Kopenhagen | Denemarke  episode artwork

EPISODE · Sep 13, 2024 · 33 MIN

Kopenhagen | Denemarke

from Die Wêreld aan jou Voete · host Anina.vk

Vir die tweede episode van Die Wêreld aan jou Voete, gesels ek met Petra Marais oor Kopenhagen — die sprokiesmooi, skandinawiese stad wat jy nie moet verbykyk op ‘n Europese toer nie.  Petra se tips vir die Deense hoofstad praat vir hulself, so hier is haar advies vir alles van die food scene tot aktiwiteite wat nie ‘n arm en ‘n been sal kos nie. Wandel wenke Nyhavn | Die poskaart oomblik van Kopenhagen waar pastel huisies en skepe die hawe soos ‘n hoofstuk uit ‘n sprokie laat lyk. Hans Christian Andersen | Die bekende outeur van Die lelike eendjie en Die kleine meermin wat in Kopenhagen gewoon het. Freetown Christiania | ‘n Gemeenskap van denkers en kunstenaars wat begin het in 1971 op ‘n ou militêre basis net buite Kopenhagen. Amalienborg | ‘n Paleis en ook die amptelike residensiële woning van die huidige koninklike gesin. Kastellet | ‘n Ou fort wat lekker is vir ‘n stappie en ook waar die standbeeld van The little Mermaid is. Gefion Fontein | ‘n Mooi fontein by die ingang van Kastellet wat bietjie meer indrukwekkend is as die standbeeld van die kleine meermin. Rosenborg kasteel | ‘n Kasteel in die middel van Kopenhagen met mooi tuine wat oop is vir die publiek. Perfek vir ‘n oggend stappie of middag picnic. SMK | Statens Museum for Kunst is die museum oorkant die Rosenborg kasteel met ‘n groot uitstalling van moderne kuns. DAC | Danish Architecture Centre vir die ontwerp-liefhebbers en iemand wat dalk ‘n ding het vir stoele. Bolle med Ost | ‘n Doodeenvoudige broodjie met kaas wat jy nie moet onderskat nie.  Juno | ‘n Heerlike bakkery vir alles van cardamom buns tot suurdeegbrood.  Hart | Nog ‘n lekker bakkery wat eintlik begin is deur die voormalige bakker van die einste spogrestaurant Noma, Richard Hart. Lekker geluister? Kyk uit vir episode 3 volgende week Vrydag — net hier op Spotify.  ✏️ Hierdie is die tweede episode van Die Wêreld aan jou Voete en natuurlik het ek so bietjie brainfog gehad. The Bear is die series waarop die bekende Deense restaurant Noma gebasseer is en Christiana laat my dink Woodstock ‘69 (nie die trainsmash Woodstock ‘99 nie). 

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 13, 2024

Embed this episode

Ready to play

Kopenhagen | Denemarke

0:00 33:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Die Wêreld aan jou Voete?

This episode is 33 minutes long.

When was this Die Wêreld aan jou Voete episode published?

This episode was published on September 13, 2024.

Can I download this Die Wêreld aan jou Voete episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!