EPISODE · Aug 14, 2026 · 38 MIN
Roadtrip deur die VSA | Noord-Kalifornië, Yosemite & San-Francisco
from Die Wêreld aan jou Voete · host Anina.vk
Vandag vat ons julle saam op die volgende deel van ons roadtrip langs die weskus van Amerika – en hierdie keer ry ons deur die ongelooflike Noord-Kalifornië.As daar één plek is wat hierdie deel van die reis vir ons onvergeetlik gemaak het, is dit sonder twyfel Yosemite National Park. Dis een van daardie plekke wat jy al honderd keer op foto's gesien het, maar niks berei jou heeltemal voor vir hoe indrukwekkend dit eintlik is nie.Ons gaan lekker baie tyd in Yosemite spandeer en gesels oor die beste uitsigte vanaf Glacier Point; die enorme granietkranse van El Capitan; die staproetes rondom Yosemite Falls; en die ikoniese Half Dome. Maar Noord-Kalifornië is natuurlik baie meer as net Yosemite.Ons roadtrip vat ons ook na die strate van San Francisco en die wingerde van Sonoma. Ons vertel wat vir ons die moeite werd was, wat ons volgende keer anders sou doen, en deel ’n paar wenke om jou te help as jy self ’n reis deur hierdie deel van Kalifornië beplan.Hoop julle reis lekker saam van die Golden Gate tot Napa, tot diep in die Yosemite-vallei in. As julle dit geniet, volg gerus 'Die Wêreld aan jou Voete' op Spotify of Apple.
Embed this episode
Ready to play
Roadtrip deur die VSA | Noord-Kalifornië, Yosemite & San-Francisco
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.