat Moses wel geleef het?
-
705
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom voel dit dae ná 'n baie lang vlug, of jy nog in die vliegtuig is en so effe van balans af is? Het dit iets te doen met jou ore of jou brein? Stem die biologie saam dat pedofilie nie as 'n seksuele orientasie soos homoseksualiteit beskou kan word nie? Het die kliplewende vorme aanpassings ondergaan wat hulle tot klippe beperk? En is daar ook ander diere wat uitsluitlik tussen klippe lewe?
-
704
Hoe verklaar jy dit?
Weet jy wat 'n analemma is? Hoekom vreet motjies so lekker aan jou sierstene? Wat het die sweet op 'n troepie se arm met 'n nag-vlieënde mot te doen? En, hoe kry 'n kameel dit reg om 'n boom vol dorings te vreet sonder om iets oor te kom?
-
703
Hoe verklaar jy dit?
Wanneer jy van Johannesburg na Sydney vlieg, hoekom voel dit of jy inderwaarheid eers Antartika toe vlieg? En wat het die wind daarmee te doen? Hoekom werk insekdoders nie op jeukmyte nie? Is dit waar dat witdoodhaaie se getalle net plaaslik afneem?
-
702
Hoe verklaar jy dit?
Ons gesels oor lastige haarskeerderspinnekoppe wat gereeld in jou huis kom kuier, en bied raad oor hoe om van hulle ontslae te raak. Dan word die kwessie van die Asiatiese kewertjie en sy uitwerking op bome herbesoek, en ons bespreek die bewerings dat niemand op die maan geland het nie.
-
701
Hoe verklaar jy dit?
Ons gesels oor 'n klipplaat met duisende kleiner klippies daarin vasgevang, vind meer uit van skerpioene en hoe jy hulle uit jou huis kan hou, en leer meer van die spoor onderaan 'n hoenderhaan se been.
-
700
Hoe verklaar jy dit?
'n Krap lyk baie soos 'n kreef sonder 'n stert, maar 'n kreef gebruik sy stert om te swem. Kan 'n krap swem? Ons hoor van 'n haarskeerderspinnekop wat lyk of hy vyf paar pote het, en nie vier soos ander spinnekoppe nie. Hoe giftig is reënspinnekoppe, en sal hulle in jou huis nesmaak en broei as jy nie ontslae raak van hulle nie?
-
699
Hoe verklaar jy dit?
Hoe is dit moontlik dat 'n stukkie los mat wat bo-op 'n vloer of op 'n ander mat lê, die geneigdheid het om mettertyd oor die vloer te kruip? Hoe beweeg die wind 'n deur wat byna toe is, heen en weer? Het dit iets te doen met golflengte? En ons hoor meer oor nuwe mariene spesies op die bodem van die oseaanvloer, wat gelei tot groot entoesiasme oor die diepseelewe.
-
698
Hoe verklaar jy dit?
Watter insek is die kampioen van pynlike byte en steke? Hoe kry diere soos ape en bobbejane wat op hakkies-grensdrade sit, dan nooit seer nie? Ons gesels oor die verouderde term: Idioot-savant. En, hoe kan ons dink sonder woorde?
-
697
Hoe verklaar jy dit?
Is masels deesdae meer gevaarlik as jou kind dit opdoen of nie? Ons vertel jou meer oor slakpeste in jou tuin en oor die kombuismeelkewertjie.En is seeslange nou giftig of nie? Jurie van den Heever, Henk Geertsema en LeFras Mouton gee antwoorde.
-
696
Hoe verklaar jy dit?
Wat veroorsaak die onaangename prikkel-sensasies wat jy ervaar as jy aan byvoorbeeld deurhandvatsels raak? Hoe het evolusie voorsien dat die slang met gif toegerus moes word? Wat word van al die insekste wat nie deur vlermuise, miere of voëls geëet word nie?
-
695
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom staan sekere voëls en slaap op een been? Hoe kry haelkorrels hulle vorm? Hoekom blaf 'n hond wanneer mense kom kuier? Hoekom skuur 'n kat teen jou been of pur en miaauw hy?
-
694
Hoe verklaar jy dit?
Wil jy meer weet oor vliegkolle? Weet jy hoekom honde daar ruik as hulle ander honde ontmoet?
-
693
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom kwaak paddas? Wat veroorsaak dat voetspore op nat seesand aanvanklik droog is, en dan vol water word? En hoe werk Foucalt se pendulum?
-
692
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom is brak grond met 'n hoë soutlading suur, terwyl 'n mens juis die teenoorgestelde sou verwag? Is dit waar dat die westerse wêreld vir al die belangrike uitvindings verantwoordelik was, en dat mense soos die Chinese alles bloot gekopieer het? En hoeveel waarde kan 'n mens heg aan die sogenaamde wetenskaplike bewyse van ene prof. Stephenson van die VSA dat reïnkarnasie wel bestaan?
-
691
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom word vliegtuie se motore meestal onder die vlerke gemonteer en nie by die stert nie? Watter voedsel is daar vir diere, soos flaminke, in sout strandmere? Hoe werk 'n reënmeter? En hoe het die talle klein ysterklip-koppies tussen Britstown en Victoria-Wes ontstaan?
-
690
Hoe verklaar jy dit?
Hoe weet 'n mens wanneer is 'n skilpad 'n mannetjie of 'n wyfie? Wat veroorsaak groot wit vlekke aan die stamme van bome, en is dit skadelik? Kan 'n groot ovaalvormige klip 'n versteende volstruiseier wees?
-
689
Hoe verklaar jy dit?
Wat veroorsaak ligaamsreuke? Kry 'n mens slange met pote? Watter faktore beïnvloed die spoed van golwe? Kan springgety veroorsaak dat 'n boorgat 5 km van die see af dreun en blaas? En hoe vining vind wateropname deur plante plaas?
-
688
Hoe verklaar jy dit?
Wat is die gemiddelde aantal kleintjies wat 'n pofadder op een slag kry? Aan watter vereistes moet boorgatwater voldoen om dit veilig te maak vir menslike en tuingebruik? En hoe veilig is reënwater wat in tenks opgevang word, vir drinkdoeleindes?
-
687
Hoe verklaar jy dit?
Hoe veilig is insekte-middels vir binneshuise peste en plae vir mense en hulle troeteldiere? Wat veroorsaak bol-weerlig? Is erdvlooie verwant aan vlooie? Wat is die verskil tussen termiete en miere? En hoe kan 'n mens van feëtjieringe op grasperke ontslae raak?
-
686
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom is daar 'n verskil tussen die lesing op 'n motor se snelheidsmeter en die lesing op die GPS? Watter bedreiging hou droogtes vir verkleurmannetjies in? Hoe raak 'n mens veilig ontslae van 'n swerm bye in 'n boorgat? En is heuning wat van giftige plante se nektar gemaak is, veilig vir die mens?
-
685
Hoe verklaar jy dit?
Wat kan 'n mens doen om 'n keweragtige insek, in die volksmond bekend as twee-tweetjies, in jou groentetuin te bekamp? Watter soort wurm dra haar eiers op haar rug saam? Hoe word radio-aktiewe datering op fossiele gedoen? En watter soort spinnekop spin 'n pragtige, koepelvormige web? Henk Geertsema en Jurie van den Heever beantwoord die vrae.
-
684
9 Oct 2016
Wat veroorsaak dat 'n bees met vyf pote gebore word? Hoekom sien 'n mens soms akkedisse met gevurkte sterte? En is daar ander diere behalwe akkedisse, wat 'n verlore ledemaat kan regenereer?
-
683
10 Apr 2016
Vrot 'n vis werklik van sy kop af? Hoe oud word kransduiwe in die natuur? Kan voëls proe? Hoekom duik 'n plastiek waterbottel in as 'n mens water daarin vries? Hoe beland die pou-oog mot, wat normaalweg in die denneplantasies in Mpumalanga voorkom, in die Suid- en Wes-Kaap? En hoe is dit moontlik dat daar maaiers uit 'n sterwende brommer kom, wat pas met insekdoder gespuit is?
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...