Nuus

PODCAST · news

Nuus

Kry die nuus soos dit breek.

  1. 150

    Onderwys: Waar gaan al die geld heen?

    Die Nasionale Raad het tydens die voortgesette debat oor die toekenning van 28 miljard Namibiese dollar aan die onderwysministerie gevra vir groter belegging in die sektor. Raadslid Olivia Hanghuwo, wat die Eenhana-kiesafdeling verteenwoordig, sê alhoewel die ministerie die grootste deel van die 2026/27 nasionale begroting ontvang het, die onderwyssektor steeds beduidende uitdagings in die gesig staar, veral in landelike gebiede.

  2. 149
  3. 148

    Miljoene bottels wyn in Kaapse oorstromings verlore

    Die oorstromings in die Robertson-vallei, veral met die Breede-rivier, reuse skade aangerig. Van Loveren-wyne se besturende direkteur Phillip Retief, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat oorstromings 1,3 miljoen bottels wyn in hulle kelder vernietig het en, dat sommige sê dis die ergste oorstromings in meer as ‘n eeu.

  4. 147

    SA se oorvol tronke is nasionale krisis

    Die EFF verwerp die Departement van Korrektiewe Dienste se begroting van ongeveer 30,9 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat volgende jaar tot 32,8 miljard rand sal styg. Die departement verwag verminderings van 683,4 miljoen rand oor die huidige Mediumtermyn-uitgaweraamwerk. Nontando Nolutshungu van die EFF sê die begroting sal lei tot oorbevolking, institusionele verval en menslike lyding. Op 5 Mei vanjaar was daar meer as 169 000 gevangenes in die buurland se tronke wat neerkom op ʼn oorbevolkingsyfer van 58-persent. Nolutshungu sê dis ʼn krisis in die land se tronke:

  5. 146

    Namibië herdenk die opstanding van Jesus

    Ons herdenk vandag die opstanding van Jesus Christus. Oral in Namibië vul kerke vandag met lofgesang en herinnering aan Sy ewige belofte. Mag hierdie spesiale dag vir jou en jou gesin vol vrede, hoop en seëninge wees, en geniet die betekenisvolle rusdag saam met geliefdes. Kosmos 94.1 Nuus het met dominee Dubois du Toit van die NG Kerk Suiderhof gepraat. Hy het 'n boodskap.

  6. 145

    Wispelturige wêreld bedreig VK - Charles

    Koning Charles sê ʼn toenemend gevaarlike en wispelturige wêreld bedreig die Verenigde Koninkryk, en die konflik in die Midde-Ooste is slegs die jongste voorbeeld. Hy het die Parlement gister toegespreek waar hy planne uiteengesit het vir wetgewing om die polisie, die Nasionale Gesondheidsdiens en die strafregstelsel te hervorm, asook ʼn wetsontwerp om bande met die Europese Unie te versterk. Koning Charles waarsku dat elke element van Brittanje se energie-, verdediging- en ekonomiese sekerheid getoets sal word:

  7. 144

    Die dag wat was, 13 Mei 2026

    Kry die nuus soos dit breek.

  8. 143

    ActionSA lê strafregtelike klagte teen Cyril

    ActionSA het strafregtelike klagte teen president Cyril Ramaphosa gelê in die Bela-Bela polisiestasie in Limpopo oor die Phala Phala-skandaal. Dit sluit in oortredings van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, asook bedrog en meineed wat verband hou met verklarings oor die bedrag geld wat in 2020 van sy plaas in die provinsie gesteel is. Michael Beaumont van ActionSA sê Suid-Afrikaners verdien volle aanspreeklikheid en antwoorde:

  9. 142

    Moenie wag nie, spaar só maklik

    Kenners waarsku dat om te wag op 'n "beter tyd" om te spaar dikwels tot finansiële stagnasie lei, aangesien vandag se behoeftes gereeld môre se planne oorskadu. Die voorstel is dat werknemers hul spaarbydraes outomaties verhoog elke keer wanneer hulle 'n salarisverhoging of lewenskoste-aanpassing ontvang. Hierdie metode beveg inflasie en verseker dat die toekomstige koopkrag van spaargeld nie krimp nie, sonder dat dit die huidige lewenstyl noemenswaardig benadeel. Monique Christiaan, die korporatiewe segment hoofbestuurder van Old Mutual.

  10. 141

    Gryp in by Nsfas, studente in geldkrisis: Nanso

    Nsfaf het begin met uitbetalings van nie-klasgelde vir die 2026 akademiese jaar, maar weens die fakturering- en verifikasieprosesse tussen Nsfaf en tersiêre instellings sal almal nie hul fondse gelyktydig kry nie. Betalings word tans geprioritiseer vir studente wat voortgaan met hul studies. Uitbetalings vir nuwe begunstigdes sal begin sodra die kontrakteringsproses afgehandel is en bankkaarte suksesvol uitgereik is. Studente kla op sosiale media dat hulle in 'n finansiële krisis is, veral eerstejaars, omdat baie van hulle eers aan die einde van die maand of later hulle nie-klasgelde sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Jessy Abraham gekry, wat sê laat betalings het 'n onaanvaarbare norm geword.

  11. 140

    Kommer oor Staatsdienskommissie se laks oudit van regeringsposte

    Die Staatsdienskommissie het slegs 8 persent van regeringsposte gedurende die 2024/25-boekjaar geoudit, wat kommer oor deursigtigheid en administratiewe toesig laat ontstaan het. Die oudits is by 10 regeringskantore, ministeries en agentskappe, en streekrade gedoen om nakoming van werwingsprosedures, kwalifikasies, bevorderings en nakoming van staatsdiensregulasies te bepaal. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie van IPC-parlementslid Rodney Cloete gekry.

  12. 139

    Chaos by grensposte 'kry dringende aandag'

    Die chaos by die grensposte as gevolg van NamRA se opgedateerde ASYCUDA-stelsel bly in die nuus. Die Walvisbaai-korridorgroep het verseker dat die vertragings by die grense dringende aandag van alle owerhede ontvang. Dit is te midde van frustrasie van vragmotorbestuurders oor swaar vrag- en grensverwerkingsvertragings tans, veral by die Katima Mulilo-grenspos. Die woordvoerder van die korridorgroep, Maria Paulus, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

  13. 138

    Gauteng premier se werkverskaffings-projekte faal: DA

    Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se werkverskaffings-projekte misluk, aangesien die werkloosheidsyfer met 1,1-persent tot 34,1-persent gestyg het vanaf die vierde kwartaal van verlede jaar. Die jongste arbeidsmagopname vir die eerste kwartaal van vanjaar toon die provinsie is 67-duisend werksgeleenthede kwyt. Die DA-lid, Mike Moriarty, sê beleggers trek weg uit die provinsie weens die regering se mislukking om misdaad, infrastruktuurmislukkings en diensleweringskrisisse aan te pak:

  14. 137

    23 plaaswerker-gesinne van dakke af gered buite Worcester

    Drie-en-twintig plaaswerkers en hul gesinne is gered op 'n plaas langs die ou N1-pad tussen Worcester en Rawsonville in die Wes-Kaap. Die werkers was volgens berigte sedert Maandag vasgekeer op plaasstrukture se dakke as gevolg van stygende vloedwater. Craig Lambinon van die Nasionale Seereddingsinstituut sê drie plaaswerkers se liggame is ook gevind:

  15. 136

    Uitvoere na EU is gediversifiseerd, hoor forum

    Die tweede Namibië-EU Sakeforum sluit vandag in Windhoek af, onder die tema “Op pad na Sterker, Groener en Meer Gediversifiseerde Ekonomieë: Katalisering van Sake- en Handelsgeleenthede tussen die EU en Namibië”. Die geleentheid fokus op volhoubare waardekettings vir lande in die EU en Namibië. Tydens die forum het ekonoom, Robin Sherbourne 'n voorlegging gedoen wat onder andere op Namibië se uitvoere gefokus het. Sherbourne het oor die land se hoof-handelsvennote gepraat en die belangrikheid van die EU uitgelig.

  16. 135

    Het Rusland sy eie vragskip opgeblaas?

    'n Russiese vragskip wat 'n reeks geheimsinnige ontploffings ervaar het voordat dit uiteindelik 17 maande gelede langs die suidooskus van Spanje gesink het, het moontlik kernduikboot-reaktors vervoer wat bestem was vir Noord-Korea. Die Ursa Major was na bewering op pad van St. Petersburg na Vladivostok in die verre ooste van Rusland toe dit langs die kus van Murcia gesink het net voor middernag op 23 Desember 2024. ‘n Ondersoek dui daarop dat Rusland self die skip laat sink het. Yanna Smith het meer.

  17. 134

    Kommer oor sekuriteitsbreuke by SANW

    AfriForum doen 'n beroep op 'n volledige ondersoek na herhaalde sekuriteitsbreuke by die fasiliteite van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in Gauteng, insluitend inbrake en wapendiefstal. Die organisasie sê die voorvalle dui op ernstige nasionale veiligheidskwessies en moontlike sindikaatbetrokkenheid of interne samespanning. Hy het ook aangebied om die SANW te help met opleiding oor die uitvoering van sekuriteitsassesserings. Jacques Broodryk van AfriForum sê sterker beheermaatreëls is nodig om strategiese militêre infrastruktuur te beskerm en verdere oortredings te voorkom:

  18. 133

    Theart gesels oor slangteengif tekorte

    Die plaaslike slangkenner, Francois Theart, het sy verontwaardiging uitgespreek oor die verergerende tekort aan slangbyt-teengif in die land. Hy waarsku dat die land se afhanklikheid van 'n enkele Suid-Afrikaanse verskaffer hospitale en veeartsenykundige klinieke weereens sonder lewensreddende voorraad gelaat het. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Theart dat Namibië na verwagting in Maart nuwe teengifvoorrade sou ontvang, maar aflewerings is nou tot Junie uitgestel. Hy het raad.

  19. 132

    Rehoboth-gemeenskap is sat vir dwelms

    Kry die nuus soos dit breek.

  20. 131

    Binnelandse skuld maar GRN minder kwesbaar - ekonoom

    Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê Namibië se besluit om sy buitelandse skuldblootstelling te verminder is 'n positiewe stap, na die terugbetaling van beide die Euro-obligasie en die Internasionale Monetêre Fonds se noodlening. Hy sê hoewel buitelandse skuld dikwels met laer rentekoerse gepaardgaan, hou dit ook buitelandse valutarisiko's in. Kakujaha-Matundu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat toenemende afhanklikheid van binnelandse lenings die land teen wisselkoersskokke help beskerm, selfs al styg openbare skuld na verwagting tot meer as 193 miljard Namibiese dollar in die huidige finansiële jaar.

  21. 130

    Rehoboth-gemeenskap is sat vir dwelms

    Reaksie word ontvang oor Naomi Fisch, 'n inwoner van Rehoboth en veelvuldige dwelmbeskuldigde, wat borg van 9 000 Namibiese dollar in die Rehoboth-landdroshof toegestaan is. Fisch is op twee aanklagte in hegtenis geneem nadat sy na bewering in besit van crack-kokaïen gevind is en van regsverydeling beskuldig is. Dis is die vyfde kriminele saak teen haar. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapsleier, Manfred Drafhoender gepraat.

  22. 129

    Hollywood moet saam met KI werk, nie teen nie

    KI in Hollywood bly kontroversieel en het weer opgeduik by die amptelike opening van die Cannes-filmfees Dinsdagaand. Die bekroonde aktrise Demi Moore is een van die beoordelaars en het die kwessie by die openingsperskonferenise aangespreek.

  23. 128

    Iran: Trump sê hy het nie Xi se hulp nodig nie

    President Donald Trump van Amerika sê hy het nie president Xi Jinping van China se hulp nodig om die oorlog met Iran te beëindig nie. Die leiers van die wêreld se twee grootste ekonomieë voer môre die eerste keer in meer as ses maande regstreekse gesprekke. Trump kom vanaand in Beijing aan – die eerste Amerikaanse president in meer as ʼn dekade wat China besoek. China maak op Iran staat vir goedkoop olie. Trump sê hy sal die oorlog met president Xi bespreek:

  24. 127

    Energie: Dis nie net die bron nie, maar ook die bestuur

    Tydens Cirrus se onlangse beleggingskoferensie het onafhanklike energiekenner Kathryn Porter 'n toespraak gelewer oor die belangrikheid van hernubare energie, wat hand aan hand sal gaan met tradisionele energie-netwerke. Volgens plaaslike energiekenner Harald Schütt moet instansies beter energie-bestuur doen, veral die land se groenskemas.

  25. 126

    ANC-jeugliga staan bankvas agter Ramaphosa

    Die ANC-jeugliga sê hy verwerp toenemende oproepe dat president Cyril Ramaphosa moet bedank en noem dit politieke opportunisme. Die president het daarop aangedring dat hy nie sal bedank nie. Dit volg na die uitspraak deur die Konstitusionele Hof verlede week, dat die parlementêre stemming wat verhoed het dat die Artikel 89-onafhanklike paneelverslag oor Phala Phala na 'n ampsklagkomitee verwys word, onwettig was. Die president van die ANC-jeugliga, Collen Malatji, sê hulle glo Ramaphosa het geen misdaad gepleeg nie:

  26. 125

    Nuwe ontwikkelings in hoofstad moet bekostigbaar wees

    Reaksie word ontvang op Stad Windhoek wat dorpsontwikkelings- en formaliseringsprojekte in Otjomuise en Hadino Hishongwa goedgekeur het, wat na verwagting meer as 1 100 nuwe erwe sal skep. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila van die Shack Dwellers Federation gepraat, wat sê die model wat voorgestel word sal nie bekostigbaar wees nie.

  27. 124

    Fop-maatskappye styg tot 113 in SA

    Die Nasionale Verbruikerskommissie sê hulle het 20 bykomende verskaffers op hul lys van onopspoorbare ondernemings gevoeg, wat die totaal op 113 te staan bring. Die verskaffers word daarvan beskuldig dat hulle bestellings en betalings neem, maar versuim om goedere af te lewer, en dan verdwyn of hul webwerwe sluit. Phetho Ntaba van die kommissie sê die ondernemings is in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap gebaseer, met sommige wat net aanlyn werk en dit moeilik maak om hulle op te spoor:

  28. 123

    Katar eis vrye deurgang deur Straat van Hormuz

    Katar het weer bevestig dat dit belangrik is om vrye beweging deur die Straat van Hormuz te beskerm en enige aanvalle teen handelsvaartuie of dreigemente teen maritieme sekuriteit veroordeel. Sowat ʼn vyfde van die wêreld se olie en vloeibare aardgas beweeg gewoonlik deur die seestraat. Teheran sê dit sal gesluit bly tot Amerika sy blokkade van Iranse hawens ophef. Katar se eerste minister, Sheikh Mohammed bin Abdulrahman bin Jassim Al Thani, sê die seestraat moenie as wapen vir afpersing gebruik word nie:

  29. 122

    /Khomanin wil hoof verwyder

    Die /Khomanin tradisionele gemeenskap is tans besig om genoeg ondersteuning te werf om hulle huidige leier en hoof, Julienne Gawanas, te verwyder. Volgens gemeenskapaktivis Shaun Gariseb gaan die kwessies verder as onwettige grondverkope. Dit sluit in skenkings, dividende op visvangregte en borgskappe wat vir gemeenskapslede bedoel is. Op 31 Januarie vanjaar het 750 gemeenskaplede besluit om haar te verwyder en die proses gaan voort. Kosmos 94.1 Nuus het met Gariseb gepraat wat meer inligting gee.

  30. 121

    IPC sê burgelike liggaam moet toesig hou oor NamPol se gedrag

    Die amptelike opposisie, die IPC het die noodlottige skietery van 'n 39-jarige geestesversteurde man deur die polisie in Otjiwarongo veroordeel. Die party sê die slagoffer was in 'n psigiatriese krisis en mediese de-eskalasie moes ontvang het, in plaas daarvan om geskiet te word. Die voorval het kommer oor polisiebrutaliteit weer aangewakker na onlangse berigte van vermeende martelings in ander streke. In reaksie hierop doen die IPC 'n beroep op 'n onafhanklike ondersoek en die skep van 'n burgerlik-geleide liggaam om toesig te hou oor polisie-optrede. Kosmos 94.1 Nuus het met die amptelike leier van die opposisie in die Nasionale Vergadering, Imms Nashinge oor die voorval gepraat.

  31. 120

    Wes-Kaapse informele nedersettings hard getref

    Kaapstad se Ramp-risikobestuur sê assesserings toon die afgelope dae se stormweer het 83 184 mense in 21 546 woonplekke geraak. Sedert Maandag het swaar reën, donderstorms, skadelike wind en sneeu in ses provinsies voorgekom en minstens tien lewens geëis. ʼn Woordvoerder van Ramp-risikobestuur, Charlotte Powell, sê hulle verleen hulp in gebiede soos Vygieskraal, Overcome Heights, Khayelitsha en Philippi-Oos:

  32. 119

    WGO sê hantavirus-uitbreking is onder beheer

    Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar is tans geen teken van ʼn groter hantavirus-uitbreking nie. Die situasie kan egter verander weens die virus se lang ontkiemingstyd. Die WGO het tot dusver nege gevalle van die virus bevestig nadat mense die MV Hondius-passasierskip verlaat het. Drie mense wat op die skip was, is dood. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê daar kan in die komende weke meer gevalle wees:

  33. 118

    Cosatu vra optrede oor werkloosheid

    Die vakbondfederasie Cosatu sê dringende optrede is nodig om die groeiende werkloosheidskrisis aan te spreek. Die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika vir Januarie tot Maart toon die uitgebreide werkloosheidsyfer het tot 43,7-persent gestyg, met 'n verdere 300 000 mense wat nie werk nie. Matthew Parks van Cosatu sê werksverliese is veral hoog in konstruksie en gemeenskapsdienste. Parks waarsku die swak ekonomiese groei en stygende brandstofpryse kan die situasie vererger:

  34. 117

    Blaaskans vir die Wes-Kaap

    Die weer is op almal se lippe veral met die hewige storms in die Wes-Kaap. Maar, daar is effe verligting en dit sal na verwagting vandag begin opklaar, maar die stormwind sal nog 'n ruk voortduur. Plaaslik sal die effek daarvan in die verre Suide gevoel word, het die Namibiese Meteorologiese Diens se weervoorspeller, Albertina Anderson, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê.

  35. 116

    Huispryse sal bly styg

    Die jongste FNB huisprys-indeks toon ‘n klein verlangsaming na 7,1 persent in die eerste kwartaal, af van 7,6 persent in die laaste kwartaal van 2025. Die bank sê ‘n algehele tekort en ‘n oorvloed van welgestelde kopers, beide buitelanders en inwoners, hou baie Namibiërs uit die mark uit. Mandisa van Wyk, FNB se marknavorsingsbestuurder.

  36. 115

    NAB stel mechanismes daar om vervoer en berging van witmielies te vergemaklik

    Daar word verwag dat die plaaslike graan-aanbod vanjaar effe sal verbeter. Plaaslike witmielie-aankope sal volgens die Namibiese Landbou-unie na verwagting van 70 000 ton verlede jaar tot 80 000 ton styg. Die Akkerbouraad het voorspel dat produksie tot 100 000-ton kan opskiet. Kosmos 94.1 Nuus het met Gilbert Mulonda, die Akkerbouraad se hoofbestuurder vir Akkerbou en Tuinbou gesels oor hoe graanboere so 'n groot oes sal vervoer.

  37. 114

    Burgerskap-kwessies moet dringend aandag kry

    Baie Namibiërs bots teen 'n burokratiese muur by binnelandse sake terwyl die lynministerie sy ondersoeke van burgerskap verskerp. Baie burgers, veral diegene wat aan buitelandse ouers gebore is of binne die konteks van migrasie voor en na onafhanklikheid, ondervind probleme om ouerskapstatus te bewys as gevolg van histories onvolledige of swak geargiveerde dokumentasie. Kosmos 94.1 Nuus het met die regeringskenner Pius Dunaiski gepraat, wat sê hierdie kwessie moet dringend en met duidelikheid aangespreek word.

  38. 113
  39. 112

    Kubermisdaad kos Ekurhuleni R2 miljard

    Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni, Gauteng, is bekommerd oor die parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge se onthulling oor uitgebreide kubermisdaad in die metro. Woordvoerder Denise Janse van Rensburg sê kubermisdadigers het na raming oor 'n lang tydperk meer as 2 miljard Suid-Afrikaanse rand uit die metro se faktuurstelsel gesteel. Sy sê hierdie skokkende onthulling dien as nog 'n bewys van wanadministrasie in die ANC-geleide koalisie:

  40. 111

    Trump beledig na vrae oor inflasie, balsaal, brandstofprys

    Amerikaanse president Donald Trump is op pad na China vir 'n staatsbesoek van vandag tot Vrydag. Intussen het Amerikaanse inflasie in April tot 3,8 persent gespring, aangedryf deur hoë brandstofpryse weens die VSA en Israel se oorlog met Iran. Dit is die hoogste vlak sedert inflasie drie jaar gelede op 4 persent was. Trump het by die Withuis vir die soveelste keer 'n vroulike joernalis beledig toe sy hom gevra het of sy beleide nie werk nie. Luister self.

  41. 110

    Die dag wat was, 12 Mei 2026

    Kry die nuus soos dit breek.

  42. 109

    EU help met groenwaterstofbeleide

    Die tweede Namibië-EU Sakeforum vind plaas van 11 tot 13 Mei in Windhoek, onder die tema "Op pad na Sterker, Groener en Meer Gediversifiseerde Ekonomieë: Katalisering van Sake- en Handelsgeleenthede tussen die EU en Namibië". Die geleentheid fokus op groen industrialisering, insluitend volhoubare waardekettings vir grondstowwe, hernubare waterstof, landboubesigheid, motorvervaardiging en kulturele en kreatiewe nywerhede. Tydens die forum het Alexandre Baron die hoof van die EU-afvaardiging gesê hulle is besig om Namibië te help met beleidsraamwerke vir groenwaterstof-ontwikkeling.

  43. 108

    ActionSA wil Cyril strafregtelik aankla

    ActionSA beplan om strafregtelike klagte teen president Cyril Ramaphosa te lê oor beweerde teenstrydighede in die bedrag geld wat in Februarie 2020 van sy plaas, Phala Phala, gesteel is. Woordvoerder Michael Beaumont noem oortredings van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, asook aanklagte van bedrog en meineed, en sê die bedrag ter sprake was minstens 15-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Hy sê die saak sal deur alle grondwetlike kanale voortgesit word:

  44. 107

    Vier dae van Rough & Tough Rally om die draai

    Die Rough & Tough Rally, ter ondersteuning vir die Kankervereniging, begin Donderdag en duur tot Sondag. Die opgewondenheid loop hoog op sosiale media met verskillende pryse wat in aanloop tot die tydren kan gewen word. Kosmos 94.1 Nuus het met Flippie Baard, een van die organiseerders gepraat.

  45. 106

    CAN bied nasionale kanker-uitreikprogram aan

    Die Kankervereniging van Namibië is tans besig met 'n nasionale kanker-uitreikprogram. Deur die program probeer die vereniging om kanker vroeg op te spoor en behandeling so gou moontlik te begin. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se hoof uitvoerende beampte, Rolf Hansen, gepraat. Hansen moedig ook die publiek aan om appels van die projek te koop.

  46. 105

    'Geen politieke wil' om Toegang tot Inligtingswet te implementeer

    Daar is nuwe kommer oor voortgesette vertragings in die implementering van die Wet op Toegang tot Inligting, wat in 2022 aangeneem is om deursigtigheid en verantwoordbaarheid te bevorder. Die wet vereis 'n onafhanklike inligtingskommissaris, maar die posisie en amp bly vakant nadat die werwing vir die vakature verlede jaar sonder verduideliking teruggetrek is. Die burgerlike samelewing vrees nou dat die vertraging opsetlik kan wees, te midde van openbare eise vir finansiële rekords van staatsbeheerde maatskappye soos August 26. Die direkteur van die Namibiese Mediatrust, Zoé Titus, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

  47. 104

    Regering gekitiseer oor stilswye oor Museveni se vergrype

    Die regering se besluit om 'n hoëvlak Namibiese afvaardiging onder leiding van premier Elijah Ngurare na Uganda te stuur vir die inhuldiging van president Yoweri Museveni vandag, laat wenkbroue lig. Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die verkiesings in Uganda met aansienlike kontroversie en arrestasies van opposisieleiers begroet is. Hy sê as 'n demokratiese land moet Namibië ophou om buitelandse leiers te legitimeer net weens 'n gedeelde bevrydingsgeskiedenis.

  48. 103

    Dodetal in Wes-Kaapse storms styg tot 6

    Die Wes-Kaapse regering sê die Provinsiale Rampbestuursentrum en alle gesamentlike bedryfsentrums is 24-uur per dag oop, met die hewige weerstoestande wat wydverspreide skade aanrig. Die bevestigde dodetal weens die storms het tot ses gestyg. Die Noord-Bolandse dorp Worcester is heeltemal afgesny van die buitewêreld weens hewige oorstromings op alle toegangspaaie, asook 'n brug oor die Breërivier. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, verwelkom die besluit om 'n ramptoestand af te kondig:

  49. 102

    Yango Namibia verhoog tariewe met 5%

    Die e-taxidiens Yango Namibia het 'n 5 persent-verhoging op sy tariewe geïmplementeer. Yango Namibia se bestuurder, Alex Mungai, het vandag tydens 'n perskonferensie gesê dat hierdie verhoging saamval met die brandstofprysverhoging wat op 31 Maart geïmplementeer is. Die stap is ook daarop gemik om bestuurders aan te moedig om te voldoen aan opgedateerde regulatoriese standaarde wat vereis dat alle e-taxidiensverskaffers teen die einde van September openbare passasierspermitte moet bekom, anders loop hulle die risiko om bedrywighede te staak.

  50. 101

    Ses nuwe spelers in Wallis-groep vir komende toetse

    Rugby: Wallis se afrigter, Steve Tandy, het ses nuwe spelers ingesluit in sy uitgebreide groep van 48 vir hul komende vier toetse. Hulle is Kane James, Harri Keddie, Ryan Woodman, Ben Warren, Rhys Barratt en Bryn Bradley. Wallis draf die 27ste Junie op Twickenham uit teen die Barbarians. Die groep sal dan verklein word vir Julie se Nasieskampioenskaps-wedstryde teen Fidji, Argentinië en Suid-Afrika. Tandy probeer sy groep se diepte versterk:

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Kry die nuus soos dit breek.

HOSTED BY

Kosmos 94.1

CATEGORIES

URL copied to clipboard!