Bordeaux: Die wynstreek | Frankryk episode artwork

EPISODE · Jan 3, 2025 · 25 MIN

Bordeaux: Die wynstreek | Frankryk

from Die Wêreld aan jou Voete · host Anina.vk

Ons eerste bestemming vir die jaar is ook ons eerste bestemming in Frankryk: Bordeaux! Hierdie episode is in twee gedeel so vandag fokus ons op die wynstreek en volgende week op die stad self. Ons toergids vir beide episodes is heel gepas ‘n wynmaker wat tans in Suid Afrika floreer maar in Bordeaux haar liefde vir alles Frans aangeleer het. Léze Herholdt het vir die eerste keer in Bordeaux gebly as ‘n meestersstudent en toe menigte kere teruggekeer Frankryk toe — ook as sommelier by die Suid Afrikaanse restaurant JAN in Nice.   As jy lekker saam luister, volg ons op Spotify en Apple Podcast vir jou weeklikse dosis van reis inspirasie.   Wandelwenke Saint-Emillion | Die wynstreek aan die regter rivierbank van die Garonne. Die dorp is ook ‘n UNESCO wêrelderfenisgebied en maklik bereikbaar met die trein van Bordeaux. Dit is meer Merlot dominant.  Médoc | Die wynstreek aan die linker rivierbank van die Garonne. Minder bereikbaar as Saint-Emillion maar ideaal as jy ‘n kar het. Dit is meer Cabernet Sauvignon dominant. Château Angélus | Die Château waar Léze haar internskap gedoen het. Château | Dis die algemende woord vir ‘n kasteel of herehuis in Frans maar in Bordeaux is dit ook die naam van wynplase. Châteaux in Saint-Emmilion | Château Figeac, Château Soutard, Château La Gaffelièreen Château La Dominique  Châteaux in Médoc | Château Lagrange, Château Pontet-Canet, Château Pichon Baron en Château Pichon Longueville Comtesse de Lalande AOC Sauternes en AOC Barsac | Die areas vir soetwyn wat gewoonlik bestaan uit Sauvignon Blanc, Semillon en Muscadelle. AOC Graves en AOC Bordeaux | Die areas vir droeë witwyn.  Wit Bordeaux Blend | Bestaan gewoonlik uit Sauvignon Blanc en Sémillon. Rooi Bordeaux Blend | Bestaan gewoonlik uit Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc, Merlot, Malbec en Petit Verdot. Hierdie is die vyf mees algemeenste – maar ‘n Bordeaux blend hoef nie al hierdie varieteite te bevat nie. ‘n Merlot, Cabernet Franc blend is byvoorbeeld ook ‘n Bordeaux blend.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 3, 2025

Embed this episode

Ready to play

Bordeaux: Die wynstreek | Frankryk

0:00 25:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Die Wêreld aan jou Voete?

This episode is 25 minutes long.

When was this Die Wêreld aan jou Voete episode published?

This episode was published on January 3, 2025.

Can I download this Die Wêreld aan jou Voete episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!