Woord vir Vandag - 10 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 10 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Die tong het mag oor dood en oor lewe...” Spreuke 18:21 NLV Spreek die Skrif Iets kragtigs gebeur wanneer ons God se Woord spreek. ‘Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.’ Jesus het letterlik met die wind en die golwe gepraat, nie waar nie? Hy het storms bestraf. Hy het demone bestraf. Hy het siektes bestraf. Hy het selfs vir ons gesê om berge aan te sê om te versit! (Sien Markus 11:23.) Wanneer jy jou geloof verbaliseer, gee jy dit krag. Daar is ‘n paar dinge wat jy egter nie moet sê nie. Toe Jeremia sy ouderdom as ‘n verskoning gebruik het om nee vir God se roeping te sê, het die Here hom bestraf: ‘…Moenie sê jy is te jonk nie…’ (Jeremia 1:7). Met ander woorde, moenie jouself diskwalifiseer wanneer God jou roep nie! Spreek eerder lewe-gewende, geloofsgevulde, genade-deurdrenkte woorde. Mark Batterson sê: ‘Daar is sommige dinge wat ek weier om te sê, want dit gee hulle krag. Ek noem dit my ‘Sê Nie’-lys. Watter woorde moet op jou ‘Sê Nie’-lys gaan? Ek praat nie net van woorde wat nie in ordentlike geselskap gesê moet word nie. Jesus het gesê ons sal van elke ydele woord rekenskap gee. ‘n Ydele woord is ‘n nuttelose, waardelose woord – ‘n woord wat niks bereik nie.’ Jesus het ook in Matteus 12:34 gesê: ‘…Waar die hart van vol is, loop die mond van oor’ (NLV), dus is ons woorde x-strale van wat binne-in ons aangaan. Dit is waar die stryd gewen of verloor word. As ons wil hê dat ons woorde sy Woord moet weerspieël, is dit waar ons geanker moet wees. Wanneer ons dit doen, word die gesindheid van Christus ook ons denkwyse.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 10 Sep 2026

0:00 2:16

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!