PODCAST · science
Sterre en Planete
by RSG
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
-
751
Sterre en planete 10 Mei 2026
Hoe voorspel sterrekundiges wanneer die son super-fakkels gaan voortbring? Het jy geweet die ringstelsel om Uranus is byna 50 jaar gelede ontdek deur ’n Suid-Afrikaanse sterrekundige vanaf die sterrewag in Kaapstad? En hoe werk ’n vuurpylmotor in die vakuum van die ruimte waar daar niks is om teen vas te skop nie?
-
750
Sterre en planete 3 Mei 2026
Jim Adams beantwoord luisteraarsvrae oor of daar ’n internasionale liggaam is wat lanserings reguleer, hoe warm die Artemis-kapsule is wanneer dit in die see neerplons, en hoeveel Boeing 747’s sou nodig wees om dieselfde stukrag te verskaf om Artemis te lanseer en maan toe te stuur.
-
749
Sterre en planete
Wat beteken 'n suksesvolle mislukking? Dit is terminologie wat dikwels gebruik word as 'n ruimtesending om die een of ander rede misluk. Die span praat oor die Boeing Starliner wat nie daarin kon slaag om by sy doelwit, die Internasionale Ruimtestasie, uit te kom nie. President Trump het ook onlangs bekend gemaak dat 'n ruimteweermag in die lewe geroep is om moontlike agressie uit die ruimte hok te slaan.
-
748
Sterre en planete
Waarom is dit nodig om in die Internasionale Ruimtestasie te oefen, veral as mens dink dat daar geen swaartekrag is om jou moeg te maak nie? Ruimtevaarder Chris Hadfield verduidelik. Daar is ook 'n vraag oor waarom die maan soveel meer kraters het as die aarde. Die maan se afstand van die aarde af, en die uitwerking van die maan se swaartekrag op oseane word ook bespreek.
-
747
Sterre en planete
Heelwat mense het onlangs die Starlink-satelliete gesien, wat pas in die ruimte geplaas is. Die span vertel meer van die SpaceX-projek. Een van die bekende ruimtevaarders, Chris Hadfield, praat ook oor wat met die menslike liggaam sal gebeur as dit aan die buitenste ruim blootgestel word. En die Sjinese het 'n radio-antenna aan die agterkant van die maan ontplooi om as herleistasie te dien.
-
746
Sterre en planete
Wat sou gebeur as 'n komeet op Tafelberg val? Dit is 'n vraag wat 'n luisteraar aan die Sterre en Planete-span gestuur het. Daar is ook 'n gesprek oor die verskil tussen 'n meteoor en 'n komeet. Is daar 'n korrelasie tussen sonaktiwiteit en hitte op aarde? Die span praat ook oor klein maantjies wat elke nou-en-dan om die aarde wentel.
-
745
Sterre en planete
As jy die regte toerusting het, sal jy die middag van 11 November kan sien hoe die sonnestelsel se kleinste planeet, Mercurius, voor die son verby skuif. Willie Koorts verduidelik waar en hoe mens moet kyk om die verskynsel mooi te sien. Wat is plasma in die ruimte? Kobus Olckers verduidelik wat dit is, veral na aanleiding van Voyager 2 wat die heliosfeer verlaat het. Ruimtewetenskaplikes het 'n merkbare verandering in die digtheid van ruimteplasma opgemerk soos wat die satelliet verder weg van die aarde af beweeg.
-
744
Sterre en planete
Watter rol speel die aarde se atmosfeer in sterrekunde? Die span praat hieroor, en verduidelik uit watter lae dit bestaan. 'n Luisteraarsvraag oor die waarneming van sterlig en hoe 'n spektrograaf gebruik word om die lig van sterre te isoleer, word beantwoord. En Willie Koorts praat oor die verskil tussen spektrografie en fotometrie.
-
743
Sterre en planete
'n Luisteraar, Samuel de Beer, het uit die noorde van Kanada uit die provinsie Nunavut, 'n vraag gestel oor die voorspelbaarheid van auroras. Waar hy woon, binne die poolsirkel, is auroras redelik algemeen. Kobus Olckers praat auroras en waaruit hulle bestaan. Daar is ook 'n gesprek oor magnetisme. Dit lyk of die Voyager-tuie wat ver in die diepruim is, se masjiene afgeskakel gaan word. Willie Koorts het meer inligting oor hierdie merkwaardige tuie.
-
742
Sterre en planete
Kobus Olckers in Florida in die V.S.A. is een van Sterre en Planete se spanlede wat nie genoeg van die son kry nie. Hy kyk al tussen 30 en 40 jaar na ons ster, maar verlede week het hy iets op die son gesien wat hy nog nooit vantevore waargeneem het nie. Hy vertel wat hy gesien het. Daar is ook 'n antwoord op 'n luisteraarsvraag oor die diepte van die kraters op die maan.
-
741
Sterre en planete
Wat presies is die verskil tussen 'n sterrekundige, astrofisikus en kosmoloog? Dit is een van die sake wat bespreek word in die aflewering van Sterre en Planete. Kobus Olckers bespreek ook wat presies 'n atoomklok is en hoe so 'n klok ruimtetuie kan help om rigting te bepaal. Die ster Canopus het in die verlede 'n belangrike rol gespeel in die navigasie van ruimtetuie. Daar is ook meer inligting oor sg Noctulucente wolke wat soms net na sononder hoog in die lug verskyn.
-
740
Sterre en planete
Die span kyk na nuwe navorsing wat daarop dui dat die ruimte vinniger uitdy as wat aanvanklik verwag is. Dr Japie van Zyl gesels ook oor die groot aantal satelliete wat om die aarde wentel, en hoe daar bepaal word op watter hoogte sekere satelliete moet wentel. Dis ook belangrik om te weet of die satelliet 'n sirkelvormige of elliptiese baan moet hê.
-
739
Sterre en planete
Een van die tergende vrae oor die ruimte is of dit grense het. Dit is een van die luisteraarsvrae wat beantwoord word. Daar is 'n gesprek oor die probleem van ruimterommel en watter oplossings daar is. Die span praat ook oor die wêreld se grootste vliegtuig wat pas sy eerste toetsvlug onderneem het. Die vliegtuig gaan ingespan word om vuurpyle uit die lug te lanseer.
-
738
Sterre en planete
Die span praat oor Indië se jongste satelliet. Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe moeilik dit is om swaar vragte op Mars te laat land. Hy praat ook oor satelliettegnologie om die waterbehoeftes van plante te monitor sodat water betyds gegee kan word. Die span kyk ook na 'n “oorvol” satellietgebied om die aarde wat in die toekoms probleme kan skep, veral met die kleiner kubersatelliete wat nou meer gereeld gelanseer word.
-
737
Sterre en planete
Dr. Japie van Zyl van JPL praat oor die projekte wat tans op Mars aan die gang is. Nog geen woord is gehoor van Opportunity af nie wat ná 'n reuse stofstorm, stil geword het. Hy sê dis moontlik dat die batterye gevries het, maar JPL bly nietemin op die uitkyk vir moontlike seine van die tuig af. Die statiese tuig, Insight, is besig om voor te berei om die seismograaf aan die werk te kry. Fyn verskuiwings moes gedoen word om die verbindingskabel tussen die tuig en die seismograaf gereed te kry. Daar is ook besluit waar die opvolger van Curiosity in 2021 gaan land – die Jezero krater.
-
736
Sterre en planete
Suid-Afrika het pas 'n nuwe teleskoop, die Meerlicht, in gebruik geneem. Dit sal in die optiese ligspektrum saam met die Meerkat-teleskope werk doen. Daar het onlangs in 'n berig inligting verskyn oor hoe verbasend min sonvlekke die son tot dusver vanjaar gehad het. Die aardkant van die son was 73 uit 128 dae vlekloos. Dit kan dui op die son wat op pad is na sy son-minimum. Dis egter onmoontlik om te sê of die son die Maunder-minimimvlak bereik het toe die Teemsrivier in Londen gevries het.
-
735
Sterre en planete
Kobus Olckers, ruimteweerkundige in Florida, VSA, dr. Japie van Zyl, die direkteur sonnestelseleksplorasie van JPL in Kalifornië, Willie Koorts van die SA Astronomiese Observatorium en prof. Matie Hoffman van die die Digitale Planetarium en die Universiteit van die Vrystaat praat oor die Insight-projek wat verlede week gelanseer is. Japie van Zyl praat oor die uitwerking van bestraling deur die son op die satelliete, hoe ver die Insight van die kubsats af vlieg, en watter toetse nog gedoen moet word voordat die drietal in November by Mars aankom.
-
734
Sterre en planete
Die Kepler-ruimteteleskoop se brandstof is besig om op te raak. Die span praat oor die groot bydrae wat die teleskoop tot dusver gemaak. Die grootste gros eksoplanete wat tot dusver ontdek is, is deur die Kepler gedoen. Hulle praat ook oor afstand en tyd in die ruimte.
-
733
Sterre en planete
Al die lande wat te doen het met ruitenavorsing en -sendings het die afgelope week in Adelaide in Australië byeengekom. Dr. Japie van Zyl was ook daar. Hy vertel wat daar gebeur het, en dat die Amerika belangstel in satelliet-onderdele wat op Somerset-Wes ontwikkel word.
-
732
Sterre en planete
Die Cassini-verkenningstuig het Vrydag sy swanesang gesing toe hy in Saturnus ingeduik het op 'n selfvernietigingstrajek. Die span gesels oor die gebeure en wat Cassini alles bereik het in sy 13 jaar lange sending by die ringplaneet. Daar is ook 'n gesprek oor die Kepler-ruimteteleskoop wat drie superaardes raakgesien het, nie te ver van ons sonnestelsel af nie. Die teleskoop het reeds 2 494 eksoplanete se bestaan bevestig.
-
731
10 Apr 2016
Kos Coronaios is 'n amateursterrekundige van Louis Trichardt wat hom toespits op astrofotografie. Hy vertel watter stellings hy op sy DSLR-kamera maak om sterrefoto's te neem. En sonkenner Kobus Olckers praat oor filamente wat op die son voorkom.
-
730
3 Apr 2016
Talle instansies, ook in Suid-Afrika, is tans besig om sogenaamde “Cubesats” te bou. dr Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor die voordele van die klein satelliete. Hy praat ook oor die proses wat gevolg word as nuwe projekte uitgedink word.
-
729
1 Mar 2015
Sterre en planete 1 Maart 2015
-
728
22 Feb 2015
Sterre en planete 22 Februarie 2015
-
727
15 Feb 2015
Sterre en planete 15 Februarie 2015
-
726
8 Feb 2015
Sterre en planete 8 Februarie 2015
-
725
25 Jan
Sterre en planete 25 Januarie 2015
-
724
18 Jan
Sterre en planete 18 Januarie 2015
-
723
11 Jan
Sterre en planete 11 Januarie 2015
-
722
4 Jan
Sterre en planete 4 Januarie 2014
-
721
28 Dec 2014
Sterre en planete 28 Desember 2014
-
720
21 Dec 2014
Sterre en planete 21 Desember 2014
-
719
14 Dec 2014
Sterre en planete 14 Desember 2014
-
718
7 Dec 2014
Sterre en planete 7 Desember 2014
-
717
30 Nov 2014
Sterre en planete 30 November 2014
-
716
23 Nov 2014
Sterre en planete 23 November 2014
-
715
16 Nov 2014
Sterre en planete 16 November 2014
-
714
9 Nov 2014
Sterre en planete 9 November 2014
-
713
2 Nov 2014
Sterre en planete 2 November 2014
-
712
26 Oct 2014
Sterre en planete 26 Oktober 2014
-
711
19 Oct 2014
Sterre en planete 19 Oktober 2014
-
710
12 Oct 2014
Sterre en planete 12 Oktober 2014
-
709
5 Oct 2014
Sterre en planete 5 Oktober 2014
-
708
28 Sep 2014
Sterre en planete 28 September 2014
-
707
21 Sep 2014
Sterre en planete 21 September 2014
-
706
14 Sep 2014
Sterre en planete 14 September 2014
-
705
7 Sep 2014
Sterre en planete 7 September 2014
-
704
31 Aug 2014
Sterre en planete 31 Augustus 2014
-
703
24 Aug 2014
Sterre en planete 24 Augustus 2014
-
702
17 Aug 2014
Sterre en planete 17 Augustus 2014
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...