Sy bloed aan jou gesmeer? episode artwork

EPISODE · Apr 18, 2025 · 1H 9M

Sy bloed aan jou gesmeer?

from Die Apk Tzaneen Potgooi · host Apk Tzaneen

VOOR DIENS: Gesang 95 Ons Vader wat woon in die hemel, geheilig sy u Naam. Laat u ryk kom, u wil geskied soos in die hemel so ook op die aarde. Gee ons vandag ons dag se brood en vergeef ons al ons skulde, net soos ons vergewe dié wat teen ons sondig. Laat kom ons nie in die versoeking, maar verlos ons van die bose. Van U is die ryk en die sterkte en die ere, vir ewig en ewig, amen. Vir ewig en ewig, amen. IN ONTMOETING Votum en seëngroet Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof. (Openbaring 5:12) Loflied: Psalm 100 Juig al wat leef, juig voor die Heer! Dien God met blydskap, gee Hom eer; kom nader voor sy aangesig, en prys Hom met ‘n lofgedig. Die Heer is God, erken dat Hy ‘n eie volk vir Hom berei, ‘n volk om Hom te dien en vrees en skape van sy wei te wees. Gaan deur sy poorte in met lof, met lofsang in sy tempelhof; kom in sy huis, o bondsvolk saam; verhef sy lof en prys sy Naam. Want goedertieren is die Heer; sy goedheid eindig nimmermeer; sy trou en waarheid hul hou krag tot in die laaste nageslag. Één in Christus Apostoliese Geloofsbelydenis IN VEROOTMOEDIGING As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. (1 Joh. 1:6, 7) Bewustheid van die sonde Psalm 14:2, 3 Skuldbelydenis: Psalm 7:1 HEER, my God by wie ek skuiling, redding soek – my teenparty wat my jaag op al my spore, dring gedurig naderby. As u hand my nie verlos nie, sal hule lewend my verslind, soos ‘n leeu die arme skaaplam wat hy sonder herder vind. Genadeverkondiging As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. (1 Joh. 1:9) Antwoord op die genade: Gesang 187:3 Aan sondaars gee U vrede, Ons straf het U gedra, mishandel, onderworpe – Gods Lam op Golgota. Ons buig in dank, o Here, al kan ons nie verstaan dat Jesus vir die sondaars op só ‘n pad wou gaan. WOORD EN SAKRAMENT Gebed Skriflesing en prediking: Johannes 1:29 – 34 Lied voor die tafel: Gesang 288:1 Kom, laat ons saam tot Jesus nader – met blye uitsig op ons lot! Hy het die heilsplan van die Vader vir sondaars reeds volbring by God. Sy werk van goddelike waarde, die eeue deur met hoop verwag, het Hy volbring: Loof, hemel, aarde, loof Hom, die Lam vir ons geslag. AAN TAFEL Lof na nagmaal: Gesang 40:2 Loof Hom, die Lam van God, want Hy’s vir ons geslag. Hy het ons met sy bloed gekoop; besing sy reddingsmag. Uit elke stam en taal het Hy ons vrygemaak; sy koninkryk, sy priesterdom – dít het Hy ons gemaak. IN ANTWOORD Dankoffer Slotsang: Gesang 221:4 Die Lam van God sien al ons nood en neem op Hom ons sonde. Ja, liefde, onbegryplik groot, Bloei vir ons uit sy wonde. Seën

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 18, 2025

Embed this episode

NOW PLAYING

Sy bloed aan jou gesmeer?

0:00 1:09:40

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Die Apk Tzaneen Potgooi?

This episode is 1 hour and 9 minutes long.

When was this Die Apk Tzaneen Potgooi episode published?

This episode was published on April 18, 2025.

Can I download this Die Apk Tzaneen Potgooi episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!