Woord vir Vandag - 1 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 1 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Ek kan net by God stil wees…” Psalm 62:2 ABA Geestelike paaie (6) Die pad van besinning. Mense wat op die besinningspad is, is lief vir stilte en ononderbroke alleentyd. Jou ouers het jou heel waarskynlik as kind aangemoedig om meer saam met die ander kinders buite te gaan speel. Nabetragting kom natuurlik vir jou. Jy voel dikwels soos ‘n waarnemer van die lewe. Hier is ‘n paar Skrifgedeeltes waarmee jy maklik identifiseer: ‘…Oordink dit in die nag op jou bed en wees rustig. Sela’ (Psalm 4:5 NLV). ‘Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom. Moenie die mens beny wat op sý manier floreer, of jou verknies oor sy bose planne nie’ (Psalm 37:7 NLV). ‘Wees stil en weet Ek is God!..’ (Psalm 46:11 NLV). ‘Ek kan net by God stil wees, dit is Hý wat my red.’ Jy voel God se teenwoordigheid die beste aan wanneer afleidings en geluide uit jou omgewing verwyder word. Beelde, metafore en prente help jou terwyl jy bid. As jy te besig raak of te veel tyd saam met ander mense deurbring, begin jy uitgeput voel. Jy benodig nie veel eksterne stimulasie nie. Om tyd te maak om alleen en in stilte na God te luister, is noodsaaklik vir jou siel se gesondheid en om ‘n verdiepende gevoel van sy teenwoordigheid te ervaar. Jy benodig gereelde, intense, onversteurde tyd alleen saam met God. Hier is egter ‘n woord van waarskuwing uit die Skrif: ‘Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê’ (1 Johannes 4:11 NLV). Liefde verg tyd en moeite. Soms vereis dit opoffering. Een van die beste maniere om jou liefde vir God te bewys, is om dit aan die mense rondom jou, wat God liefhet, te betoon.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 1 Julie 2026

0:00 2:09

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!