DIE SINNELOSE MOORD OP ANTON BENADE episode artwork

EPISODE · Jul 12, 2021 · 37 MIN

DIE SINNELOSE MOORD OP ANTON BENADE

from BetSeber · host Nadia

Die is byna 23hoo toe die rooi Volkswagen vir die soveelste keer voor die kafee verby ry. Die man en meisie in die motor kyk by die kafee in. Hulle is uiteindelik tevrede die kafee-eienaar is alleen. Hulle hou voor die kafee stil en stap binne. Die man bestel 'n bord kerrie en rys. Die meisie eet lustig aan 'n bakkie jogurt. Terwyl hulle besig is om te eet, kyk die man op en sê in die rigting van die kafee eienaar: "Hier is nie genoeg vleis in my kerrie nie. Die vriendelike kafee eienaar bied dadelik aan om meer vleis in die kombuis te gaan haal. Hy stap agtertoe by die kombuisdeur in met die kerrie-eter kort op sy hakke. Terwyl die kafee eienaar omdraai om die vleis uit die kastrol te skep, hoor hy die jong man agter hom sê: "I like my meat." Die volgende oomblik klap 'n skoot. Die koeël wat dwarsdeur die kafee eienaar se liggaam ruk, slaan in die kastrol met kerrievleis vas. Half in 'n beswyming sak hy op die vloer ineen. Deur die newels van bewusteloosheid hoor hy hoe die geldlaai oopgemaak word. Hy weet dat daar sowat R240 in die laai is en dat dit die buit van sy onverwagte aanvaller word. Tien minute later klop die man aan sy huis se agterdeur, slegs 'n paar treë van die kafee af. Sy vrou, wat hom twee uur vantevore springlewendig in die kafee agtergelaat het, staan vir 'n oomblik verstom toe sy haar man se toestand sien. Haar desperate poging om hom die huis in te sleep, is tevergeefs. Hy is te swaar vir haar. Sy roep 'hulle huishulp nader en saam dra hulle haar man na die motor. Sy besef dat daar nie tyd is om op die skok te reageer nie en jaag dadelik hospitaal toe. Voordat Meneer Anton Benade, die 29-jarige eienaar van die Elrina-restaurant op Despatch, in die Oos-Kaap, tien dae later op 22 Februarie 1973 in die hospitaal beswyk het, het hy 'n verklaring aan die polisie gedoen. Die enigste getuie van die gebeure daardie aand, 12 Februarie 1973, in die Elrina, was dood. Selfs met sy verklaring en die beskrywing van die twee besoekers wat laataand sy restaurant binnegestap het, het die polisie nie veel leidrade gehad om op te volg nie, want sy beskrywing na die kort ontmoeting was baie vaag.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 12, 2021

Embed this episode

Ready to play

DIE SINNELOSE MOORD OP ANTON BENADE

0:00 37:41

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of BetSeber?

This episode is 37 minutes long.

When was this BetSeber episode published?

This episode was published on July 12, 2021.

Can I download this BetSeber episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!