#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tannie Triena episode artwork

EPISODE · Mar 26, 2019 · 6 MIN

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tannie Triena

from Ander programme · host GROOTfm 90.5

Toe ons om die hoek kom met die bos blomme en geskenksakkie vol bederf om vir 79-jarige Tannie Triena by haar huis te verras, is sy aan die werk in die kombuis - presies soos haar dogter Cornel se briefie vertel het. Sy doen steeds alles self, maar dié wat haar goed ken sal weet, die laaste 7 jaar het aan haar lyf gevat… Dit het begin by haar man wat sy tot die dag van sy dood in September 2012 tuis versorg het. Hy het Alzheimers gehad en nie meer geweet wie sy is nie, maar sy het alles vir hom gedoen. Vyf jaar later – ook in September, is haar oudste seun Gerhard oorlede aan ‘n hartaanval. Hy het ‘n vergrote hart gehad en ook hom het sy tuis versorg tot 2 dae voor sy dood. Vandag woon haar twee dogters by haar. Cornel wat blind is, het haar werk verloor in 2010 en haar jonger sus, Carien is April laas jaar met ‘n aggressiewe pankreaskanker gediagnoseer. Carien is ‘n gekwalifiseerde verpleegster wat self met kankerpasiënte gewerk het. Sy het aanvanklik vir die chemo-behandeling gegaan, maar dit het haar so siek gemaak dat sy besluit het om die behandeling te stop om eerder kwaliteit tyd met haar familie deur te bring. Ook hulle jongste boetie, MJ het al prostaatkanker gehad en kry epileptiese aanvalle as gevolg van die blasie op sy brein en ousus Wilna het Desember gehoor haar man se werk verplaas hulle oorsee.

NOW PLAYING

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tannie Triena

0:00 6:50

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Ander programme?

This episode is 6 minutes long.

When was this Ander programme episode published?

This episode was published on March 26, 2019.

What is this episode about?

Toe ons om die hoek kom met die bos blomme en geskenksakkie vol bederf om vir 79-jarige Tannie Triena by haar huis te verras, is sy aan die werk in die kombuis - presies soos haar dogter Cornel se briefie vertel het. Sy doen steeds alles self, maar...

Can I download this Ander programme episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!