Woord vir Vandag - 10 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 10 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Dit is my liggaam, dit is vir júlle. Gebruik dit ter herinnering aan My.” 1 Korintiërs 11:24 NLV Heilige Nagmaal Hier is drie redes waarom jy nagmaal moet gebruik: 1) Om jou bewus van die grootheid van God se genade te maak. Niemand gaan ooit in die hemel aankom en sê: ‘Kyk wat het ek en Jesus bereik!’ nie. As jy een sent van jou sondeskuld betaal het, sou dit jou ‘n mede-verlosser met Christus gemaak het. Wat ‘n bespotting van die kruis! (sien Efesiërs 2:8-9). Die gesangeskrywer Horatio Spafford het geskryf: ‘My sin, oh the bliss of this glorious thought. My sin, not in part but the whole, is nailed to the cross, and I bear it no more. Praise the Lord, praise the Lord, O my soul!’ 2) Om jou sensitief vir sonde te hou. ‘Dit is waarom julle julleself moet ondersoek voordat julle van die brood eet en uit die beker drink. Want as julle sommer so op ‘n onbedagsame manier van die brood eet en uit die beker drink, drink en eet julle ‘n oordeel oor julleself’ (1 Korintiërs 11:28-29 NLV). Jy vra: ‘As ek sondig en nagmaal gebruik, beteken dit dat ek myself dan verdoem?’ Nee, die manier waarop jy God nader, is wat belangrik is. Jy hoef nie die nagmaalbeker te vermy nie; maar jy moet jou sondes bely en dan met dankbaarheid drink. 3) Om jou op Christus se wederkoms gefokus te hou. ‘…Ek [sal] nie weer wyn drink nie tot op daardie dag wanneer Ek opnuut die feeswyn sal drink in die koningkryk van God’ (Markus 14:25 NLV). Elke nagmaaldiens bring jou een stap nader aan die grootste nagmaaldiens van almal: die bruilofsmaal van die Lam in die hemel (sien Openbaring 19:7). Beplan jy om daar te wees?

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 10 Julie 2026

0:00 2:06

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!