EPISODE · Apr 21, 2026 · 1 MIN
NWU-studente "gatvol" vir slaggate in Potch
from Breakfast with Martin Bester · host Jacaranda FM
Die studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) in Potchefstroom sê hulle het genoeg gehad van die slaggate in die studentedorp. AfriForum Jeug se PUK-tak het ’n nuwe “Gatvol-veldtog” geloods om geraas te maak oor die slaggate rondom die kampus. As deel van die aksie is ’n dringende brief aan die munisipale bestuurder van die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Kgomotso Kumbe, gestuur. Die brief versoek dat tien spesifieke hoërisiko-slaggate in die dorp binne die volgende 30 dae reggemaak word. Om die munisipaliteit se aandag te trek, het studente op 16 April ’n protes gehou. Studente het in van die grootste gate gaan staan en die woord “Gatvol” op hul agterstewe uitgespel.
Embed this episode
Ready to play
NWU-studente "gatvol" vir slaggate in Potch
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.