#JouMenseMyMense saam met SPAR episode artwork

EPISODE · Feb 28, 2019 · 6 MIN

#JouMenseMyMense saam met SPAR

from Ander programme · host GROOTfm 90.5

Flippie se oogoperasie 54 jarige Flippie Maré en sy vrou, Cornelia woon in Mountain View, Pretoria. Beide is werkloos en kry net die maandelikse R1700 SASSA ongeskiktheidstoelaag. Cornelia was in ‘n motorongeluk. Haar brein is besig om te verkalk en sy kry epileptiese aanvalle. Sy het ‘n vergrote hart en is in en uit die hospitaal. “Maar Flippie het my so nodig,” gesels sy terwyl ons span van GROOTfm 90.5 by hulle kuier. Flippie is gesiggestremd. Hy het ‘n glas linkeroog en toe ons in einde laas jaar met vriende en familie soos Daleen Dew en Wilma van der Merwe begin gesels het, het Flippie se regteroog nog tussen 10 en 12% sig gehad. Dit het intussen drasties verswak en Flippie het nou slegs 6% sig in sy regteroog. Daleen en Wilma ken nie mekaar nie, maar het elkeen afsonderlik vir ons briefies gestuur. Hulle probeer verduidelik dat iets agter Flippie se oog losgeraak het na hy sy kop baie hard gestamp het. Die oog se lens is los en as gevolg daarvan skuif of beweeg die pupil rond. Die jellie in Flippie se oog lek ook uit. As Flippie en Cornelia dokter toe moet gaan, stap hulle maklik 3 ure lank aan die 16km heen en weer om by Steve Biko Hospitaal uit te kom. Die busdiens is net te duur. Flippie moet dringend vir ‘n oogoperasie gaan. As die lens sou afkom, sal hy sy regteroog ook verloor. Steve Biko het vir Flippie gesê hulle kan niks vir hom doen nie. Die Ooginstituut waar hy al die jare gegaan het kan net katarakoperasies gratis doen. Die operasie wat hy nodig het, kos R100 000.

NOW PLAYING

#JouMenseMyMense saam met SPAR

0:00 6:36

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Ander programme?

This episode is 6 minutes long.

When was this Ander programme episode published?

This episode was published on February 28, 2019.

What is this episode about?

Flippie se oogoperasie 54 jarige Flippie Maré en sy vrou, Cornelia woon in Mountain View, Pretoria. Beide is werkloos en kry net die maandelikse R1700 SASSA ongeskiktheidstoelaag. Cornelia was in ‘n motorongeluk. Haar brein is besig om te verkalk...

Can I download this Ander programme episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!