Woord vir Vandag - 10 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 10 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…God… [het] aan ons die bediening van die versoening gegee…” 2 Korintiërs 5:18 NLV Jy is ‘n agent van versoening Paulus het geskryf: ‘Daarom – iemand wat één is met Christus, is ‘n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier! Hierdie hele nuwe werklikheid kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening gegee het. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en nie die mense se oortredings teen hulle hou nie. Die boodskap van die versoening het Hy aan ons opgedra om te gaan verkondig. Ons tree op as ambassadeurs vir Christus terwyl God deur ons ‘n appèl aan julle rig. Ons smeek julle ter wille van Christus: Kom tot versoening met God!’ (verse 17-20 NLV). Soms is ons eerste reaksie wanneer ons hoor dat ‘n medegelowige geval het, om na die foon te hardloop en te sê: ‘Het jy daarvan gehoor?’ Of om ‘n beskuldigende vinger te wys. Of om onsself van daardie persoon te distansieer op die presiese tydstip wanneer hy of sy ons gebede, liefde en ondersteuning nodig het. Die Bybel sê: ‘Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê… Sulke liefde maak baie sondes toe’ (1 Petrus 4:8 NLV). Eerder as om by diegene aan te sluit wat beskuldigende vingers wys, moet ons bekend staan as mense wat ‘n helpende hand uitsteek. Jesus het dit met Simon Petrus gedoen: ‘…die Satan het ernstig geëis om julle soos koring te kan sif, maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie moet begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou medegelowiges gaan ondersteun’ (Lukas 22:31-32 NLV). Net soos God herhaaldelik sy genade aan jou bewys wanneer jy te kort skiet, roep Hy jou om dieselfde genade aan ander te bewys.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 10 Mei 2026

0:00 1:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!