Jesus Nooi Jou om Hom te Volg episode artwork

EPISODE · May 22, 2026 · 41 MIN

Jesus Nooi Jou om Hom te Volg

from Die Groot Herstel · host Neville Neveling

Wou jy ooit oor begin in die lewe? Die Bybel vertel ons hoe ‘n nuwe begin gemaak kan word. In hierdie studie kyk ons na die nuwe lewe – ‘n vars nuwe begin wat beskikbaar is deur Jesus. Jesus se Doop Jesus het van Galilea af na die Jordaan rivier gegaan om deur Johannes gedoop te word. Maar Johannes het gehuiwer, wetend dat hy onwaardig is. Jesus antwoord hom: “Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.” (Mattheus 3:13-15). Jesus is in die water onderdompel. En toe Hy uit die water uitkom het Sy bediening begin. Die doop is ‘n belangrike deel van die Christen se lewe. Jesus is nie net vir ons as voorbeeld gedoop nie, maar Hy het Sy mense ook sterk aangespreek om gedoop te word. Die doop is die simbool van ons gewilligheid om die evangelie van Jesus te aanvaar. Besprinkeling of Begieting is nie genoegsaam nie. Die Bybel verklaar dat daar net een ware manier van doop is. Dis duidelik in Effesiërs 4:5, “Een Here, een geloof, een doop.” Indien wel, dan is daar net een Bybelse manier hoe daar gedoop moet word. Ons kan nie verkeerd wees as ons die voorbeeld van Jesus volg nie. Toe Jesus gedoop is, het Hy in die water in afgeklim, Hy is onderdompel en het uit die water uit opgekom. Jesus is ten volle onderdompel! (Mattheus 3: 16-17) Die persoon moet geheel en al onderdompel word omdat die persoon in geheel gesondig het. Trouens die Griekse woord “baptizo” of “doop” beteken om “te doop,” “te onderdompel.” Romeine 6:3-4 sê, “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.” Hoe kan besprinkeling of begieting die boodskap oordra? Aanvaar God se Genade en Vergifnis Die doop is nie die einde van die Christelike lewe nie – dit is slegs die begin! So, aanvaar God se genade en begin met ‘n skoon blad! Petrus sê in Handelinge 2:38: “Bekeer julle, en laat elkeen gedoop word in die naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes. . .” Aanvaar die gawe van die leiding van die Heilige Gees “. . . en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.” Aanvaar jou plek in die familie van God. Deur die doop word mens met Christus verenig. (Galasiërs 3:27). Ja, wanneer jy gedoop word, word jou sondes vergewe. Jou lewe is nou gereinig, maar jy ontvang ook die Heilige Gees en word deel van die internasionale gemeenskap van gelowiges!

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Jesus Nooi Jou om Hom te Volg

0:00 41:21

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Die Groot Herstel?

This episode is 41 minutes long.

When was this Die Groot Herstel episode published?

This episode was published on May 22, 2026.

Can I download this Die Groot Herstel episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!