PODCAST · society
Naweekaktueel
by RSG
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
-
1000
Naweekaktueel 9 Mei 2026
Alle oë is op die parlement om die proses te begin om president Cyril Ramaphosa moontlik in 'n staat van beskuldiging te plaas. Die Nasionale Waterkrisisplan is nog steeds nie bekend nie, en ons bring hulde aan alle ma's.
-
999
Motorrubriek 2 Mei 2026
Wessel Pretorius toetsry 'n nuwe Chinese sportnutsvoertuig.
-
998
Naweekaktueel 2 Mei 2026
Bykans die helfte van Suid-Afrikaanse kiesers bly dalk weg van die stembus - en sommige politieke partye besef dit. Honderde munisipale amptenare in die visier oor finansiële ongerymdhede. Inwoners van die Noord-Kaap sê hulle moes geliefdes aan die dood afstaan weens ambulanse wat nie betyds opdaag nie.
-
997
Motorrubriek 25 April 2026
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
-
996
Naweekaktueel 25 April 2026
Vrae oor die groot aantal verwerpte eise van die Padongelukkefonds. 'n Super El Niño dalk later vanjaar Suid-Afrika se voorland - 'n klimatoloog verduidelik. 'n Lewenstoekenning aan die veteraanakteur Tobie Cronjé.
-
995
Motorrubriek 18 April 2026
Wessel Pretorius toetsry die BYD Shark 6 dubbelkajuitbakkie.
-
994
Naweekaktueel 18 April 2026
Is die Straat van Hormuz oop of nie? Trump sê ja. maar Iran sê nee. Vuurwapenverwante misdaad bly in die kollig te midde van voortslepende bloedvergieting op die Kaape Vlakte. Ons praat met die uittredende Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter.
-
993
Naweekaktueel 11 April 2026
Dis 'n tweemanstryd vir die posisie van federale leier van die DA. Ons praat met DA se uittredende leier, John Steenhuisen, en die uitredende voorsitter van die Federale Raad, Helen Zille. Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, vra die Spesiale Ondersoekeenheid om leefstyloudits op senior amptenare te doen.
-
992
Motorrubriek 4 April 2026
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief oor 'n outomatiese handrem.
-
991
Naweekaktueel 4 April 2026
Ons vind uit wie die man is wat van 1 Mei af die skoene van Edward Kieswetter sal volstaan as die Inkomstediens se nuwe hoof. Meer soldate word in provinsies ontplooi, wat gemengde reaksie onder inwoners uitlok. Kommer oor Suid-Afrika se posisie as die land met tweede hoogste gevalle van velkanker ter wêreld.
-
990
Motorrubriek 28 Maart 2026
Wessel Pretorius toetsbestuur 'n inprop-hibriede Volvo XC60.
-
989
Naweekaktueel 28 Maart 2026
Jemen se Hoethi-beweging raak betrokke by die Iran-oorlog. SANRAL wil self bepaal wáár rusgeriewe langs nasionale paaie geleë mag wees. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vier sy 30ste bestaansjaar. Suid-Afrikaners word aangemoedig om hulle ligte tydens Aarde-uur af te skakel.
-
988
Motorrubriek 21 Maart 2026
Wessel Pretorius praat oor die situasie by Volkswagen Suid-Afrika.
-
987
Naweekaktueel 21 Maart 2026
Menseregtedag word vandag gevier, en ons bespreek die uitdagings en probleme wat die land teister. 'n Vurige debat in die parlement oor die oorlog in die Midde-Ooste. Ons praat met die land se pampoenkoning.
-
986
Motorrubriek 14 Maart 2026
Wessel Pretorius toetsry ‘n Chery Tiggo 7 CSH Plus.
-
985
Naweekaktueel 14 Maart 2026
Die Amerikaanse Minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê die land gaan voort met sy oorlog teen Iran, en dat president Donald Trump sal bepaal hoe lank die oorlog duur. Ons praat met inwoners van Amman in Jordanië en Beiroet in Libanon oor die wyer impak van die oorlog. Suid-Afrika het nie 'n tekort aan water nie. Die land verlóór sowat 47% van alle behandelde water.
-
984
Motorrubriek 7 Maart 2026
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
-
983
Naweekaktueel 6 Maart 2026
Iran vra verskoning aan sy buurlande vir sy teenaanvalle op Amerikaanse en Israelse weermagbasisse. Die JSE bloei te midde die konflik in die Midde-Ooste. Is daar nog 'n mark vir gedrukte media?
-
982
Motorrubriek 28 Februarie 2026
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraar se navraag.
-
981
Naweekaktueel 28 Februarie 2026
Die VSA en Israel val Iran aan. 'n Broodnodige kragtarief-toegewing aan smelterye in die ferrochroombedryf. 'n Fliek wat Bruinkultuur op 'n ander manier uitbeeld, kom na die grootskerm.
-
980
Motorrubriek 21 Februarie 2026
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsvraag oor die aankoop van ’n eerste nuwe motor.
-
979
Naweekaktueel 21 Februarie 2026
Die Suid-Afrikaanse landbousektor verwelkom 'n hofuitspraak in Amerika teen president Donald Trump se handelstariewe. Misdaadstatistiek weerspieel nie suksesvolle vervolgings nie, sê kritici. Staatsdiensvakbonde betoog teen verhoogde mediese premies.
-
978
Motorrubriek 14 Februarie 2026
Wessel Pretorius toetsry 'n Chinese sportnutsvoertuig.
-
977
Naweekaktueel 14 Februarie 2026
Kan die Nasionale Waterkrisiskomitee die land se waterprobleme oplos? Die Noordwes-regering plaas die Matlosana-munisipaliteit in Klerksdorp onder administrasie. 'n Nuwe studie werp lig op hoekom sommige mans gewelddadig raak teenoor hulle lewensmaats.
-
976
Motorrubriek 7 Februarie 2026
Wessel Pretorius vind meer uit oor die gewilde oumotor-skou op George, wat op 14 Februarie plaasvind.
-
975
Naweekaktueel 7 Februarie 2026
'n Kategorie 2 begrafnis vir die bekroonde digter, navorser en kultuur-aktivis, dr. Diana Ferrus. 'n Herrie bars los oor die Withuis se plasing van 'n video wat die voormalige presidentspaar, Barack en Michelle Obama, as ape uitbeeld. 'n Nuwe inisiatief op WhatsApp wat vroue en kinders in nood 24 uur per dag kan gebruik om ondersteuning en hulp te kry.
-
974
Motorrubriek 31 Januarie 2026
Wessel Pretorius kyk na die Motor van die Jaar-finaliste, en 'n moontlike 50%-heffing op ingevoerde Chinese en Indiese voertuie.
-
973
Naweekaktueel 31 Januarie 2026
Betrekkinge tussen Israel en Suid-Afrika vertroebel verder nadat dié lande mekaar se senior diplomate uitskop. Huldeblyke stroom in ná die dood van die bekende Suid-Afrikaanse digter en kulturele aktivis, dr. Diana Ferrus. Altesaam 85 mense sterf in die oorstromings in Mosambiek.
-
972
Motorrubriek 24 Januarie 2026
Wessel Pretorius berig oor oorname van Nissan se aanleg buite Pretoria, en hy bespreek 'n luisteraarsbrief.
-
971
Naweekaktueel 24 Januarie 2026
Families neem afskeid van hulle jong kinders wat vandeesweek in 'n gru-taxiongeluk op pad skool toe gesterf het. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie maak verdoemende bevindinge oor die voertuie waarin skoolleerlinge vervoer word. Wat presies lê opgesluit in president Trump se Vredesraad, en sy jongste kommentaar oor NAVO?
-
970
Motorrubriek 17 Januarie 2026
Wessel Pretorius toetsry Suid-Afrika se goedkoopste hibriede voertuig, die Chery Tiggo Cross 1.5 Hybrid Comfort.
-
969
Naweekaktueel 17 Januarie 2026
Die regering stel nuwe perke in vir bestaande skoolgeld-verligtingsprogramme. Werkgewers word versoek om altyd werksoekers se kwalifikasies te verifieër. 'n Suid-Afrikaanse animasie-fliek laat die rekords spat by die Amerikaanse loket.
-
968
Motorrubriek 10 Januarie 2026
Wessel Pretorius kyk na 2025 se motorverkope.
-
967
Naweekaktueel 10 Januarie 2026
Talle brande woed in die Wes- en Oos-Kaap. Die ANC vier st 144e bestaansjaar te midde van interne faksies en dalende steun. Kan die protesoptrede in Iran lei tot ’n nuwe politieke landskap?
-
966
Naweekaktueel 3 Januarie 2026
Ons kyk terug na insiggewende profielonderhoude wat in die loop van 2025 uitgesaai is. Van onderhoude wat gekenmerk is deur versoening en ‘n pad van aanvaarding en diep vergifnis, tot onderhoude met politici oor wat hulle die naaste aan die hart lê, die onvoorwaardelike liefde van ‘n ma vir haar outistiese kind, hoekom pa’s se rol nog nooit so belangrik was in kinders se lewe soos nou nie, ‘n oud-onderwyser se onbaatsugtige diens op die Kaapse Vlakte, ‘n wêreldbekende pianis se stryd teen ‘n siekte wat haar vreugde steel om die klavier meesterlik te kan bespeel, en ‘n botanis wat Suid-Afrika se naam hoog hou.
-
965
Naweekaktueel 27 Desember 2025
Ons bring vir jou ‘n in-diepte oorsig oor die jaar se grootste nuusgebeure, plaaslike en internasionaal. Op plaaslike vlak gee ons ‘n oorsig oor die verdwyning van Joshlin Smith en die skuldigbevinding van Joshlin se ma, Kelly Smith, haar vriend, Jacquen Appollis, en Steveno van Rhyn; en die bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nahlanhla Mkhwanazi dat die polisiemag en die strafregstelsel deur misdaadsindikate geïnfiltreer is, en dat daar wydverspreide bewerings van korrupsie en politieke inmenging is, en die totstandkoming van die Madlanga Kommissie van Ondersoek en die Parlementêre Ad Hoc-komitee om dié bewerings te ondersoek. Op internasionale vlak gee ons ‘n in-diepte oorsig oor die oorlog in Gasa en die eerste tydelike skietstaking wat bereik is, hoe humanitêre hulp gestaak is en hoe die humanitêre krisis in Gasa vererger; en hoe die politieke landskap in Amerika verander het sedert president Donald Trump vir ‘n tweede termyn ingehuldig is, en hoe die verhouding tussen Amerika en Suid-Afrika oor die afgelope jaar ontvou het.
-
964
Motorrubriek 20 Desember 2025
Wessel Pretorius toetsry 'n Mazda CX5.
-
963
Naweekaktueel 20 Desember 2025
Owerhede is bekommerd oor motoriste se swak padgedrag. Gee Suid-Afrika se 77 lede van die nasionale uitvoerende gesag werklik uitvoering aan die Grondwet se bepalings om die lewensgehalte van alle burgers te verbeter? Ons praat met die FW de Klerk-stigting hieroor. Hoe moontlik is 'n vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne werklik?
-
962
Motorrubriek 13 Desember 2025
Wessel Pretorius toetsry 'n Ford-sportnutsvoertuig.
-
961
Naweekaktueel 13 Desember 2025
Reddingspogings by 'n Hindoe-tempel in Durban wat ineengestort het, gaan voort. Menseregte kan met een woord saamgevat word. Nóg 'n Suid-Afrikaanse rolprent word staande toegejuig in Londen.
-
960
Motorrubriek 6 Desember 2025
Wessel Pretorius toetry 'n Nissan-bakkie.
-
959
Naweekaktueel 6 Desember 2025
Die polisie is op soek na verdagtes in die sluipmoord op Getuie D by die Madlanga-kommissie. Moody's hou sy kredietgradering oor Suid-Afrika se staatskuld onveranderd. Ons profielonderhoud fokus op 'n bekende stem hier by RSG.
-
958
Motorrubriek 29 November 2025
Wessel Pretorius vergelyk twee intreevlak-sedans met mekaar.
-
957
Naweeaktueel 29 November 2025
Moorde en voorvalle van roof neem af, maar beteken dit bestendigheid in alle dele van die land? Oorstromings in die suide van Thailand eis 145 lewens. 'n Ma van die Vrystaat deel haar kommer oor haar seun wat daar vasgekeer is. Die Springbokke wil hulle jaareindtoer op 'n onoorwonne noot teenWallis eindig.
-
956
Naweekaktueel 22 November 2025
President Cyril Ramaphosa open die G20-leierskapsberaad in Johannesburg. Geslagsgebaseerde geweld word deur die regering as 'n nasionale krisis verklaar. Wat beteken dit? Die Springbokke kom later vandag in Ierland te staan teen een van hulle grootste teenstanders.
-
955
Motorrubriek 15 November 2025
Wessel Pretorius gee wenke vóór jy volgende maand die langpad aandurf.
-
954
Naweekaktueel 15 November 2025
Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor hoe die Ekuruleni-metropolisie 'n misdaadverdagte glo gemartel, vermoor en in 'n dam gegooi het. ANC- en EFF-parlementslede het harde woorde vir die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. En in ons profielonderhoud vind ons uit dat ekonome ook 'n sagte kant het.
-
953
Motorrubriek 8 November 2025
Wessel Pretorius ontleed die jongste motorverkope.
-
952
Naweekaktueel 8 November 2025
President Donald Trump gaan niemand na die G20-beraad in Suid-Afrika stuur nie. Die FW de Klerk Stigting vra dat bendegeweld as 'n prioriteitsmisdaad verklaar word. 'n Groot eerbewys van die VN aan Sherwin Bryce-Peace, ons korrespondent in die VSA.
-
951
Motorrubriek 1 November 2025
Wessel Pretorius toetsry 'n hibriede Chinese sportnutsvoertuig.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...