Budapest | Hongarye episode artwork

EPISODE · Sep 27, 2024 · 24 MIN

Budapest | Hongarye

from Die Wêreld aan jou Voete · host Anina.vk

Dis Vrydag — wat beteken nog 'n episode van Die Wêreld aan jou Voete het pas geland! Die week vertel Dene van Wyk vir ons hoe om 'n onvergeetlike ervaring in Budapest te kry. Van kuier in die Buda kasteel tot palinka's geniet in Pest, is daar net sóveel wat hierdie stad 'n ideale bestemming maak. Vind hieronder Dene se tips wat jou honger sal maak vir meer van Hongarye. Wandel Wenke Palinka | 'n Tradisionele Hongaarse drankie Goulash | 'n Tradisionele Hongaarse dis wat amper soos 'n tiepe bees bredie is. Buda Kasteel | Die naam sê alles - die kasteel wat aan Buda se kant van die stad geleë is. Danube | Die rivier wat deur Budapest loop en die stad in twee verdeel - Buda en Pest. Fisherman's Bastion | 'n Historiese monument en 'n UNESCO Wêreld Erfenis Gebied wat die beste uitsig oor die stad verskaf. Hongaarse Parlement | Ontwerp deur die Hongaarse argtiek Imre Steindl, is hierdie gebou regtig iets om te aanskou. Behalwe vir die mooi ontwerp is dit ook die grootste gebou in Budapest. Shoes on the Danube Bank | 'n Monument ter herdenking van die Jode wat tydens die Tweede Wêreld Oorlog in Budapest vermoor is. Gellért Baddens | Die warmwaterbaddens (langste woord ooit) aan Buda se kant. Persoonlik my gunsteling. Széchenyi Baddens | Die bekende geel warmwaterbaddens aan Pest se kant. Mazel Tov | 'n Baie gesellige mediterreense restaurant wat ideaal is vir deel-disse mezze styl. Szimpla Kert | 'n Kuierplek op die besige Kazinczy straat in die hartjie van die ou Joodse buurt. Hilda | 'n Moderne restaurant met tradisionele Hongaarse kos. Freyja | 'n Bakkery bekend vir hulle verskeidenheid croissants. Lekker geluister? Kyk uit vir episode 5 volgende week Vrydag — op Spotify en Apple Podcasts.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 27, 2024

Embed this episode

Ready to play

Budapest | Hongarye

0:00 24:31

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Die Wêreld aan jou Voete?

This episode is 24 minutes long.

When was this Die Wêreld aan jou Voete episode published?

This episode was published on September 27, 2024.

Can I download this Die Wêreld aan jou Voete episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!