Barcelona | Spanje episode artwork

EPISODE · Nov 9, 2024 · 39 MIN

Barcelona | Spanje

from Die Wêreld aan jou Voete · host Anina.vk

Skink solank jou Tinto de Verano want vandag stop ons in Barcelona om te gesels met ‘n Suid Afrikaner wat gemaklik klets in beide Afrikaans en Katalaans. Gerhard Kirsten is deur liefde gelei van Bologne na Barcelona en neem ons vandag deur sy nuwe tuiste. Van Gaudí se argitektuur tot die Katalaanse kultuur, kyk ons met blink nuwe oë na die beeldskone Barcelona en alles wat dit bied. As jy lekker saam luister, volg ons op Spotify en Apple Podcast vir jou weeklikse dosis van reis inspirasie.   Wandelwenke 📍 L’Eixample | Die grootste distrik in Barcelona wat nie net wemel van ‘n lekker atmosfeer nie, maar ook wêreldbekend is vir sy slim stadsbeplanning ontwerp deur Ildefons Cerdà. Sagarada Familia | Die bekende katedraal wat deur die argitek Gaudi ontwerp is en na 140 jaar nogsteeds nie klaar gebou is nie. Parc Guell | ‘n UNESCO wêrelderfenisgebied wat ‘n versameling is van ‘n klomp geboue van die bekende argitek Antoni Gaudí. Casa Batlló | Nóg ‘n bekende gebou wat ontwerp is deur Gaudí en wat die storie van San Jordi uitbeeld. Die gebou spog in kleure van blou en groen in die middel van die L’Eixample area.   San Jordi | Die dag van ‘boeke en rose’ wat amper soos Valentynsdag is in Spanje.  Camp Nou | Barcelona se sokker stadium wat lank die tuiste van Lionel Messi was. Las Ramblas | Die bekende inkopiestraat in Barcelona.  🍽️ Arroz de Montaña  | Die Katalaanse hoender en rys dis wat ‘n spin is op paella en direk vertaal word as ‘rys van die berg’.  Patatas Bravas | ‘n Maklike tapa om te bestel wat bestaan uit gebraaide aartappel blokkies met 'n lekker sousie. Croquetas | Die gebraaide ham of garnaal balletjies wat bekend is reg oor Spanje as ‘n lekker tapa.  Pan Tumaca | Nóg ‘n bekende tapa eie aan Barcelona wat bestaan uit geroosterde brood met tamatie op.  Fuet | Amper soos droëwors — ‘n tiepe salamie wat bedien word by tapas.  Escalivada | Gebraaide groente — gewoonlik eiervrug, soetrissie en uie.  Tinto de verano | ‘n Local twist op Sangria. Ook ‘n rooiwyn drankie wat gemeng is met sodawater en sap. 

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 9, 2024

Embed this episode

Ready to play

Barcelona | Spanje

0:00 39:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Die Wêreld aan jou Voete?

This episode is 39 minutes long.

When was this Die Wêreld aan jou Voete episode published?

This episode was published on November 9, 2024.

Can I download this Die Wêreld aan jou Voete episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!