PODCAST · business
Die ekonomie minuut
by Waldo Krugell
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.
-
1000
Dele van die ekonomie is onder druk
Dit is nie maklik om te sê die gaan goed of sleg met die ekonomie nie. Die ekonomie het baie dele. Ons weet dat die reele inkomste van middelklas verbruikers is onder druk.Die afgelope week was daar nuus wat wys dat vervaardiging steeds swaar trek en die landbou-sektor staar uitdagings in die gesig.
-
999
Die Big Mac indeks op 40
The Economist tydskrif se Big Mac indeks is 40 jaar oud maar so vars soos altyd in die debatte of ʼn land se geldeenheid oor- of onder gewaardeer is. President Trump is ʼn teenstaandervan goedkoop Asiese geldeenhede en Frankryk se President Macron het onlangs gesê dat die onder-gewaardeerde Sjinese Yuan onhoudbaar is.
-
998
Die middeklas onder druk
Wanneer die ekonomie ophou groei en inflasie styg kom die middelklas vinnig onder druk. Ou Mutual se spare en beleggingsverslag wat hierdie week gepubliseer is het ʼn klompie insiggewende syfers in.
-
997
Rentekoerse en die rand
Wanneer ekonome gesels oor die verwantskappe tussen die repokoers, ander rentekoerse en die wisselkoers klink dit baie keer soos goed wat net in handboeke saak maak, maardaar was in die afgelope week ʼn interessante berig oor hoe dit in finansiele markte uitwerk.
-
996
Repokoers onveranderd!
Die inflasiekoers het in Junie maand van 4,5% tot 5% gestyg en is nou redelik ver bo die Reserwebank se teiken. Tog het die Monetêre Beleidskomitee gistermiddag vriend en vyand verras deur die repokoers onveranderd te laat.
-
995
Die krisis by munisipaliteite
Dit word oral in die nuus genoem dat die Nasionale Tesourie oorbetalings aan 69 munisipaliteite gestaak het, en dat dit deel is van Operasie Vulindlela se hervormingsproses,maar waar staan sake? Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek het ʼn verslag uit wat van die knelpunte verduidelik.
-
994
Dit gaan oor meer as Hormuz
Die konflik tussen die VSA en Iran duur voort en die olieprys is rondom $85 dollar. Dit is rede om bekommerd te wees oor ons eie brandstofprysvooruitsigte, maar ek het die week ʼn paar interessante dinge raakgelees.
-
993
Mededingendheid sal die ekonomie meer veerkragtig maak
As die skote klap in die straat van Hormuz is ekonome se voorspellings oor brandstofpryse, die wisselkoers, inflasie, rentekoerse en ekonomiese groei baie moeiliker om te maak, maar kom ons kyk na een of twee dinge wat ons weet.
-
992
Ekonome se voorspellings
Die ou grappie is dat ekonome voorspellings maak om weervoorspellers beter te laat voel, maar al is ons gereeld verkeerd hou ons aan probeer. The Economist tydksrif is ʼn redelike gesaghebbende bron wat uitsprake maak oor politiek, die markte en die ekonomie. Hulle het onlangs hulle akkuraatheid in oënskou geneem en die resulaat is interessant.
-
991
Die prys van 'n rugbykaartjie
Verlede Saterdag het die Springbokke teen Engeland uitgedraf voor 'n stampvol Ellispark. Maar die Dinsdag vantevore was daardie stadion op koers om half leeg te wees.Kaartjies het by R950 begin, verkope was traag, en ondersteuners het die somme gemaak: 'n gesin van vier, as jy vervoer en 'n boereworsrol bytel, het teen die vyfduisend rand gestaar. Toe swig SA Rugby. Hulle het die goedkoopstekaartjies tot R650 verlaag, party blokke tot R450, en die stadion het volgeloop.Hoe dink ekonome dan oor kaartjiepryse?
-
990
Hoë frekwensie aanwysers
Die draai van die maand het twee hoë frekewensie aanwysers van hoe dit met die ekonomie gaan: ‘naankopebestuurdersindeks en voertuigverkope.
-
989
Skade aan die handelsmerk
Daar is baie te sê oor vandag se beplande grootskaalse betogings teen ongedokumenteerde immigrante. Een ding wat ekonome verseker weet is dat markte nie hou vangrootskaalse betogings nie. Daar is maar altyd ʼn kans vir geweld, skade en lewensverlies en dit is sleg vir beleggersentiment. As almal bekommerd is en endie dag by die huis bly is dit ook ʼn dag se verlore besigheid.
-
988
Verbruikers trek swaar
Die afgelope week was daar ʼn paar aanwysers wat kommer wek. Dit wys dat brandstofprysskokke gevolge het.
-
987
Die informele sektor gaan informeel bly
Elke dorp en stad het hulle — die stalletjies met iets te ete, spazawinkels, en haarsalonne. Klein besighede wat gesinne aan die gang hou. Die regering het groot planne virhulle: om 11,000 ondernemings geformaliseer, 26,000 te ondersteun, en R215 miljoen te gee in toerustingtoelaes. Maar 'n nuwe Wêreldbank-studie, gebaseer op 75 van hierdie mikro-ondernemings, stel 'n skerp vraag oor of enige van ditsal werk.
-
986
Die goeie nuus episode
As alles volgens plan verloop teken die VSA en Iran vandag die 60 dae vredesooreenkoms en die Straat van Hormuz word weer oopgemaak. Dan val die olieprys en brandstofpryse en so is ons amper terug in die goeie ou dae van Februariemaand. Maar is dit so eenvoudig?
-
985
Die toekoms behoort aan jongmense...
...wat weet hoe om AI goed te gebruik.
-
984
Verbruiksbesteding skuif
Hoewel die verlaging van die dieselprys verlede week ʼn bietjie verligting bied vir sommige huishoudings en sektore moet mens nie onderskat dat die gevolge April en Meimaand se brandstofprysskokke nog vir ʼn tydlank met ons gaan wees nie. Ekonome se groot bekommernis is dat dit tot meer algemene prysstygings sal lei en rentekoerse verder verhoog kan word. Dit sit huishoudings verder onder druk, maar hoe reageer hulle? Ons praat van ʼn substitusie-effek.
-
983
Die toekoms van geld is digitaal
Ek was onlangs deel van ʼn span veldwerkers wat met dagloners en straatkosverkopers gesels het. Ons het ook ʼn fotograaf op die span gehad en een van die skote wat hy wou kry is ʼn handvol kleingeld. Groot was ons verbasing dat kontant baie skaars is en die kiosk met kota’s langs die groot pad in die nywerheidsgebied verkies dat jy met jou kaart of foon betaal. Dit gaan natuurlik oor die misdaadgevare van omkontant by jou te hê, maar daar is ʼn groter storie.
-
982
Sakevertroue val
Ek het in die vorige episode vertel dat ABSA en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se aankopebestuurdersindeks het in Mei-maand met 1,8 punte verswak, maar is steeds net-net in uitbreidende terrein. Intussen is RMB en die Buro sesakevertroue-indeks vir die tweede kwartaal bekend gemaak en dit is ongelukkig ʼn ander storie.
-
981
Aanwysers
Die draai van die maand bring nuwe aanwysers en dié is aan die positewe kant. Die nuus van ‘n langer skietstilstand tussen die VSA en Iran het die ru-olieprys die naweek laat afneem to amper $90 per vat, maar onsekerheid rondom die ooreenkoms het dit daarna weer effens laat toeneem tot rondom $93 per vat. Dit is hopelik die begin van goeie nuus.
-
980
Die repokoers styg
Die Reserwebank se Monetêre beleidskomittee het gistermiddag die repokoers met 25 basispunteverhoog. Jou huisverband en motorfinansiering gaan nou meer kos.
-
979
Moody's is positief oor ons
In Suid-Afrika is ons so gewoond om bekommerd te wees oor ekonomiese vooruitsigte dat ek half verbaas was to die kredietgraderingsagentskap Moody’s hulle vooruitsig virSuid-Afrika verander het van stabiel na positief. Mens wil vra of hulle seker is.
-
978
Ekonomie in alles
Ek het al baie gepraat oor die impak van die oorlog tussen due VSA, Israel en Iran op die Suid-Afrikaanse ekonomie, en ons almal hou asem op vir die komende week serepokoersbesluit, maar daar is ook ander interessante ekonomie stories.
-
977
Olie en rentekoerse knyptang
Een week na my aanwysers episode en dinge lyk so bietjie meer onseker. Olie verhandel nou nader aan $110 per vat en die rand is nader aan die R16,60 omgewing. Die JSE endie goudprys is laer.
-
976
Die aanwysers en die repokoersbesluit later die maand
Luister na hoekom ek dink hulle nog een keer die repo onveranderd moet los.
-
975
Stadiger groei in Sjina
Sjina het onlangs hulle ekonomiese groeiteiken vir die jaar aangekondig en vir die eerste keer in jare is dit laer as 5%. Sjina is ons enkele grootste uitvoerbestemming virhoofsaaklik mynbou- en landbouprodukte en as die wêreld se fabriek stadiger groei het dit gevolge vir ons uitvoer en ekonomiese groei.
-
974
Olie en die brandstofprys
Die week se brandstofprysverhogings is ʼn skok vir insetkoste en huishoudings se begrotings. Die groter bekommernis is dat 'n verlengde sluiting van die Straat van Hormuz nog nie ingeprys is nie.
-
973
Wat word van top-presteerders?
Spesifiek internasionale olimpiade medalje wenners in Wiskunde, Fisika en Rekenaarwetenskap? Hulle kans om 'n miljardêr te wees is 1500x beter as die gewone ou!
-
972
Groei sou genoeg wees
Vryheidsdag lei elke jaar tot nadenke onder die kommentariaat. Een artikel vra gister, Is dit hoe bevryding veronderstel was om te lyk? Dit maak die argunment datongelykheid, werkloosheid en mislukte dienslewering is ʼn vorm van strukturele geweld wat mense se waardigheid wegkalwe. Wat ek mis is die belangrike punt datSuid-Afrika se ekonomie het sedert 1994 te stadig gegroei vir bevryding.
-
971
Die inflasiekoers styg 'n bietjie in Maart
Statistieke Suid-Afrika het die afgelope week Maartmaand se inflasiesyfers bekend gemaak. Dit is nie onvanpas om dit te beskryf as die stilte voor die storm nie.
-
970
Nog olie, die markte
Amper twee weke nadat ʼn skietstilstand tussen die VSA en Iran aangekondig is, bly die uitkomste en die gevolge vir die ekonomie onduidelik.
-
969
Vibesession, inflasie en die olieprys
Daar word op die oomblik baie gesê oor die skietstilstand en die VSA se onderhandelinge met Iran. Ek los dit vir die kundiges. Wat ons redelik seker weet is dat dieolieprys nie gaan daal voor skepe nie vrylik deur die Sraat van Hormuz kan vaar nie. ʼn Blokkade skep die soort druk wat die Amerikaners sal laat onderhandel, en Iran besef dit.
-
968
Werk-van-die-huis-af kan help
Onlangse brandstofprysverhogings laat weer ’n ou maar belangrike vraag ontstaan: as meer mense wat van die huis af kán werk, dit vir ’n deel van die week doen, hoeveelverskil kan dit maak? Die antwoord is dat dit ’n betekenisvolle verskil kan maak, veral vir mense wat gereeld pendel, hoewel dit nie ’n volkome oplossing vir hoër brandstofkoste is nie.
-
967
Oor voedselprysskokke
Ek moes gister noodgedwonge by ʼn plek wag en luister toe na hoe mense gesels oor hulle bekommernis oor die brandstofprys en voedselprysinflasie. Hulle is dit eens datR1000 nie meer veel kruideniersware koop nie. Die een ou het later wel gesê dat hy moet by al drie etes ʼn dag vleis eet, en verduidelik waar kry mens lekker t-been kan kry, ‘maar jy gaan moet betaal’. Dit het my laat dink dat terywl onswag vir die skokke om te tref kan ek praat oor wat my eie navorsing oor voedselpryse bevind en dalk help dit iemand om ʼn paar aanpassings te maak wat geld spaar.
-
966
Moet nie met prysseine mors nie
Ons staar volgende week reuse brandstofprysverhogings in die gesig. Dit lyk soos amper R6 per liter petrol en meer as R10 per liter diesel. Daar was menigte oproepe om die impak hiervan te versag deur die vehogings in die brandstofheffing en koolstofbelasting uit te stel, of selfs te skrap. Die styging in die heffings is saam 21 sent per liter. Ek sien nie so vinnig ʼn betroubare raaiskoot van hoeveel ekstra belasting-inkomste die verhoging begroot is om te lewer nie, maar een raming is rondom R2,13 miljard. In die totale Begroting is die nie baie nie en deur net uit te stel kan die regering net ʼn deel daarvan verloor. Dit lyk egter nie of dit gaan gebeur nie en daar is belangrike redes om nie met prysseine te mors nie.
-
965
Pryselastisiteit
Met 20% van die wêreld se olie-aanbod is aan die verkeerde kant van die Straat van Hormuz, is dit tyd om te praat oor die pryselastisiteit van vraag.
-
964
Voedselpryse, hongerte, en strukturele hervorming
Op 'n tydstip dat ons bekommerd is oor 'n brandstofprysskok wat tot inflasie lei, spesifiek voedselinflasie, het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie die eerste tweedae van 'n nasionale ondersoek na Suid-Afrika se voedselstelsel op 13–14 Maart by die Nelson Mandela-stigting in Johannesburg gehou. Volgens die 2024 Huishoudingopname het ongeveer 14 miljoen Suid-Afrikaners daardie jaar honger bed toe gegaan, wat sowat 22,2% van huishoudings verteenwoordig.
-
963
Die olieprysskok, inflasie, en Japan 1973
Die nuus gaan op die oomblik oor Israel en die VSA oorlog met Iran en Iran se oorlog met die wêreldekonomie. Die olieprysskok gaan lei tot inflasie en jou arm maak, lei dieeen opskrif. Die is nie onmoontlik nie, maar daar is baie dinge wat ons nie verseker weet nie.
-
962
Bekostigbaarheid
Suid-Afrikaners staar moontlik die grootste maandelikse brandstofprysverhoging in die geskiedenis in die gesig wanneer April aanbreek. Die Midde-Ooste-konflik hetBrent-ru-olie al verby $115 per vat laat styg — hoewel dit die week darem onder $100 gebly het. Voeg daarby 'n rand-dollar-wisselkoers tussen R16,50 en R16,80 en nuwe brandstofbelastingverhogings van 21 sent per liter vanaf 1 April, en ons kyk na 'n petrolprysverhoging van enigietstussen R2,50 en R8 per liter, afhangend van hoe lank die ru-olieprys hoog bly. Maar hierdie skok tref nie gesonde huishoudings nie. Suid-Afrikaners is kwesbaar.
-
961
BBP syfers en drywers van groei
Met die vierde kwartaal BBP-syfers wat later vandag bekend gemaak word, gaan ons hoor dat die ekonomie wel in 2025 gegroei het, maar veels te stadig om werk te skep ofarmoede te verminder. Ekonome is dit eens dat hervormings nodig is om die groeikoers te verhoog, maar presies hoe moet daardie hervormings lei tot ekonomiese groei? Ek het die afgelope week ʼn interessante konferensie van Economic Research Southern Africa bygewoon.
-
960
Die res van die aanwysers
Kom ons vergeet vir n oomblik van die oorlog in Iran. Hoe gaan dit andersins met die ekonomie?
-
959
Oorlog, olie, en alles anders
Die VSA en Israel se aanval op Iran is hoofnuus op die oomblik. Die ekonomiese impak is reeds sigbaar in die hoër olieprys en swakker rand dollar wisselkoers. Hoe kan dit verder uitspeel?
-
958
Hoekom jy positief kan wees oor die Begroting
Ek sal enige dag na ʼn vervelige Begrotingrede luister. Na al die opwinding van 2025 was die week se rede rustig, maar behalwe vir al die interessante besonderhede in die Begroting is die vraag wat ons moet vra of Minister Godongwana gewys het dat hy by sy plan hou.
-
957
Begrotingsvooruitskouing 2
Welkom terug. Hierdie is deel 2 van die begrotingsvooruitsigte en ek fokus op die rand-en-sent-vraevan Woensdag se Begroting: waar spandeer die regering die geld, en waar kom dit vandaan?
-
956
Begrotingsvooruitskouing 1
Volgende week lewer Minister Godongwana sy 2026-Begrotingsrede — en as jy slim wil klink by die braai, hier is jou notas. Hierdie episode gaan oor die makro-prentjie.
-
955
Rentekoste van die staatskuld
Die groot tema van volgende week se Begrotingsrede gaan oor die volhoubaarheid van Suid-Afrika se fiskale posisie. Meer eenvoudig gestel, ons vermoë om die rente op diestaatskuld terug te betaal en geld oor te hê vir enige iets anders. Dit is hoekom rentekoerse op staatskuld nou in die nuus is.
-
954
Lesse te leer by die bloubessies van Peru
Die afgelope week was landbou uitvoere in die nuus. Die 2025 syfers lyk goed, ten spyte van die VSA se tariefoorloë en die uitdagings by Kaapstadhawe. Daar is ook inisiatiewe omuitvoer na Sjina en Suid-Korea te verhoog. So sien ek ook ʼn interessante storie oor hoe Peru die wêreld se grootste uitvoerder van bloubessies geword het.
-
953
Wat gaan aan met Bitcoin?
Soos wat ekonome altyd sê is markte wisselvallig, maar na die onlangse bekommernisse oor sagteware maatskappye is dinge nou so bietjie rustiger. Die JSE se ALSi is steeds ʼn goeie 5000 punte laer as wat dit einde Januarie was, die rand lê netso onder R16 per dollar, en goud rondom $5000 per fyn ons. Die vraag is hoekom die waarde van Bitcoins so val?
-
952
Die week se ekonomiese nuus
AGOA, PMI, brandstofpryse, aandelemakrte en volgende week se nuwe data...
-
951
Die markte hou kommentators nederig
Net toe die storie van ʼn swakker dollar, hoë goudprys, sterker rand, laer olieprys en sterk beurse te goed klink om waar te bly het markte Vrydag kommentators nederig gehou. Aandelebeurse se indekse is laer, die rand verhandel weer bo R16 per dollar, goud is ver onder $5000 per fyn ons en die olieprys is op $65 dollar per vat nadat dit net onder $70 gedraai het. So wat het gebeur?
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.
HOSTED BY
Waldo Krugell
CATEGORIES
Loading similar podcasts...