EPISODE · Apr 18, 2022 · 2 MIN
Moet ons bekommerd wees oor 'n resessie in die VSA?
from Die ekonomie minuut · host Waldo Krugell
In die finansiële markte is daar bekommernis oor die moontlikheid van ‘n resessie in die VSA. Olie- en voedselpryse is hoog, en ontwrigtings van voorsieningskettings uit Sjina bly ʼn probleem. In die VSA staan verbruikersprysinflasie nou op 8,5% en dit gaan nodig wees om rentekoerse verder te verhoog. Die gevaar is dat die Federale Reserwebank dit dalk te vinnig of te skerp verhoog en dat dit die ekonomie in resessie dompel. ʼn Aanwyser van hierdie bekommernis is die verskil tussen die rentekoerse op 2-jaar en 10-jaar Tesouriewissels. Onlangs het die opbrengskromme omgekeer. Twee-jaar koerse was hoër as tien-jaar koerse, en oor die laaste sestig jaar was dit ʼn teken van resessie. Hoe bekommerd moet ons wees? * Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
What this episode covers

NOW PLAYING
Moet ons bekommerd wees oor 'n resessie in die VSA?
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
Dec 30, 2024 ·19m
Dec 30, 2024 ·24m
Nov 19, 2024 ·18m
Nov 6, 2024 ·20m
Oct 23, 2024 ·15m
Oct 9, 2024 ·20m