EPISODE · Sep 5, 2022 · 1 MIN
Amerikaanse data en SA aanwysers
from Die ekonomie minuut · host Waldo Krugell
Vrydag se episode het afgesluit met die eerste aanwysers van hoe die ekonomie in Augustusmaand gevaar het, en dit was heel positief, maar dit was nie die einde van die storie nie. Vrydagmiddag is Amerikaanse “non-farm payroll” data bekend gemaak en dit het gevolge gehad. Die verwagting was dat hulle 300 000 nuwe werksgeleenthede geskep het in Augustus, en dit was toe 315 000. Dit beteken dat die Amerikaanse ekonomie nog warm loop en dat daar ʼn groter kans is dat die Federale Reserwebank hulle beleidsrentekoers aan die einde van die maand weer skerp kan verhoog. In sy Jackson Hole toespraak het Jerome Powell dit duidelik gemaak dat hulle agressief sal optree om inflasie onderbeheer te bring. Vir ons hier in Suid-Afrika beteken dit ongelukkig ʼn swakker rand-dollar wisselkoers, meer wisselvallige beurs, en eindelik ook weer ʼn styging in die repokoers. * Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
What this episode covers

NOW PLAYING
Amerikaanse data en SA aanwysers
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
Dec 30, 2024 ·19m
Dec 30, 2024 ·24m
Nov 19, 2024 ·18m
Nov 6, 2024 ·20m
Oct 23, 2024 ·15m
Oct 9, 2024 ·20m