Da Nang | Viëtnam episode artwork

EPISODE · Nov 29, 2024 · 37 MIN

Da Nang | Viëtnam

from Die Wêreld aan jou Voete · host Anina.vk

Vandag sprei ons ons vlerke na Suidoos-Asië en meer spesifiek Viëtnam. Ons eerste bestemming in die mooie land is Da Nang — ‘n kusdorpie wat bekend is vir sy lang strande en algemene ontspanne atmosfeer. Ons toergids vir hierdie rowwe diamant is Melissa Viljoen-Smal. Melissa het as ‘n Engelse onderwyseres in Da Nang gewoon en is bekoor deur die stad wat soms in die skadu is van Hanoi en Ho Chi Minh. Van ca phe trung (‘n tiepe eier koffie) tot die alombekende Pho (‘n tiepe noodle sop), gee Melissa waardevolle wenke wat regoor Viëtnam handig sal wees. Geniet jy hierdie weeklike dosis van reis inspirasie? Gee ons ‘n volg op Spotify en Apple Podcast.  Wandel wenke 📍 My Son Sanctuary | My Son is ‘n heiligedom wat terug dateer na die 4de tot 13de eeu AD. Dit is geleë in die bergagtige area van die Duy Xuyen District in die Quang Nam Provinsie. Marble Mountain | Marble Mountain bestaan uit vyf marmer en kalksteen gebergtes in Da Nang. Dit is ‘n toeriste-attraksie vir die besonderse uitsig oor die stad maar ook vir die grotte, standbeelde, tempels en rotskuns. Da Nang | Die kommersiële hoofstad van sentrale Viëtnam en die fokuspunt van hierdie episode. My Khe Strand | Een van vele mooi strande in Viëtnam en die ideale plek om die Suidoos-Asië se magiese kuslyn te beleef. Dragon Bridge | Die naam beskryf hierdie brug baie goed. ‘n Bekende besienswaardigheid in Da Nang en as jy mooi beplan kan jy sien hoe die drake op die brug vuur spoeg. Hoi An | ‘n Bekende dorp naby Da Nang wat besonders uitstaan vir sy antieke sjarme. Die ou stad is oor die eeue heen baie goed bewaar en is ‘n lens vir hoe lewe in antieke Viëtnam dalk was.  Hai Van Pas | Hierdie asemrowende bergpas is wêreldbekend en het self op ‘n episode van Top Gear beland. Dit is ongeveer 21 km lank en neem so ‘n uur om te ry maar kan ook ‘n hele oggend aktiwiteit wees.  🍜 Pho | Phở is ‘n Viëtnamese sop dis wat bestaan uit ‘n hartlike sous, rys noodles en gewoonlik vleis, groente of ‘n eier daar by.  Ca phe sua da | Een van drie bekende tiepes koffie in Viëtnam. Hierdie een is yskoffie bedien met kondensmelk.  Ca phe trung (Eier koffie) | Moenie dat hierdie naam jou afsit nie. Ca phe trung is ‘n tiepe koffie wat bedien word met ‘n lagie eier vla bo-op.  Ca phe cot dua (Kokosneut koffie | ‘n Mengsel van kokosneut melk of olie, koffie, ys en kondensmelk. Heerlik verfrissend vir ‘n warm dag in Viëtnam. 

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 29, 2024

Embed this episode

Ready to play

Da Nang | Viëtnam

0:00 37:48

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Die Wêreld aan jou Voete?

This episode is 37 minutes long.

When was this Die Wêreld aan jou Voete episode published?

This episode was published on November 29, 2024.

Can I download this Die Wêreld aan jou Voete episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!