EPISODE · Dec 19, 2025 · 8 MIN
Kuns met kontant 17 September 2025
from 2025 Telkom Radio Awards Winner Kuns Met Kontant is proudly sponsored
Deel 1: David Kramer vertel van sy reis van Worcester se stofstrate tot internasionale verhoë. Hy praat openlik oor ’n ernstige longsiekte wat sy energie beperk en sy fokus na ander prioriteite verskuif het. Hy gesels oor herinneringe aan sy tekstielstudies by die Universiteit van Leeds en as fabriekswerker voordat sy eerste langspeelplaat kultusaanhang in die Kaap geniet het, ondanks die SAUK se verbanning van sy musiek. Hy vertel hoe slim hy sy Volkswagenmikrobus-advertensies onderhandel het (ongewone hoë fooie in daardie die tyd én elke tweede jaar ’n nuwe bus ontvang het) en dié inkomste in aandele en eiendom belê het om uiteindelik ’n huis af te betaal. Hy vertel ook van sy rooi velskoene, en hoe hy geld daaruit gemaak het, asook van sy familieherkoms uit Litoue, hoe sy van na Kramer verander is, en dat “Onnerwater” sy allergunsteling lied van hom is.
NOW PLAYING
Kuns met kontant 17 September 2025
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
Mar 26, 2026 ·1m
Mar 19, 2026 ·34m
Feb 18, 2026 ·11m
Feb 11, 2026 ·45m