Málaga | Spanje episode artwork

EPISODE · Nov 15, 2024 · 27 MIN

Málaga | Spanje

from Die Wêreld aan jou Voete · host Anina.vk

Vandag ontsnap ons na die suide van Spanje vir ‘n naweek in die alewige somer bestemming Málaga. Behalwe dat dit die tuisdorp van Picasso was, is Málaga nog redelik onder die radar en daarom ‘n vars verandering van enige ander wemelende stad. Almeri Solomon, my mede-aanbieder vandag, maak haar terugkeer na die podcast met handige wenke vir alles van geskiedkundige besienswaardighede tot tips vir tapas. Haar beste raad nog is dat die geheim om hierdie stad ten volle benut lê in die luilekker Spaanse leefstyl. Geniet jy hierdie weeklike dosis van reis inspirasie? Gee ons ‘n volg op Spotify en Apple Podcast.  Wandelwenke 📍 Castillo de Gibralfaro | Die kasteel sit op die berg Gibralfaro en kyk uit oor die stad en hawe. Dit is in die 14de eeu gebou om die Alcazaba sitadel te beskerm. Teen 130m hoog, maak ‘n stappie op na hierdie merkwaardige kasteel vir die perfekte oggend oefensessie. Alcazaba | Die woord self is Arabies vir ‘fort’ en ‘n indikasie van die Arabiese invloede wat die stad gevorm het. Die Alcazaba was die ou fort van die stad wat terug dateer na die 9de eeu. Calle Larios | Die bekende inkopie straat in Málaga wat ook een van die duurste strate is om op te woon in Spanje — die marmer sypaadjies is dalk die rede so wees versigtig as jy in die reën daaroor gly. Jardín Botánico - Histórico La Concepción | Die Jardín Botánico Histórico La Concepción is ‘n bekende botaniese tuin met ‘n ryk geskiedenis van meer as 150 jaar. Onder andere is dit een van die enigste tuine in Europa wat spog met subtropiese plantegroei. Museo Picasso | Die museum wat die bekende kunstenaar Pablo Picasso eer. Picasso is gebore in Málaga en behalwe vir die musuem wat baie van sy kuns hou, is daar ook baie subtiele huldeblyke soos standbeelde van hom die stad. Playa de la Malagueta | Die langste strand in Málaga en ‘n lieflike plek om te ontspan reg deur die jaar. As jy mooi kyk kan jy selfs Marokko sien van die strand af.  Rock of Gibraltar | Seker die mees gesogste rots in die wêreld vanweë sy ligging by die ingang van middelandse see. Engeland besit die belangrikke fort al van die 18de eeu wat beteken meeste Suid-Afrikaners kort tot vandag nog ‘n Britse visa om dit te besoek.   🍽️ Casa Lola  | My persoonlike gunsteling restaurant in Málaga wat bekend is vir hulle pinchos.  El Pimpi | Behalwe vir Picasso, is die akteur Antonio Banderas ook gebore in Málaga. El Pimpi is sy restaurant en kroeg en ‘n baie gesellige kuierplek.  Bar Malaga | Een van Almeri se ontdekkings en ‘n heerlike kroeg om alles van die bekende groen Spaanse wyne tot verfrissende cañas te geniet.  Cereal Boom | Nie noodwendig ‘n móét nie maar nietemin ‘n interessante plek om te sien om flashbacks te kry van jou kinderdae. Hierdie kafee het meer as 200 verskillende tiepes pap van die gewone Rice Crispies en Chocos tot die unieke Magic Charm en Reese’s Puffs.  Next Level Specialty Coffee | Vir enige iemand wat hulle caffeine fix ernstig opneem. Hierdie baristas sal jou nie teleurstel nie.  Pez Lola | Die kleinsussie van Casa Lola wat lief is vir die see. ‘n Goeie restaurant vir seekos.  Padron Peppers | Almeri se go-to tapa wat bestaan uit gebraaide groenrissies met growwe sout. 

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 15, 2024

Embed this episode

Ready to play

Málaga | Spanje

0:00 27:32

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Die Wêreld aan jou Voete?

This episode is 27 minutes long.

When was this Die Wêreld aan jou Voete episode published?

This episode was published on November 15, 2024.

Can I download this Die Wêreld aan jou Voete episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!