EPISODE · Sep 15, 2024 · 1H 3M
Episode 29 | 'Jy moes 'n testament opstel ... op ouderdom 18' - Bun Booyens oor diensplig
from Kerkbode Kollig · host Heléne Meissenheimer, Le Roux Schoeman
"Ek dink daar is baie mense wat afsluiting soek," sê Bun Booyens in 'n onderhoud vir dié Kollig-episode oor sy nuwe boek TROEP, wat eersdaags by Penguin verskyn. Booyens het uiteenlopende vertellings ná gesprekke met meer as 100 oud-dienspligtiges opgeteken en georden. Só klink van die temas: INKLAAR – My ma was banger as ek ’N KAPELAAN ONTHOU – Genade tussen die ongenade PT – Julle wil mos nie saamwerk nie LANDMYN – Die duiwel se niggie HOM ONTHOU EK – ’n Bruin soldaat in ’n wit basis SOLDATETAAL – Woorde, frases en afkortings STERFTES – 23 jaar, 6 maande, 3 weke en 2 dae Bronne verskil oor hoeveel mense in die Grensoorlog gesterf het, verduidelik Booyens. Die SA Militêre Veterane-organisasie Internasionaal bereken die sterftesyfer vir die tydperk 26 Augustus 1966 tot 21 Maart 1990 as volg: Totale aantal sterfgevalle 2 573. Sowat 30% sneuwel in aktiewe diens terwyl ander oorsake goed soos vliegongelukke en vernaam motorongelukke insluit. "Ek dink wat mense se geloofsbelewenis verander het in die weermag, was die tyd toe jou lewe veronderstel was om in alle rigtings oop te vou en te navigeer volgens jou eie keuses, was jy daar in 'n situasie waar jy na die dood moes kyk. Jy moes 'n testament opstel op ouderdom 18 ... En jy het 'n dog tag gehad om jou nek: Nommer, rang, naam, bloedgroep. En kerkverband."
Embed this episode
Ready to play
Episode 29 | 'Jy moes 'n testament opstel ... op ouderdom 18' - Bun Booyens oor diensplig
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.