Woord vir Vandag - 1 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 1 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Maar ‘n mens wat sy tong in toom kan hou…” Jakobus 3:2 NLV ‘n Tong wat deur die Gees beheer word (1) Die Bybel sê: ‘Ons maak almal baie foute. Maar ‘n mens wat sy tong in toom kan jou, kan dit ook met sy hele liggaam regkry. Net met ‘n stang in sy bek kan ons ‘n hele perd draai en laat koers kry waarheen ons wil’ (verse 2-3 NLV). As jy al ooit ‘n perd opgesaal het, weet jy dat die toom wat oor die perd se kop gepas word, ‘n stang het wat in sy bek gaan en bo-op sy tong lê. Wanneer die ruiter wil hê die perd moet stop, trek hy die teuels terug en die stang druk die perd se tong af. Die ruiter wat die perd se tong beheer, kan eintlik die perd se hele liggaam beheer - hom na regs of links stuur en dit tot stilstand, met ‘n eenvoudige trek aan die teuels, bring. Net so moet jou tong onder die beheer van die Heilige Gees wees. Hoe hard jy ook al probeer, jy kan nie jou tong deur jou eie inspanning beheer nie. Het jy al dinge gesê wat jy wens jy kon terugneem? Het jy al probleme vir jouself en ander veroorsaak deur die dinge wat jy gesê het? Het jy al dinge gesê wat jy, as jy daarop terugkyk, nie kan glo dat dit uit jou mond gekom het nie? Die probleem is dat wat jy sê nie in jou mond ontstaan nie, maar in jou hart: ‘…Waar die hart van vol is, loop die mond van oor’ (Matteus 12:34 NLV). Jy moet dus met die Gees vervul wees en ‘n hart hê wat daartoe verbind is om God se wil in elke omstandigheid te doen, om ‘n tong te hê wat deur die Gees beheer word.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 1 Mei 2026

0:00 1:44

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!