EPISODE · Dec 19, 2025 · 7 MIN
Kuns met kontant 8 Oktober 2025
from 2025 Telkom Radio Awards Winner Kuns Met Kontant is proudly sponsored
Deel 2: Henco Kruger praat met een van die groot name in Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn, voormalige radio-omroeper en televisienuusleser, en nou aanbieder van ‘n gewilde potgooireeks op Spotify. Suzaan gesels oor geld, grond en goeie besluite. Sy vertel ook van haar en RSG se boek, RAND EN SENT – JOU GIDS TOT SUKSESVOLLE FINANSIËLE BESTUUR, wat sy sewe jaar gelede uit dié geliefde RSG-program saamgestel het. Met haar kenmerkende stem vergelyk Suzaan slim finansiële beplanning met die versorging van ’n tuin – van die regte grond tot son, skaduwee en water op die regte tyd vir jou saadjies en plante wat jou beleggings in die lewe is. Sy deel ook nostalgiese stories uit haar kleurryke loopbaan in radio en televisie, en vertel van die lewenslesse wat sy oor dekades in die mediawêreld geleer het – lesse wat jou kan help om met groter insig oor geld te dink en beter finansiële keuses te maak.
NOW PLAYING
Kuns met kontant 8 Oktober 2025
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
Mar 26, 2026 ·1m
Mar 19, 2026 ·34m
Feb 18, 2026 ·11m
Feb 11, 2026 ·45m