#JouMenseMyMense - 19 Maart 2019 - Giovanni Hendriks episode artwork

EPISODE · Mar 19, 2019 · 7 MIN

#JouMenseMyMense - 19 Maart 2019 - Giovanni Hendriks

from Ander programme · host GROOTfm 90.5

Op die 25ste Februarie het Giovanni Hendriks die middag by die huis gekom en vir sy ma gesê daar is ‘n krapperigheid in sy keel. Later die aand kon hy nie meer praat of sluk nie. Giovanni het 8 jaar gelede aan Guillain-Barré-sindroom gely en was bang die siekte het teruggekom. Destyds was hy vir 11 dae in die hospitaal, maar het volkome herstel. Sy ouers het hom na Pretoria-Wes hospitaal geneem. Die dokters het gesê dis moontlik net ‘n sterk griep en het hom huis toe gestuur met pynmedikasie. Teen die volgende oggend was Giovanni heeltemal verlam. Hy kon net sy ooglede beweeg. Sy ouers het ‘n ambulans ontbied wat hom eers Pretoria-Wes hospitaal toe geneem, maar later die dag is hy oorgeplaas na Kalafong waar hy nou al 22 dae in die hoësorgeenheid gekoppel aan ‘n suurstofmasjien lê. Na soveel toetse en selfs nuwe medikasie, weet die dokters steeds nie wat fout is met hom nie. Ons het by Giovanni se ouers, Giani en Elize by hulle huis in Danville gaan kuier voor die dag se eerste besoektyd om 11 uur. Giani se foon bly besig. “Daar is soveel mense wat saam met ons bid. Die een dogter (18) stuur haar gebede as stemboodskappe. Daar was ook ‘n video van die matrieks wat op die sementblad van die skool kniel om saam vir hom te bid en ‘n ander vriend wat van Giovanni gedroom het en hom toe opspoor na soveel jare. Ons kan sien hoe die Here hierdie gebruik. Maar Sy tyd is nie ons tyd nie.” Elize vertel van haar hegte band met haar seun en hoe hy met sy oë kommunikeer. Oë wat soms net ‘n traan aan die kant laat uitrol. Giovanni het seer. Die gesin het nie ‘n mediesefonds nie en probeer oor die weg kom met een voertuig wat ook nog in hierdie tyd gestamp is. Elize ry deur die stad met 2 busse en ‘n taxi om betyds te kan wees vir besoektyd. Giani is ‘n loodgieter, maar kon nog nie een dag werk van die 25ste Februarie af nie.

NOW PLAYING

#JouMenseMyMense - 19 Maart 2019 - Giovanni Hendriks

0:00 7:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Ander programme?

This episode is 7 minutes long.

When was this Ander programme episode published?

This episode was published on March 19, 2019.

What is this episode about?

Op die 25ste Februarie het Giovanni Hendriks die middag by die huis gekom en vir sy ma gesê daar is ‘n krapperigheid in sy keel. Later die aand kon hy nie meer praat of sluk nie. Giovanni het 8 jaar gelede aan Guillain-Barré-sindroom gely en was...

Can I download this Ander programme episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!