EPISODE · Feb 2, 2026 · 42 MIN
Kollig episode 54 | Kerkwees in krisistye: Marinda van Niekerk van Respond SA in gesprek met ander
from Kerkbode Kollig · host Heléne Meissenheimer, Le Roux Schoeman
Ons is besig om dié vliegtuig in die lug te bou. Só vertel dr Marinda van Niekerk oor Respond SA, die interkerklike ramphulporganisasie wat in Februarie 2024 formeel op die been gebring is en waarvan sy hoof is. In hierdie wydlopende gesprek vertel twee gemeenteleraars van hulle ervaring van die goed én sleg wat tydens ramphulp kan gebeur. Vanuit die kantoor van die Algemene Sinode vertel dr Nioma Venter, ’n kenner met wye ervaring van kerklike netwerke en ook medestigter van Respond SA, wat vir haar die geskenke is wat die kerk in krisistye het om te gee. Sy noem dit die drie C’s (Convene, Connect, Communicate in Engels) en bring ’n vierde een in: Christus want “sy liefde dring ons”. Sy verduidelik ook hoe die noue verbintenis tussen die NG Kerk en Respond SA werk soos gesien met hulpaksies na die verwoestende vloede in Januarie in die noorde van die land. Navrae: dr Marinda van Niekerk op [email protected] en dr Nioma Venter by [email protected] Respond SA Nasionale Rampverligtingnetwerk · Vennote vertel oor hulp tydens rampe: ‘Behoefte word bepaal deur mense op grondvlak’ – ds Alex Clark, Diaconia
Embed this episode
Ready to play
Kollig episode 54 | Kerkwees in krisistye: Marinda van Niekerk van Respond SA in gesprek met ander
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.