#JouMenseMyMense saam met SPAR – 2 April 2019 - Die Engel van Elandspoort episode artwork

EPISODE · Apr 2, 2019 · 6 MIN

#JouMenseMyMense saam met SPAR – 2 April 2019 - Die Engel van Elandspoort

from Ander programme · host GROOTfm 90.5

“Ek begin sommer al ses uur in die oggend”, sê Annamarie by die groot potte op die gasstoof waar die geure van rys, vleis en groente so saam met die stoom uitglip. Sy is een van die ses permanente vrywilligers, vrouens uit die Elandspoort gemeenskap, wat deur haar diensbaarheid aan ander ook haar eie ‘n selfwaarde hier ontdek het. Tussen 140 en 150 mense sal vanmiddag vier uur van haar gekookte kos kom eet. “Weerlose mense, bejaardes, enkelmammas, persone met gestremdhede en veral kinders,” is Cathy se antwoord toe ons vra wie almal genooi is vir ete elke dag. “Maar ons sal eers saam Bybel lees en bid voor ons eet, sommer so op ons skote, want ons het nie regtig genoeg plek vir almal nie.” Cathy van Rensburg het in die Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom grootgeword. Later sou sy van ‘n wendy huisie af na hierdie huis in Elandspoort verhuis waar ons vanoggend om ‘n tafeltjie in die kombuis by haar kuier. Sy vertel van die swaarkry wat sy al aan haar eie lyf gevoel het en hoekom sy in 2006 besluit het om ‘n verskil te maak. Vandag is haar eenvoudige doel eintlik nog dieselfde as 13 jaar gelede: geen kind mag ooit honger gaan slaap nie, tieners moet vir hulleself ‘n toekoms kan skep en ouers moet leer om vir hulle eie kinders te sorg.

NOW PLAYING

#JouMenseMyMense saam met SPAR – 2 April 2019 - Die Engel van Elandspoort

0:00 6:35

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Ander programme?

This episode is 6 minutes long.

When was this Ander programme episode published?

This episode was published on April 2, 2019.

What is this episode about?

“Ek begin sommer al ses uur in die oggend”, sê Annamarie by die groot potte op die gasstoof waar die geure van rys, vleis en groente so saam met die stoom uitglip. Sy is een van die ses permanente vrywilligers, vrouens uit die Elandspoort...

Can I download this Ander programme episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!