EPISODE · Apr 21, 2022 · 2 MIN
Pryse styg, maar is daar tweede-rondte effekte?
from Die ekonomie minuut · host Waldo Krugell
Statistieke Suid-Afrika het gister Maartmaand se verbruikersprysindekssyfer bekend gemaak en inflasie het toegneem vanaf 5,7% in Februarie tot 5,9% in Maart. Vervoer was die kategorie wat grootliks bygedra het tot die styging. Onthou, brandstofpryse het met 7,2% gestyg tussen Februarie en Maart. Daar was ook stygings in die koste van lugvervoer, busvervoer en tolgelde. Voedselpryse is die ander belangrike kategorie waar pryse toegeneem het, maar die styging was teen ʼn effens stadiger koers as die afgelope maande. Die pryse van vrugte en groente was effens laer in Maartmaand. Die inflasiekoers is nou aan die bokant van die Reserwebank se teikenband en ekonome verwag verdere repo-koersstygings. * Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
What this episode covers

NOW PLAYING
Pryse styg, maar is daar tweede-rondte effekte?
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
Dec 30, 2024 ·19m
Dec 30, 2024 ·24m
Nov 19, 2024 ·18m
Nov 6, 2024 ·20m
Oct 23, 2024 ·15m
Oct 9, 2024 ·20m