#JouMenseMyMense saam met SPAR – 12 Maart – Huis Gideon episode artwork

EPISODE · Mar 15, 2019 · 7 MIN

#JouMenseMyMense saam met SPAR – 12 Maart – Huis Gideon

from Ander programme · host GROOTfm 90.5

Huis Gideon se hoofdoel is die skep van ‘n liefdevolle en veilige omgewing waar getraumatiseerde kinders wat slagoffers van erge mishandeling en verwaarlosing was, geborgenheid en stabiliteit kan vind en sodoende weer kan leer om te vertrou. Die 6 kinders wat hier woon, het almal ouers, maar is weens hulle haglike omstandighede verwyder. Een van die 10-jarige dogtertjies was al in 4 verskillende kinderhuise, maar die een na die ander huis het toegemaak en elke keer moet sy weer van vooraf begin… Die span van Huis Gideon en huisma, René Odendaal, probeer ‘n huis skep wat so na as moontlik aan ‘n normale gesin funksioneer, ten volle geïntigreer in hulle gemeenskap - hulle gaan skool toe en kerk toe, doen huiswerk en speel sport, leer belangrike lewensvaardighede, maar ook hoe om net weer kind te wees en hoe om ‘n lewe van sin en betekenis te leef. “Ons ontwikkel leiers wat doelwitte stel en vorentoe kyk,” sê sielkundige Tia Gruenenfelder, wat op die diereksie van Huis Gideon dien. “ En ook as huisgesin kyk, dink, beplan en werk hulle saam vorentoe ten opsigte van die behoeftes in die huis. Hulle ontvang ‘n minimale subsidie van die staat en skenkings en donasies van kerke en ander organisasies, maar soos gereelde donateurs self begin sente draai en bydraes verminder, moet hulle nog verder sny en nog meer planne maak. Hulle is glad nie bang vir moue oprol en harde werk nie – of dit nou die mooimaak van die tuin is of die fondsinsamelings wat hulle al laas jaar begin het toe hulle besef hulle voertuig is nie meer so betroubaar nie. Hulle is nog nie by daardie doelwit wat nodig is vir die voertuig nie en wil ook nie sien dat water en ligte rekeninge daardie neseiertjie wegvreet nie. Dankie aan ons vriende van SPAR vir die skenking van ‘n duisend rand se kruideniersware en vir ‘n anonieme borg se R5000 bydrae om die tekort van hierdie maand se uitgawes te dek! René sê: “Ek hoop om die kinders eendag hier uit te stuur as warriors, niks hoef hulle terug te hou nie.

NOW PLAYING

#JouMenseMyMense saam met SPAR – 12 Maart – Huis Gideon

0:00 7:16

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Ander programme?

This episode is 7 minutes long.

When was this Ander programme episode published?

This episode was published on March 15, 2019.

What is this episode about?

Huis Gideon se hoofdoel is die skep van ‘n liefdevolle en veilige omgewing waar getraumatiseerde kinders wat slagoffers van erge mishandeling en verwaarlosing was, geborgenheid en stabiliteit kan vind en sodoende weer kan leer om te vertrou. Die 6...

Can I download this Ander programme episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!