Bizskoops - 13 Maart 2025 episode artwork

EPISODE · Mar 13, 2025 · 19 MIN

Bizskoops - 13 Maart 2025

from Bizskoops (Afrikaans) · host Newskoop

Ons het vandag 'n baie spesiale program. # Eerstens kyk ons na die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede. # Die Ekonoom, professor Waldo Krugell, sal ook vir ons sy terugvoer gee oor die toespraak. # Daarna loer ons in by die tweede Cape Winelands Knowledge Sharing fees wat vroeër hierdie week in die Paarl plaasgevind het. Die geleentheid het byna uitsluitlik gefokus op werkloosheid onder die jeug en die rol wat Kunsmatige Intelligensie kan speel om hierdie maatskaplike euwel te help verlig. Newskoop het die geleentheid bygewoon en ons het van bedryfsleiers soos die visepresident van LinkedIn, Seamus Clancy, gehoor oor hoe gemeenskapsradiostasies LinkedIn as 'n instrument kan gebruik om hul gehoor te bereik en by te dra om werkloosheid in hul gemeenskappe aan te spreek. # Ons het ook gesels met die Direkteur van Digitale Leeroplossings van SpecCon Consulting, Hermias Niewoudt. Hermias vertel meer oor hoe hul digitale platforms kortkursusse aan werklose jeugdiges regoor die land beskikbaar stel teen die fraksie van die prys van ander aanlynkursusse. # Ons het ook daarin geslaag om in gesprek te tree met professor Liz Archer van die Universiteit van Wes-Kaapland. Professor Archer is 'n spesialis op die gebied van KI in hoër onderwys en sy het 'n paar wenke met die jonger generasie gedeel oor hoe om voor te berei vir die wêreld van werk en hoe om meer indiensneembaar te word.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 13, 2025

Embed this episode

Ready to play

Bizskoops - 13 Maart 2025

0:00 19:00

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Bizskoops (Afrikaans)?

This episode is 19 minutes long.

When was this Bizskoops (Afrikaans) episode published?

This episode was published on March 13, 2025.

Can I download this Bizskoops (Afrikaans) episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!