EPISODE · Sep 6, 2024 · 33 MIN
Puglia | Italië
from Die Wêreld aan jou Voete · host Anina.vk
Puglia | Italië Vir die eerste episode, gesels ek met Carli De Villiers oor Puglia — ‘n redelike onaangeraakte gebied in die suide van Italië. Carli neem ons deur haar raad oor alles van die kos, die geskiedenis, die strande en die vreemde seekat broodjie Panino col Polpo wat jy moet probeer as jy hierdie deel van Italië se kus wil verken. Wandel wenke Bari | Waarheen jy sal wil vlieg as jy Puglia wil besoek Strada Arco Basso | Die straat in Bari waar vars pasta gemaak word. Dit is ook bekend as Strada delle Orecchiette vir die bekende ‘orecchiette’ pasta wat letterlik vertaal word as ‘oortjie pasta’. Alberobello | Die UNESCO erfenis gebied wat bekend is vir die wit, klip huisies met hulle keël dakke wat bekend staan as trulli. Monopoli & Polignano a Mare | Lekker dorpe om te bly en ook te swem. Ostuni | Bekend as die Wit Juweel vir die sandsteen geboue. Gallipoli | ‘n Baie mooi dorp om te besoek net buite Puglia in die provinsie is Matera Hierdie is die eerste episode van Die Wêreld aan jou Voete so verskoon maar die entoesiasme aan die begin — coming in hot!🔥 As jy lekker luister, kom weer terug volgende Vrydag vir Episode 2.
Embed this episode
Ready to play
Puglia | Italië
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.