Woord vir Vandag - 1 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 1 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Wees dan geduldig, liewe broers en susters, totdat die Here weer hier is…” Jakobus 5:7 NLV Wat, wie, waarom, waar, wanneer? Wanneer ons aan Christus se wederkoms dink, ontstaan daar vyf vrae: 1) Wat behels die Here se koms? Dit is die vervulling van sy belofte: ‘In die huis van my Vader is daar sommer baie kamers… Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak. En as Ek gegaan het en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is’ (Johannes 14:2-3 NLV). 2) Wie se koms is dit? Christus s’n! Toe Hy terug na die hemel opgevaar het, het ‘n engel aangekondig: ‘…Jesus is van julle af weggeneem die hemel in. Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het’ (Handelinge 1:11 NLV). 3) Waarom kom Jesus terug? Sy eerste koms was as die lydende dienaar wat aan die kruis vir ons sondes gesterf het. Sy tweede koms is om ‘n tyd van vrede op aarde en ‘n ewigheid in sy teenwoordigheid in te lui. 4) Waar sal sy koms plaasvind? ‘Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ‘n bevel gee wat soos ‘n trompet van God klink. Daarna sal ons wat bly lewe het, saam met hulle op wolke die lug in weggevoer word om die Here te ontmoet en vir altyd by Hom te wees’ (1 Tessalonisense 4:16-17 NLV). 5) Wanneer kom Hy? Jesus het gesê: ‘Tog ken niemand die presiese datum en tyd wanneer hierdie dinge sal gebeur nie – ook nie die engele of selfs die Seun nie. Dit weet net die Vader’ (Matteus 24:36 NLV). As jy wys is, sal jy elke dag leef asof Christus enige oomblik kan terugkeer - want Hy kan!

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 1 Aug 2026

0:00 2:25

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!