EPISODE · Aug 22, 2026 · 54 MIN
Kerkspieel 2026 - `n blik op die NGK
from Radio Pulpit · host Jannie Pelser
Die jongste Kerkspieël-navorsing oor die welstand van gemeentes in die NG Kerk skets ’n interessante prentjie. Daar is tekens van druk: gemeentes vergrys, baie word kleiner en ’n beduidende aantal beskik nie meer oor ’n voltydse predikant nie. Daar is ook ’n neiging om na binne te fokus. Maar dit is nie die hele verhaal nie. Meer gemeentes beskryf hulleself as groeiend, finansies het verbeter en erediensbywoning lyk gesonder. Die vraag is dus: Wat maak ’n gemeente werklik gesond? Is dit getalle, geboue en geld? Of moet ons dalk anders begin meet – aan gemeenskapsbetrokkenheid, gestuurdheid, diensbaarheid en die manier waarop die kerk die wêreld rondom hom dien? Jannie Pelser en gaste, Gawie Gouws, Johan Botes en Janke Hurter gesels oor hierdie interessante tema. www.radiokansel.co.za
Embed this episode
NOW PLAYING
Kerkspieel 2026 - `n blik op die NGK
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.