‘n Winter wegbreek | Bulgarye episode artwork

EPISODE · Jan 31, 2025 · 41 MIN

‘n Winter wegbreek | Bulgarye

from Die Wêreld aan jou Voete · host Anina.vk

Na ‘n stadige Januarie is ons terug met ‘n terugflits na ‘n winter wegbreek in Bulgarye. Sanmarie Mouton neem ons van die stede Sophia en Plovdiv na Trigrad en Bansko in die platteland. Wie sou kon raai hierdie beskeie land spog met alles van Romeinse teaters tot ski-oorde tot wynlande — en natuurlik die smaaklikste kos.  Lekker luister!  Wandelwenke Sophia | Die hoofstad waarheen jy wil vlieg. Die stad is bekend vir sy uiteenlopende besienswaardighede wat strek van die Griekse, Romeinse, Ottomaanse en Sowjet eras.  Plovdiv | Die kulturele spilpunt van Bulgaria en was ook die Europese hoofstad van kultuur in 1999 en 2019. Trigrad | ‘n Klein dorpie in die Rhodope bergreeks. Bansko | ‘n Bekende ski gebied in Bulgarye. Melnik | ‘n Dorpie in een van die vyf bekende wynstreke in Bulgarye — Struma Vallei. Kapana distrik | ‘n Gewilde area in Plovdiv bekend vir restaurante en kafees. Rila Klooster | Die grootste en bekendste Oos-ortodokse klooster in Bulagrye wat geleë is aan die voet van die Rila bergreeks.  Villa Melnik | ‘n Wynplaas wat mens kan besoek in Melnik.  Horlog Kasteel | Die kasteel in Trigrad wat Sanmarie hulle sal aanbeveel. 🍷 Patatnik | ‘n Gerasperde aartappel gereg wat gebak word in die oond. Kofta | Met die Turkse invloed van die Ottomaanse era is koftas ‘n bekende frikkadel tiepe dis om te geniet. Kapama | Nog ‘n dis wat geinspireer is deur die Griekse invloed wat bestaan uit verskillende tiepe vleis in ‘n bredie met kool. Mekitsi | Die Bulgaarse weergawe van ‘n vetkoek.  Sarmi | ‘n Gevulde kool dis wat eie is aan die Balkan lande soos Bulgarye en Roemenië. Sach | Die geroosterde groente dis wat Sanmarie beskryf as ‘skoonkos’. 

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 31, 2025

Embed this episode

Ready to play

‘n Winter wegbreek | Bulgarye

0:00 41:47

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Die Wêreld aan jou Voete?

This episode is 41 minutes long.

When was this Die Wêreld aan jou Voete episode published?

This episode was published on January 31, 2025.

Can I download this Die Wêreld aan jou Voete episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!