EPISODE · May 15, 2024 · 30 MIN
"Mom Guilt" Is 'n Lokval. Só Klim Jy Uit/ "Mom Guilt" Is a Trap. This is How You Get Out
from 'n Ma & 'n Mikrofoon · host Daniëlla
“Mom Guilt” is orals. Dis die stemmetjie in jou kop wat sê: "Ek werk te veel en skeep my kinders af." Of dalk: "Ek gee nie genóég aandag by die werk nie.” Dis: “Ek voel sleg omdat ek wens vir tyd sonder my kinders" en "Ek moet begin oefen" of “Ek moenie elke dag oefen nie, ek moet eerder by my kinders wees.” Hierdie is ‘n episode wat die luisteraars van ’n Ma & ’n Mikrofoon self aangevra het, en dis duidelik ‘n kwelpunt. “Mom Guilt” raak immers ons almal – en dit is selde konstruktief. Om dit te takel, praat Daniëlla met die kliniese sielkundige (en ma van 3) Gerda Kriel. Gerda kén “mom guilt” self alte goed, maar sy het danksy haar beroep ook al paar maniere ontwikkel om te te herken en dit te hanteer. Dié episode sal jou die vaardighede aanleer om die stemmetjie binne jou wat sê Jy’s nié genoeg nie, stil te maak – en te vervang met ‘n sterk, outentieke stem wat sê: “Ek is!” Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.
Embed this episode
NOW PLAYING
"Mom Guilt" Is 'n Lokval. Só Klim Jy Uit/ "Mom Guilt" Is a Trap. This is How You Get Out
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
Similar Podcasts
No similar podcasts found.