#JouMenseMyMense saam met SPAR - #16days by Lyttleton Polisiestasie episode artwork

EPISODE · Nov 27, 2018 · 6 MIN

#JouMenseMyMense saam met SPAR - #16days by Lyttleton Polisiestasie

from Ander programme · host GROOTfm 90.5

Die wêreldwye 16dae van aktivisme teen geweld, teen eintlik maar alle en enige mense, is jaarliks tussen 25 November en 10 Desember. Dis in hierdie tyd wat ons vanoggend by die polisiemanne en -vroue van Lyttleton Polisiestasie gaan kuier het. Hulle kry soveel keer eerstehands te doen met presies dit waarteen ons opstaan. En hulle raak ook moedeloos omdat daar so baie slagoffers is en die persone wat moet help en die hulpmiddele soos plekke van veiligheid, is te min. Hulle waarneming van hoe die hoeveelheid aanmeldings van slagoffers toeneem tydens die 16 dae teenoor die res van die jaar, sê iets van ‘n veldtog wat help om die stilte te breek… Adjudant offisier, Coenie de Beer wat betrokke is by gemeenskapmisdaadvoorkoming en sy span het besluit om met ‘n gebaar van liefde en omgee ‘n stukkie sagtheid te bring teen die hardheid en gebrokenheid van ons gemeenskap waarmee hulle dag tot dag gekonfronteer word. Hulle het met groot moeite en spesiale detail bederfpakkies vir die kinders van Ki-deo opgemaak waarvoor ons vriende van SPAR ‘n duisend rand se toiletware bygedrae het. Hierdie kinders kom almal uit haglike omstandighede. Die huisouers, Hein en Theresa Geldenhuys wou juis wegbreek van die tipiese stelsel waar kinders soos ‘n “probleem” heen en weer rondgeskuif word en het toe 13 jaar gelede saam met hulle eie drie kinders in ‘n huis ingetrek. Binne twee weke was daar 11 kinders wat vir die eerste keer ‘n stabiele, liefdevolle huis en ‘n gesin om aan te behoort, leer ken het.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 27, 2018

Embed this episode

NOW PLAYING

#JouMenseMyMense saam met SPAR - #16days by Lyttleton Polisiestasie

0:00 6:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Ander programme?

This episode is 6 minutes long.

When was this Ander programme episode published?

This episode was published on November 27, 2018.

Can I download this Ander programme episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!